Hogsback

 

14 April 2014

Vandag se roete is van Blouwaterbaai, via Grahamstad, Fort Beaufort, en Alice tot by Hogsback.

Van ver af sien ons die berg waarop Hogsback gelee is. Ongeveer 5 kilometer voor die dorp begin die steil pad tot bo waar die dorp gelee is. Die pas loop deur bosse wat 'n "boomlaning" vorm waardeur ons ry. Dit is 'n pragtige omgewing. Van onder tot bo klim ons sowat 400 meter.

Ons vind ons baie gerieflike hout chalet by Nibelheim, en boek in. Dit is gelee op 'n erf van 5 Hektaar en 'n lushof van bome en bosse. Ons huisbaas is terselfdertyd ook ons voelgids vir die paar dae wat ons hier oorbly. Ons het hierheen gekom om na die Groot Papegaai (Cape Parrot) te soek wat in hierdie area voorkom. Dis 'n baie ernstig bedreigde spesie en vermoedelik is net sowat 1000 oor. Die weervoorspelling is nie baie gunstig vir voelkyk nie, en hul voorspel reen vir die namiddag en vir more.

Teen skemer kom haal Graham ons en ons ry na die Arboretum en later verder dorp af om die Papegaaie te soek. Sommige slaap snags hier in die bome van die dorp. Nie lank nie of ons hoor die papegaaie roep. Hul roep in vlug en ons kon hul dus volg. Ons sien hul op 'n afstand en ek kon darem 'n "banker" foto in die sterk skemer kry om te bewys ons het hul gesien. More gaan ons in alle erns na hul soek. Ten minste het ons ons hoofdoel om na Hogsback te kom, bereik.

  Nibelheim                      Ons Chalet Nibelheim se pragtige tuin Nibelheim se pragtige tuin
   
 Boomryke laning Boomryke wandelpad    
Hierdie Onderste 4 Fotos deur Graham George Russell, Nibelheim Lodge -    www.nibelheim.co.za
Somer in Hogsback Winter in Hogsback Somer in Hogsback Winter in Hogsback
     
Ons Eerste Cape Parrot      

Ons verneem dat Hogsback sowat 400 permanente inwoners het. In die toerisme pamflet is daar 'n lys van 29 blyplekke gelys, en 8 restaurante en / of eetplekke. Dit is duidelik dat die dorpie 'n groot toeriste attraksie is. Ons sien heelwat besoekers hier ten spyte van die weer en die koue. Geen wonder nie, want die omgewing is prentjiemooi. Die lug is suiwer en oral sien jy Oumans Baard teen die boomstamme en takke groei.

Berg met Hogsback bo-op gelee Huisies sigbaar bo-op die berg Toegangs pas na Hogsback

15 April 2014

Net soos die weervoorspelling voorspel het, reen dit lekker sterk vir die grootste deel van die nag. Ons sal dus maar vandag binnenshuis bly. More skyn die son weer.

Teen die middag daal die temperatuur suidwaarts en het ons gelukkig 'n kaggeltjie in die chalet en baie hout. Dit maak die chalet heerlik warm. Vanaand skakel ons die elektriese kombers ook aan !

16 April 2014

Vroegoggend gaan ons saam met Graham teen die berg op en stap vir 'n lang end al met die kontoerwal langs. Dis 'n pragtige voetpaadjie, maar is baie nat en glibberig na die reen. Dis egter baie mooi. Die bos is ruig en ons hoor meer voels roep as wat ons sien.

Ons besoek daarna die arboretum en stap tot by die waterval, maar ons sien egter geen voels nie. Daarna gaan ons na The Edge, 'n Restaurant en B&B wat op die rand van die kranse is. Ons kan van bo af die pad so 400 meter onder ons sien, asook in die verte die dorpies van die omgewing

Bo in die Bos 39 Steps waterval 39 Steps waterval Labyrinth by The Edge
 
Op die rant van die kranse Pad 400 meter doer ver onder Boomtonnel Nibelheim  

Die middag so teen 14:00 ry ons af na Alice om na die Groot Papegaai te gaan soek. Graham beveel aan dat ons by die navorsingsterrein van Fort Hare Universiteit  ingaan en om te soek vir die Pekaneut bos. Ons vra vir die sekuriteitswag waar om te gaan, en hy bied sommer aan om saam te ry. Daar is 'n afgekampte area wat as 'n reservaat vir die Groot Papegaaie toegewys is. Ons sien nie Papegaaie in die Pekaneut bome sit nie, maar seker 100+ papegaaie vlieg al in die rondte met 'n groot geraas oor ons koppe.

Ons gaan gooi brandstof in in die dorp en op pad terug hoor ons hoe Papegaaie roep in die bome langs die pad reg oorkant die Fort Hare Universiteit se kampus. Ons stop in 'n sy straatjie en gaan in inwoners se erf in om pragtige fotos van die Groot Papegaaie in die bome te neem. Ons het sonder om te oordryf meer as honderd papegaaie daar in Alice gesien. 'n Wonderlike einde aan ons besoek aan die Hogsback omgewing .

 
Papegaai reservaat Nes opgesit vir papegaaie Hul bou eie nes in boom langsaan !!  
Groot Papegaai Groot Papegaai Swerm Papegaaie Pragtige voels

More is ons op ons pad terug huis toe en sal tot in Bloemfontein vorder

17 April 2014

Op ons pad uit die dorp, stop ons by die kerkie bo op die berg. Die uitsig hiervandaan is baie mooi.

St Patrick on the Hill - Hogsback St Patrick on the Hill - Hogsback

Van Hogsback moet ons by Cathcart uitkom om weer op die N6 hoofpad te kan ry. Daar is 4 moontlikhede

Ons besluit dat die Mitchellspas korter is en dat ons gouer op die teer wil wees. FOUT. Ons vorder so 4 kilometer teen die steil pas af en die pad raak al smaller en vrotter, soveel so dat ons later nie meer kan verder nie. In die pad le yslike groot rotsblokke en ons kan dit nie roer nie. Al genade is om op 'n manier daar om te draai. Met 'n groot gesukkel en heen en weer manuvreerdery, kan ons darem later gedraai kry. Nou weer met daardie vrotsige steil pad teen die pas uit. Ons maak dit darem met Elsie wat voor loop en die beste pad aandui. So mors ons 45 minute tot ons weer kom by die pad wat Cathcart toe draai. Dit was die slegste pad wat ons nog in ons omswerwinge raakgeloop het. Ek glo nie iemand ry meer die Mitchellspas nie !

Daarvandaan is die pad redelik tot sleg, maar ons kom sonder enige probleme by Cathcart uit. 'n Teerpad het nog nooit so lekker gery nie!

Pragtige Vrystaatse herfstoneel Pragtige Vrystaatse herfstoneel

Verblyf:  Nibelheim Cottage: www.nibelheim.co.za   Telefoon  082 374 6583  (Graham)

 

Tuisblad     Volgende