Hentiesbaai

27 September 2014

Vroeg-oggend vertrek ons noordwaarts, verby Hentiesbaai om na die Dooie See te gaan soek. So 30 km anderkant Hentiesbaai, tussen niks en nerens, kry ons die Fishermans Inn. Ons draai daar in om die pad te verneem tot by dei Dooie See. Die afdraai daarheen is nog so 3 km verder. Die afdraai is redelik onopsigtelik en dan le 17 km se baie slegte pad voor. Die pad self is plek-plek onrybaar. Nou het die manne langs die pad hul eie pad in die sand gemaak. Hierdie tweede pad is nou ook al so sinkplaat gery dat daar nou reeds 'n derde pad gery word.

Die Dooie See is skynbaar 'n ou Tin myn wat in die woestyn gegrawe is, en later verlate agter gelaat is. Water het nou hier opgegaar en ingesyfer. Die soutkonsentraat van die water is so hoog dat mens bo-op die water dryf sonder om te sink.

Afdraai na Dooie see Ons maak ons eie pad langs die ander Aanwysingsbordjies Afrit na ou myn
   
Die watergat se walle Watergat se oppervlakte    

Op pad terug stop ons weer by die Fisherman's Inn en ontmoet die eienaars, Rocco en Christa. Dis so koud dat Tobias, die kroegman, vir ons elkeen 'n wynglas OBS bedien!. Elsie gooi haar OBS in 'n kleiner glasie en dit maak ons lekker warm. Binne die kroeg is duisende handtekeninge op die mure aangebring en oral hang vlae en pette van die dak af. Baie bekendes het al hier oor hul visvangste kom spog!

Fishermans Nest Rocco en Tobias Honderde handtekeninge Pette by die dosyne

Nie ver van die Fisherman's Inn, is die afdraai na Sarah se Gat. Ons draai daar in en onder by die see staan 'n eensame hengelaar in die koue en wind. Hy het nog niks gevang nie

Sarah se Gat Sarah se Gat

Dis bitter koud en die wind waai sterk. Ons ry terug en besoek Hentiesbaai. Dis lankal nie meer 'n "vissersdorpie" nie. Hier is groot weelderige huise gebou. Een "paleis" se naam is glad "IETSIE KLEIN". Die eienaar is seker 'n grapgat !

Elsie het gehoor van die wolwinkel op Hentiesbaai, en ons gaan kyk wat daar binne is. Hier is 'n baie groot verskeidenheid wol te koop. Binne is 'n geraamde "ONSE VADER" wat deur die eienaar se ooelede Ma gehekel is. Dis pragtig en 'n besonderse erfstuk (vergroting onder-aan)

"Ietsie Klein !!" Huise op Hentiesbaai Huise op Hentiesbaai Huise op Hentiesbaai
 
Huise op Hentiesbaai Wolwinkel Gehekelde "ONSE VADER"  

Tussen Hentiesbaai en Swakopmund is Wlotzkasbaken. Dis 'n Duitse "dorpie" wat as vakansie-oord begin is. Daar is by elke huis 'n gekleurde watertenk op stalasies. Die strate se kante is met klippe gepak om die pad aan te dui, en die erwe se grense is soortgelyk met 'n ry klippe gepad (sien foto)

 Wikipedia: The place is named after a trigonometrical beacon, the only one that remained from a land survey along the Skeleton in the 1930s. Paul Wlotzka, a member of the surveying team, chose this place to erect a storage structure to support his frequent horse cart rides between Swakopmund and Hentiesbay. He soon discovered that the coastal waters boast an abundance of fish which he caught and sold. His bragging about the find soon lured more anglers who pitched temporary structures during holidays since approximately 1936.

In 1955, 87 erwen were surveyed and leased to holiday makers. Later this number was increased to 110. Wlotzkasbaken was proclaimed aperi-urban area in 1972, and a village in 1992. A Government Notice from 1993 converted it back to a settlement area, denying the establishment of a Village Council for self-governance. The place is thus still under the direct jurisdiction of the Regional Council of the Erongo Region, a situation that has been described as a "burden"

Founded as a holiday angling spot in the 1930s, Wlotzkasbaken developed into a settlement of unusual design and administration. Without any fences or boundary walls, privacy is achieved only by the distance between the houses. Titles in the village are held by the Regional Council and only leased to the residents. A legal battle ensued about how to expand the resort without disadvantaging lessees who built houses on land they do not own.

As the expansion of Wlotzkasbaken stopped in the 1970s when recreational developments were exclusively Whires, it currently still has no residents of previously disadvantaged population groups.

Klipgrense Gekleurde watertenks Gekleurde watertenks Interessante huis

Die ONSE VADER

Tuisblad   :  Namibia Reisplan   Vervolg