Himeville

Johann en Elsie Kritzinger toere - Drakensberg en Oos Kus

29/12/2016

Himeville

 
Klik op kaart en fotos Totale afstand : 230 km

Ons roete vir die dag neem ons terug na die N3 naby Ladysmith. Dan draai ons suidwaarts tot by die Shell Ultra City waar ons ontbyt eet.

Net suid van Estcourt draai ons regs weg op die grondpad verby die Wagendrift Natuur Reservaat. Ons doel is om aan te doen by die El Shammah Kerk waar ons gereel het om die Lel Kraanvoel broeipaar te sien. Die roete is baie skilderagtig en groen. Dit het die vorige dag meer as 50mm gereen en die riviere loop sterk en die watervalle in die riviere is baie mooi.

Ons bereik El Shammah in 'n ligte reenbui, en kry die sleutels vir die hek by Dries Steyn, die eienaar. Ons sien die Lel Kraanvoels en die Mahems in die verte, maar die lande en paaie is te nat om nader te ry. Na 'n lekker gesels en koppie tee, gaan ons verder suidwaarts, verby die Kraanvoel Sanctuary op pad na Himeville.

Dit is werklik 'n mooi pad en ons kry bitter min verkeer op die roete. Ons ry oor 'n baie mooi en lang pas, maar kry nie 'n naam hiervoor nie. Die roete neem ons hoog op oor die berg, en weer steil anderkant af.

Ons bereik eindelik Himeville en boek in by die Arbuckle House Lodge. Die tuine is pragtig versorg en die hele opset getuig van smaak en sorg.

Die riviere vloei sterk na die reen Waterval in die rivier Smal bruggie oor rivier
 
Die bergpas sonder naam Ons chalet by Himeville  
     
     

 

Tuisblad             Drakensberg ooskus roete          Volgende