Deur die Karoo

13 Desember 2014

Ons toer begin vroegoggend om 04:00 in Johannesburg

Ons besluit om die N12 roete via Kimberley na die Weskaap te neem. Die eerste ongeveer 200 kilometer tot verby Klerksdorp vorder dit redelik stadig aangesien ons deur beide Potchefstroom en Klerksdorp moet ry. Byna al die verkeersligte is rooi en dit neem nogals lank om deur die dorpe te ry. Dan is ons op pad na Bloemhof en die verkeer vloei gemaklik. Daar is 'n groot aantal vragmotors op die pad, maar ons kon maklik verby kom. Daar is egter baie meer vragmotors en voertuie op pad in die rigting van Gauteng.

Op Bloemhof stop ons vir 'n koppie tee en dan verder vort na Kimberley en die suide. By Kimberley, soos al die dorpies langs die pad, moet ons deur die stad ry om weer op die hoofpad te kom. Dis jammer die pad loop nie verby al die plekke nie. Ons bereik Victoria Wes sonder probleme en vul die motor met brandstof. Terwyl ons daar stop, eet ons ook sommer ontbyt onder mooi koeltebome langs die pad.

Dan verder met die N12 tot by Drie Susters, waar ons aansluit by die N1 en regs wegdraai in die rigting van Beaufort Wes. Die verkeer is verbasend stil en ons vorder vinnig tot by Laingsburg waar ons eers weer bene rek en 'n rukkie vertoef.

Ons ry verby Touwsrivier en Worcester en deur die 3.9 km lange Huguenote Tonnel deur die Du Toitskloof berge tussen Worcester en Paarl/

Ons bereik uiteindelik ons eindbestemming op Stellenbosch en kon bietjie ontspan na die 14 ure reis tot in die Weskaap

 

Tuisblad        Weskaap toerplan        Volgende