Terug huis toe

2 Oktober 2014

Na die lang vermoeiende rit van Brandberg tot in Windhoek, spandeer ons die dag rustig by vriende voor ons die 1400 km huis toe aanpak.

Johann laat versien die trekstang wat lyk of die erge stampe deur die slaggate en slote dit effe laat sak het. Alles blyk egter in orde te wees vir die meer gemaklike teerpad terug na Johannesburg. Ons kuier rustig en vier 'n lekker kuier met 'n bottel vonkelwyn. Die Woestyn Olifant het mos korte mette gemaak van die bottel vonkelwyn tydens ons verjaarsdag maaltyd!

3 Oktober 2014

Teen 05:00 staan ons op en val net na 06:00 in die pad op pad na Kang in Botswana. Dis sowat 700 kilometer ver en ons be-oog om daar oor te slaap. Alles verloop vlot tot by die grenspos. Ons maak daar vol met brandstof en vul ook die twee jerry kanne sodat ons Kang sal haal.

By die grenspos gaan dit redelik vinnig tot ons moet betaal vir toelating tot die land. Die amptenaar is eers afwesig en toe hy opdaag, kan die mense voor ons in die tou nie lekker hoor en verstaan wat hy agter die dik glas s nie. Uiteindelik is ons voor in die tou en moet ons ekstra betaal vir die kampwa. By die polisie/doeane pos word ons gestop en gevra of ons vleis, groente en vrugte in die voertuie het. Ons moet die koelkas oopmaak, en gelukkig is die vleis ver binne die toegelate maksimum wat ons kan deurneem. Ons storie oor die olifant se aanval trek soveel aandag dat hulle nie verder vrae stel nie, en ons onder groot gelag deurgelaat word. Baie vriendelike mense !

Sowat 160 kilometer verder sluit ons aan by die pad vanaf Ghanzi en daar is 'n lekker koelteboom nie ver van die T-aansluiting nie, waar ons stop vir middagete. 

Dan weer verder tot net voor Kang waar ons oorbly by die Kalahari Rest Lodge. Dit behoort aan 'n gesin Sieberhagen en die chalets  is  baie gerieflik en skoon. Ons kry darem afslag omdat ons pensionarisse is. Die aand eet ons in die restaurant want die verdomde olifant het al ons kos opgevreet of bemors en ons wou nie ekstra goed koop net vir die een aand nie. Ons was die enigste mense in die restaurant, maar die diens was baie power. Ons het net meer as 'n uur gewag van die tyd dat ons die kos bestel het totdat die steak en die hoender bedien is. Ek sal nie besoekers aanraai om daar te eet nie. Die kos was ook aan die duur kant vergeleke met die kos in die restautant by die Kang Ultra stop.

Trans Kalahari Oornag plek Ons chalet van binne

4 Oktober 2014

Die Lodge s aan ons dat die kragopwekker soggens teen 05:00 aangeskakel word en ons stel ons wekker vir 05:00. Die ligte gaan egter eers om 05:45 aan en ons moes die eerste ruk maar so in die donker en skemerlig van buite regkom. Teen 05:45 kon ons darem water kook en iets eet voor ons ry.

1000e Tsamas langs die pad Boom in volle bloeisel-drag Voetgangers in Kanye

Die rit vanaf Kang tot by die Pionier Grenspos was weereens baie voorspoedig. Ons stop by 'n baie besige vulstasie in Jwaneng en maak weer vol. Die pad is in 'n  baie goeie toestand. Die volgende dorp (seker amper 'n stad) is Kanye. Dis 'n baie besige en groot plek en op 'n Saterdag is baie inwoners op en in die straat. Ons sien later 'n kennisgewing by die dorp se uitgang dat swaar voertuie die dorp kan misry deur die pad verby die stasie te neem. Dis 'n baie goeie alternatief vir die etlike kilometers wat jy teen 60 kpu deur die baie besige strate moet ry. Op een plek stop ons by 'n voetganger oorgang, maar wie stap oor? 'n Hele trop beeste!

Die laaste deel van die roete tot by die Pionier grenspos verloop sonder probleme. Die uitgang uit Botswana is redelik gou verby, maar aan die RSA kant word daar gebou aan 'n nuwe grenspos. Dis een groot deurmekaarspul en daar is geen aanduiding waar jy moet wees of aanmeld nie. Uiteindelik is ons paspoorte gestempel en kan ons ry. By die polisie kontrole punt hoor ons dat ons moes skynbaar verklaar het dat die een jerrie kan nog brandstof in het. Niemand het gevra of iets erens daaroor vermeld nie. 'n Stuk biltong los die saak op en ons is vort.

Uiteindelik na lang ure kom ons toe veilig en sonder verdere teenspoed by die huis aan. Ons besluit om nou eers rugby te kyk en more af te pak. Doodmoeg, maar 'n bier verrig wondere!

Nou moet die kampwa herstel word, en die volgende toer aangepak word.

Kommentaar deur een van die kinders op Facebook:

Africa does not like my dad! Experiences he's had on his last 2 trips north of the SA border:
1) Charged by an elephant while hiking, but luckily the elephant lost interest
2) Attacked by a crocodile (and he's got the scar to prove it)
3) Stung by a poisonous scorpion
4) Latest: Elephant bull charges and destroys tent/trailor while they were having dinner.

 

Tuisblad   :  Namibia Reisplan