Kaisosi

   
Johann en Elsie Kritzinger toere - toer deur Botswana en Namibia

24/07/2019

 
Klik op kaart en fotos Totale afstand : 205km

Ons groet ons nuwe vriende, Louis en Deon Gerber van Shametu, en vat koers rigting Rundu.

Ons het probeer staanplek kry by Kakusembe, maar hul kon ons nie help nie. Ons het later uitgevind hul het net 4 staanplekke. As alternatief ry ons na kaisosi waar ons reeds voorheen gekamp het. Ons is een van net 3 karavaners by die oord, maar die chalets is vol. hier het ons doie eerste kampterrein gekry waar jy moet betaal vir Wi-Fi. N$50 vir 500mb data.

Na 'n hoenderbraai is ons vroeg in die vere

26/07/2019

Op die dorp is 'n Spar, en later vind ons ook 'n Pick-n-pay en OK. So hier is genoeg groot winkels om te kry wat jy soek.

Dan ry ons oor na Hakusembe om te sien wat ons gemis het. Die lodge is baie mooi en deftig, maar die 4 staan-plekkies is maar power. Feitlik geen skadu nie, en lyk afgeskeep teen wat ons al op pad teengekom het. Nie ons oord wat ons weer sal wil besoek vir kamp nie.

Ons geniet middag ete by Hakusembe, en is be-indruk met die kos se voorbereiding en die hoeveelheid wat voorgesit is. Die pryse is ook baie aanvaarbaar, behalwe bier wat N$33 kos - dubbel soveel as by Shametu.

27/07/2019

Ongelukkig as gevolg van mediese probleme, is ons genoodsaak om die toer op te skort en inderhaas terug te keer Kaapstad toe.

 

Tuisblad