Houseboat Safari

   
Johann en Elsie Kritzinger toere - toer deur Botswana en Namibia

16/07/2019

   
Klik op kaart en fotos Totale afstand : 77km

Alles word in gereedheid gebring vir die bootvaart. Ons skipper vir die vaart is Charl van Heerden. Die Lodge voorsien alle slaapgoed, vleisbraai gereedskap en hout, en drinkwater. Ons neem ons eie kos, warm klere en drinkgoed.

Teen 10vm klim ons op die boot en vertrek al met die hoofstroom van die Zambezi stroomaf in 'n oostelike rigting. Die wind waai sterk van voor af en groot golwe breek teen die boot en spat ons goed nat. Die rivier se vlak is baie laag, en plek-plek moet ons heen en weer oor die bree rivier ry om sandbanke te vermei. Daar is kommer dat bootvaarte op die rivier dalk nie baie lank meer onderneem sal kan word nie.

Later bedaar die wind en ry ons gemaklik oor die klener deinings. Ons vaart neem ons vir 30 km stroomaf tot by die nuwe Zambezi Mubala lodge. Dis 'n splinternue lodge wat gebou is op die plek waar die ou Kalitzo lodge vroeer was. Hier draai ons om en beweeg so 10 km stroomop om op 'n spierwit sandstrand ons kamp op te slaan. Die sand is fyn sandkorreltjies, en as jy daarop loop, brul dit onder jou voete. Dit was nogal pret om daarop te loop.

Langs die roete het ons nie 'n groot verskeidenheid voelsoorte gesien nie, maar van die wat daar was, was daar groot swerms. Ons sien BAIE Nimmersatte (Yellow Billed Storks), Nonnetjie Eende (White Faced Whistling Duck), Water ploeers (Skimmers) in groot groepe bymekaar. Dit was 'n besonderse gesig.

Dis 'n stil aand en ons kon om die uurtjie sit en kyk hoe die volmaan oor die Zambezi opkom. Na ete was daar tyd vir gesels, en toe almal bed toe gaan, was die dag se opwinding verby.

17/07/2019

Vroegoggend het ons onder die muskietnette uitgekruip, die ketel op gisteraand se kole gekook en die dag met 'n koppie warm koffie begin. Die son kom bloedrooi op van Zambia se kant. Langs die roete sien ons baie Mokorros wat heen en weer tussen Zambia en Namibia beweeg. Geen grensbeheer hier nie.

Die rivier is vanoggend so glad soos 'n spieel, en die rit is baie meer gemaklik as die vorige dag.

Na twee dae op die water, was ons so kort voor middag weer terug by die Lodge.

Lodge van waar ons vertrek Ons skipper, Charl van Heerden Ons vertrek op ons oornag toer
Stormagtige rivier Makorro manne Byvreter neste
Dosyne Nonnetjie eende Aankoms op eieland Koffie vir die koue
Koffie - ek hou nie van koffie nie. Iets met ys Ons eiland staanplek vir die nag Skemer by ons kamp
Tafel gedek vir aandete Voels vlieg agter die ondergaande son aan Slaapplek word gereed gemaak
Charl se tentjie vir die nag Maan kom op oor die Zambezi Elsie ontwaak van onder die muskietnet
   
Gladde rivier met terugvaart    

 

Tuisblad             Volgende