Tuisblad:  Toer 8  
 

Kareedouw, Joubertina

 

KAREEDOUW

Agtergrond: Die dorp aan die oostelike kant van die Langkloof, is in 1905 as NG Gemeente gestig. 'n Voormalige Staatspresident van Suid Afrika, B J Vorster, is in die plaaslike begraafplaas begrawe.

Toer dagboek

Dag 277
01/12/2009

Nadat alles ingepak is, vat ons die pad na Joubetina waar ons vir 'n paar dae by Johann se broer, Andre en sy vrou Marianne, gaan oorbly. Die pad deur die Langkloof is gou agter die rug en die enigste dorpie waardeur ons ry, is Kareedouw. Daar is lang toue locals by die banke, want ons verneem later dis "all-pay" dag waarop die mense se toelae-geld getrek kan word. Die dorpie is dus baie besig. Ons besoek die pragtige N G Kerkgebou asook die Helde-akker waar die voormalige Staatspresident B J Vorster en sy vrou, begrawe is.


       N G Kerk Kareedouw                                 Helde akker                                                                   Graf van B J Vorster en sy vrou

JOUBERTINA

Agtergrond: Die dorp in die Langkloof is in 1907 as 'n N G Gemeente gestig en vernoem na ds W A Joubert, predikant van Uniondale. Die eienaar van die plaas, 'n geheelonthouer,  het 'n voorwaarde in die verkoopstransaksie gestel dat geen drank ooit in die dorp verkoop mag word nie. Daarom is die hotel buite die dorp se grense gebou. DIe hotel bestaan nie meer vandag nie. Later jare het die voorwaarde verval en word daar wel drank in die dorp verkoop.  Die dorp l aan die oewer van die Waboomsrivier, 'n sytak van die Kouga rivier. Die Langkloof is bekend vir die produksie van appels en ander sagte vrugte.

Toer dagboek

Dag 277
01/12/2009

Ons bereik Joubertina en ontmoet vir Andre op sy plaas Tulpieskraal. Ons ry agter hom aan na sy woonplaas en stoor die motorwoonwa in die groot pakstoor. Die Fordjie se waaierband raas effe en Andre se motorwerktuigkundige verstel die moere en boute van die  waaierband en dit is dadelik beter.

Dag 278
02/12/2009

Vroeg die oggend ry ons met die Fordjie verder op in die Langkloof. Ons ry tot by Haarlem, 'n ou Berlynse Sendingstasie. Dit is 'n kleurlinggemeenskap en die dorpie word mooi netjies gehou. Daarvandaan ry ons weer terug na Joubertina en kyk ook na die dorpies Misgund, Krakeel en Louterwater. Terug in Joubertina, gaan ons na die begraafplaas waar Johann se ouers, Bokkie en Freda Kritzinger, asook Ilze,  Andre se dogter, begrawe is. Die begraafplaas is redelik verwaarloos, in teenstelling met die tyd toe Johann se Ma destyds die plek netjies gehou en oral roosbome geplant het. Sy het altyd ges sy wil in 'n mooi "tuin" begrawe word. Daarvan het niks gekom nie, en daar is tans nie een roosboom te sien nie.


          Haarlem van hoofpad                            Berlynse sendingkerk                       Misgund se N G kerk

Johann wys ook vir Elsie die huis wat hy destyds van sy pa ge-erf het toe dit nog die polisiestasie was. Tans is dit 'n baie netjiese gaste-huis, Le Bocage.

Ons ry ook na Twee Riviere, en koop anti- roesverf by die kooperasie. Die yster A-raam het nie baie van die sout seelug gehou nie en ons sal die roes bietjie moet dokter.

Later die middag kom Johann en Engela Knoesen uit Port Elizabeth oor, en is ons drie Kritzinger kinders vir die eerste keer in baie jare weer vir die dag saam. 


     Johann, Engela en Andre                 Andre, Marianne, Elsie, Johann                      Johann & Engela                                Marianne & Andre
                                                                                    Engela, Johann

              Joubertina                                               Joubertina                                           Joubertina Kerk                                Waboomsrivier opstal
 
        Andre se Micro-lite                                    Ou Huis Tulpieskraal                  Oupa Bokkie se kantoor rondawel                   Klok op Tulpieskraal

           Le Bocage gastehuis                       Le Bocage  Hoeksteen: 1921              Oupa Bokkie & Ouma Freda se graf

Dag 279
03/12/2009

Andre neem ons op 'n besigtigingstoer deur die plaas en dorp. Namidddag gaan ons na Tulpieskraal om klein Andre Bokkie geluk te wens met sy 13e verjaarsdag. Die aand gaan eet ons by Nic en Martha Kritzinger in hul huis by Huis Formosa, die plaaslike oue-tehuis. (Nic van Nics Garage). Ons het hul ontmoet toe ons saam by Addo Olifantpark kampeer het.

Ons het vir drie aande baie lekker gekuier saam met Andre en Marrianne, en more gaan ons weer verder weswaarts op ons toer langs die kusroete 

VOLGENDE