Kasane      

18/08/2015

   
Klik op kaart en fotos Totale afstand : 309 Kilometers

Op vandag se roete van 300 kilometer, is daar net die dorp Pandamatenga op die roete. Dit is een van die grensposte om in Namibia te kom.

Langs die roete sien ons kennisgewings "Oppas vir Olifante". Eers dink ons dit is snaaks totdat een van die reuse diere voor ons oor die teerpad loop.

Oppas vir Olifante Oppas vir Olifante En daar stap hy oor die pad
Oor die pad gestap Grashuis mense by Nata Grasvlaktes
So was die pad tussen Nata en Panda So lyk dit nou Landerye by Pandamatenga
 
Landerye by Pandamatenga Vragmotors staan vir 5 kilometers by Kazangulu Ferrie  

Die pad tussen Nata en Pandamatenga is nou 'n pragtige geboude teerpad. Dit in teenstelling met die gate pad wat ons die vorige keer raakgeloop het.Langs die pad sien ons weer die grashuis mense. Hulle is 'n klein "tribe", genaamd Kalanga, met hulle eie tradisies en taal. Die res van die bevolking verstaan nie hulle taal nie.

Ons bereik Kasane, die verste punt Noord in Botswana waar ons sal aandoen (S17 47.729' E25 09.233'), en gaan na die Chobe Lodge Karavaanpark. Die plek is tot oorlopens toe vol, en ons kry nie staanplek nie. Hulle verwys ons na die Thebe River Safari Lodge, maar dit is ook vol. Hulle stuur ons na Kubu Lodge, maar dit is ook vol. Die vriendelike dame by Kubu bel rond en kry vir ons plek by die Nginas Safari tented camp .Dit is nou nie 5-ster nie, maar lekker stil, gelyk en met redelike gras staanplekke. Ons sal sommer die hele 6 dae hier kamp.

Die rede vir die tekort aan kampplekke, is omdat Toro Lodge, wat baie groot is, verkoop en gesluit is vir verberinge en herbouing en nog nie weer her-open is nie.

Ons sal later nog verder Noord gaan tot by Epupa Valle in Namibia by S17 00.034' E13 14.678'. Daarvandaan sal 'n kraai 1813 kilometer vlieg tot by ons huis. Tot vandag het ons op hierdie toer reeds 2226 kilometer gery.

19/08/2015

Ons spandeer die dag om reelings te tref vir 'n boot rit op die Chobe Rivier om voels te kyk, 'n besoek aan Victoria Valle en 'n besoek aan die Chobe reservaat. Ons kry soveel verskillende kwotasies vir die ritte, dit wissel vir 'n besoek aan Victoria Valle van P400 tot P1000 per persoon. Die bootrit wissel van P295 tot P1000 vir 3 ure. Ons vind later uit dat die kampeerplek 'n bootrit kan doen vir P270, wat die Chobe toegangsgeld insluit.

Ons kom reg met 'n fooi na Vic Valle van P400 per persoon, en die bootrit vir P295 per persoon. Hier in die dorp is alles duurder as wat jy buite die dorp 'n bespreking maak. Die les hieruit te leer? Doen navraag buite die dorp al is dit by 'n obskure gehuggie wat deurgaan as Kasane Inligtingskantoor. "Looks can be deceiving"! "Looks" kos jou baie Pula ekstra.

Dit is soos hierdie kampplek van ons. Baie basie, maar vriendelike personeel, veilig met 4 wagte wat snags patroleer, en netjies. Nie 5-ster nie, maar die omgewing en koelte maak op daarvoor. 'n Kruiwe vol hout kos P10, terwyl by die "Name Brands" kampplekke is dit P30 vir 5 stukkies.

Wat ons opgemerk het, is dat hier saans min of geen muskiete en muggies rondom die ligte is nie. Welkome ervaring na Nata en sy muskiete en rondloper honde.

Hierdie kampplek is nie op die rivier-oewer nie. Sarah, die bestuurder, het nou haar eie plekkie op die rivieroewer hier naby gekoop, en gaan dit nou inrig as kampeerplek. Ons het haar besonderhede, en volgende keer sal ons dalk haar ondersteun. Sy is een van die vriendelike dames wat hierdie plek aan die gang hou. Hier reel hulle ook alle ritte - op die rivier, en na Vic Valle ens. Hulle werk nou saam met Kubu Lodge.

20/08/2015

Rondom Sidudu Eiland. Ons roete ± 16 kilometer

Teem 07:00 meld ons aan by die kantoor van Flame Of Africa, net langs Spar. Ons ontmoet ons gids vir die oggend by name Moses. Die boot is ge-anker by 'n privaat jettie net agter Spar. Ons kry elkeen 'n bottel yskoue water en 'n blikke koeldrank.

Moses neem ons eers stroom-af, en wys vir ons die area waar daar dosyne Nimmersatte (Yellow Billed Stork) in die bome hul neste het. Die kleintjies maak 'n redelike lawaai soos hul aandag en kos soek.

Dan gaan ons stroom op, en ons was tevrede met die verskeidenheid voels wat hy vir ons kon uitwys. Ongelukkig het ons nie een nuwe op ons lys kon byvoeg nie. Ons het wel twee nuwes op die toer bygevoeg.

Ons ry met die Chobe Rivier tot waar dit aansluit by die Zambezi Rivier, en dan om die Sidudu/Kazakili Eiland terug met die Zambezi tot waar dit weer aansluit by die Chobe Rivier. Daar was vroeer 'n groot geveg tussen Zimbabwe en Botswana oor wie die reg het op die eiland het. Dit is uiteindelik in Den Haag beslis dat die Zambezi die dieper rivier is, en dus die grens tussen die twee lande vorm. Nou val Sidudu Eiland binne Botswana se gebied.

Na 3 ure se ry en voël besigtiging met 'n baie bekwame gids, is ons weer terug by die jettie. Ons besoek weer die kantoor van Flame Of Africa, en betaal ons P295 per persoon met 'n kredietkaart. Die fooi sluit alles in, gids, brandstof, parkfooie en die koue drankies.

Beslis die geld en moeite werd om die bootrit by hulle te reel.

'n Paar fotos geneem op die bootrit:    
Vroeg oggend op die Chobe rivier Ons bekwame gids Moses Ander toeriste by Chobe Park ingang
Pangolin toere: Hul voorsien kameras en lense Huisboot aan Zimbabwe se kant Drywende restaurant: "The Raft"
Krokodil op wal Rooibok Ram spring oor water Rooibok Ooi spring oor water
 
Chobe Waters lodge - Zimbabwe se kant Baie Buffels op die Sidudu eiland  

21/08/2015    VICTORIA WATERVALLE

Roete na Victoria Falls :90 kilometer

Teen 07:00 tel Ktee van Kalrose Roere ons op in 'n Nissan 8 sitplek bussie. 'n Duitse meisie ry saam tot by die Valle. Ktee is 'n baie versigtige bestuurder en sy ry nie meer as 90 k/u nie. (Ktee soos in Caty)

Sy laai ons teen 09:00 by die valle af, en reel dat sy ons weer oor 3 ure sal optel.

Die water by die valle vloei sterker as toe ons die vorige keer hier was en die sproei reen val sommer lekker hard op ons. Ons is later sopnat en van die fotos het waterdruppels op. Ons stap van uitkyk punt 1 tot by 15 by die brug oor die Zambezi Rivier, en toe weer met dieselfde paadjie terug. Dit is werklik iets besonders om te kan aanskou. Ons plaas net enkele van die dosyne fotos wat ons daar geneem het, asook 'n kort video-clip.  Aan die Zambia se kant bo-kant die valle is 'n groep mense wragtag besig om in waterpoele reg bokant die donderende waterval  te swem!. Dis 90 - 100 meter na onder as hul daar sou afval. Gek !

Toegangsgeld by die valle vir SADEC lande is US$20, of R250 per persoon.

Ons toeriste kantoor : Kalrose Toere Elsie en Livingston  Paadjies langs waterval 
Ingang na Waterval  Hoof valle  Hoof valle  
 
Brug oor Zambezi Rivier Kaggelkakkies te koop  Hulle swem wragtag bokant die valle 
     
Die waterval in al sy glorie     
MVI_3847.MOV     

Met die terugrit moes Ktee 'n ouerpaar met twee kleintjies by die lughawe oplaai om saam te ry na Kasane. Sy laai ons af by 'n Tappas restaurant sodat ons iets kan eet, en gaan laai die mense by die lughawe op. Amper 3 ure later is sy terug en kon ons op 'n manier in die motortjie inwurm om terug te ry. Die vlug was glo laat. Ons was bietjie ongeduldig met die toedrag van sake, maar Ktee was baie vriendelik en verskonend en ons is goeie vriende uitmekaar.

Die kos was aan die duur kant. 'n Ommelet US$8, 4 x hoender vlerkies US$7, Coke US$2. Hierdie ou effense kossies sommer so R210.00 ! Alles hier is in hule amptelike geldeenheid van Amerikaanse Dollar.

Terug by ons kampeerplek, roep hulle ons om na die olifante te kom kyk wat hier digby die omheining staan en wei. Die veiligheidswagte wat op pad is vir die nagskof, kan nie die kamp bereik nie, want die olifante is in hul pad. Moeg en lyfseer eet ons die aand vroeg en klim in die bed.

22/08/2015   RUSDAG

Ons spandeer die oggend by Chobe River Lodge om Wi-Fi te gebruik en uit te rus na al die ryery die afgelope tyd.

Die middag ry ons om te kyk wat by die rivier aangaan. Ons merk 'n groep olifante hier in die dorp wat oor die pad wil stap om by die water te kom. Hulle stap tot by die pad, kyk links, kyk regs, en toe daar geen motors is nie, drafstap hulle flink oor die pad !

Flink stap hul oor die pad. . . . . . . . en gaan drink water in die rivier

23/08/2015  CHOBE RESERVAAT

 
Klik op kaart en fotos Totale afstand 110 kilometers

Net buite Kasane is die ingang na die Chobe Reservaat. Ons betaal ons toegangsgeld van P290 en is reg om te kyk wat te sien is. Die dame vra of ons 'n 4x4 het, en dit was nodig. Die pad is sandelike n baie sag en sonder 'n 4x4 sal dit moeilik wee som daar te ry. Ons neem op 'n plek die regterkantste baan om 'n versperring, in plaas van die linkerkantste baan en daar sit ons vas. Niks wat ons doen kry ons daar uit nie. Gelukkig was daar ander voelkykers agter ons met wie ons inligting uitgeruil het. Hulle stop en stoot ons uit die sand.

Na wat voel soos 'n ewigheid, kom ons uiteindelik by die Piekniekplek uit. Dis maar primitief met 'n konkreet tafeltjie en twee konkreet sitplekke. Niks meer nie.

Ons ry na ete weer verder en kom uiteindelik by Ihaha kampplek uit. Dis nou boskamp op sy beste. Die pad daarheen is wel 'n uitdaging

Ons was teleurgesteld met wat ons in die park gesien het - voels en diere. Ons neem die Route 15 pad vanaf Ihaha om weer by die teerpad te kom, aangesien die heg personeel se die pad Ngoma toe is bietjie sleg. Wel as hy slegter was as die Route 15 moet hy beslis sleg wees.

Op die teerpad terug na Kasane sien ons toe 3 Swart Witpense langs die pad.

Ingang na Chobe Hyiena Swart-Witpens
   
Drywende hotel op die Chobe    
Chobe Safari Lodge Bote voor Chobe Safari Lodge Plaaslike Bier

 

Wi Fi :       Wi-fi by Chobe Lodge teen reelike spoed. Tree op asof jy'n  inwoner is.
Kaarte :     Aanvaar nie kredietkaarte by Ngina tented kamp nie Aanvaar wel kredietkaarte vir brandstof in die dorp
Brandstof Prys : P6.28
Verblyf :     Ngina Safari Tented Camp.   Tel 0267 625 0882          
 

Tuisblad              Botswana toerskedule          Volgende