Kang

6 September 2014

Ons vul die brandstof tenks net anderkant die grenspos. Voor ons l 370 km voordat ons by Kang aankom. Ons weet nie hoe lyk die brandstof situasie voorkant toe nie. Op 'n vorige toer het ons tussen "dorpe" sonder brandstof gaan staan omdat daar nie brandstof was waar ons gedink het daar sou wees nie. Gelukkig het ons 'n reserwe kan vol brandstof gehad en kon ons sonder probleme verder ry.

Die A2 hoofroete neem 'n omweg om Lobatsi sodat ons nie daardeur is nie. Ons bereik eers Kanye, 'n groot en netjiese dorp met moderne geboue en verkeersligte. Ons A2 roete neem ons reg deur die dorp. Daar is 'n paar garages in die hoofstraat so brandstof sou hier beskikbaar wees.

Die volgende groot dorp is Jwaneng, maar mens ry langs die dorp verby. Hier is ook brandstof beskikbaar.

Die A2 pad is netjies gebou en ons ry gemaklik maar bly binne die spoedgrense wat kort kort na 60km of 80km verminder. Ons verneem dat die verkeersmense is honger om boetes hier uit te deel. Die res van die roete is die spoedbeperking 120km.

Van Jwaneng is dit 'n lang ent pad tot by Kang. Dis warm en die pad is vervelig met niks om te sien nie. So 60 km voor Kang raak ons brandstoftenk leeg, en moes ons die reserwe brandstof uit die Jerry Can in die motor ingooi. Ook maar goed ons het voorsorg getref.

Ons bereik Kang sonder verdere probleme en stop by 'n garage om brandstof in te gooi. Hul vat net kontant en geen kaarte nie. Gelukkig is daar nog een (toevallig waar ons oorbly) en hulle aanvaar kaarte as betaling.

Die aand gaan eet ons in die Restaurant by die Kang Ultra Stop. Die kos is baie smaaklik en Bees of Hoender Stew slegs Pula 40 per groot bord kos. Hier is Wi-Fi beskikbaar, maar dit wil nie inlog nie

Piekniek langs die pad Uitspan na lang dag Tyd om webblad te opdateer Ons slaapkamer in Kang
Oornag kamers in Kang Kampeerstaanplekke Kang Restaurant Kang Restaurant Kang

Tuisblad   :  Namibia Reisplan  :   Volgende