Katima Mulilo

   
Johann en Elsie Kritzinger toere - toer deur Botswana en Namibia

13/07/2019

   
Klik op kaart en fotos Totale afstand : 77km

Vandag is dit weer net 77 km tot by Katima Mulilo.   

Ons is sonder probleme vinnig deur die Ngoma grenspos aan Botswana se kant. Aan Namibia se kant vat dit langer. Ons kan nie verstaan dat jy in die Grenskantoor al die inligting aan die personeel gee wat dit op die rekenaar stelsel insleutel nie, en dan by die deursoekings area moet jy WEER per hand in die boek AL die inligting neerskryf. Dis dan nou net op rekenaar gesit. Ons word nie deursoek nie, en is gou deur daardie proses.

Om deur die grens te kom moet ons N$506 betaal. (1N$=R1). Dis N$196 vir die Boswa en N$308 vir die motor.

Die brug tussen die twee grensposte gaan oor die Chobe rivier. Daar is egter die keer byna geen water nie - net 'n paar panne water. Voorheen het dit soos 'n meer gelyk.

Ons bereik die omgewing van Katima Mulilo sonder probleme. Ons wou by Caprivi Houseboat Safaris gaan kamp, maar dit is vol vir die naweek. Ons boek langsaan in by die pragtige Namwi Lodge. Ons kampplek is op die oewer van die Zambezi rivier. Die rivier vloei redelik sterk.

Ons kan nie verstaan hoekom hier so min kampeerders is nie. Die enigste nadeel wat ons kan sien is dat die water hier is nie geskik is vir menslike gebruik nie. Tot dusver was dit nog by geen kampplek 'n probleem nie.

14/07/2019

Vandag is Sondag en ons vat 'n rusdag. Ons is nou 3 weke aan die toer, en het reeds 3550 km afgele. 'n Kwart van die beplande toer is verby. Hiervan daan wag nog nuwe en onbekende plekke vir ons voor .Ons moet nou so beplan dat ons op 16 Augustus in Swakopmund sal wees om Johan en Elschen en die kleinkinders van Engeland te ontvang.

Ons staan op die wal en kyk vir voels, en maak per ongeluk 'n Watertrapper (Finfoot) skrik. Hy vlieg oor die rivier in die riete in en ons sal maar geduldig moet wag tot hy weer gaan wei. 'n Besonderse en skelm voel om te kon sien.

15/07/2019

Vandag het ons die LANGSTE afstand van die toer afgele. 'n Hele 3 kilometer !!!

Ons is nou ingeboek by die Caprivi Houseboat Safari Lodge waar ons 'n goeie kans het om drie besonderse voels te kan sien. Ons hoop om more een of twee van hul te kan sien. Ons bly nou hier tot Donderdag wanneer ons onder by die Maimili Nasionale Park 'n draai gaan maak. 

Uitsig van staanplek my Namwi Koue mis oor die rivier by Namwi Grond weggekalwe onder bamboese
Braam reg vir Tiervisse Reinette, Elsie en Debbie Ons kuier op die oewer van Zambezi
Visvang in byna droe rivier Rivier by grens is byna droog Rivier by grens is byna droog
Netjiese gras heining om werf Nog 'n groot Paw-Paw van mchenye  

Tuisblad             Volgende