Kambroo

   
Johann en Elsie Kritzinger toere - Toer deur Botswana en Namibia

23/06/2019

 
Klik op kaart en fotos Totale afstand : 610km

Dit is nog donker as ons die pad vat Noorde toe.  

Ons roete vandag is vanaf Stilbaai via Hartenbos, Robinson pas, Oudtshoorn, Meiringspoort, Beaufort Wes, Drie Susters, Victoria Wes en Britstown. Ons ry in ligte reen tot anderkant die Robinson Pas. Anderkant Oudtshoorn tot by De Rust is 3 Stop - Ry padwerke wat ons seker so amper 'n uur ophou.

Ons stop by een van die piekniekplekke in Meiringspport vir 'n koppie lekker koffie. Dis maar kouerig en die koffie help darem. Die piekniekplek word baie mooi versorg en is skoon en netjies.

Hiervandaan is dit maar 'n vervelige Karoo pad met baie min voertuie. Die pad is stil en ons vorder vinnig. Vannag gaan ons koud kry !

Drie Suster se berg Karro landskap by Drie Susters Kambro Padstal
 
Ons chalet vir die nag Karavaan staanplekke  

Lekker sterk wi-fi in die chalets

Tuisblad             Volgende