katima   mulilo       

 

24/08/2015

 
Klik op kaart en fotos Totale afstand : 128 kilometer

Na 'n week in en om Kasane, pak ons op en ry die lort afstand van Kasane tot by Katima Mulilo.

Ons bereik die Ngoma grenspos, en is gou deur die formaliteite aan Botswana se kant. Dit was 'n ander storie by Namibia se grenspos. Een van die Overlanders is voor ons daar en die kantoortjie staan kant en wal vol buitelanders. Toe in wil instap word ons eers gescreen vir die Ebola virus. Gelukkig was ons albei se toetse negatief.

Welkom in Namibia Brug by Ngoma grenspos Rietskerms om die manne se statte
 
Voete vuur Rivier by Kalitzo  

Binne moes ons amper 'n uur in die tou staan voor Kiboko se groep se paspoorte nagegaan en gestempel is. Ons moes registrasie papiere vir die voertuie wys, en toe dit afgehandel is, kos dit ons N$394 padbelasting vir die voertuig en die boswa. Die dame wil niks weet van "multiple entry" fooie nie, want ons gaan uit die Caprivi vir 'n wyle terug in Botswana (weer P330) en terug in Namibia, (weer N$395). Nee kyk hul weet hoe om geld uit besoekers te maak.

Met al die formaliteite afgehandel, beweeg ons na die gevreesde punt waar hul jou motor deursoek en alle vleis en diereprodukte afneem. Daar is vandag niks van die aard nie, en al die goed wat ons weggesteek het, was toe puur verniet!.

Nog 'n kort entjie en ons is by Caprivi Houseboat Safari se kampplek net buite Katima. Daar is net 3 staanplekke, en ons kan nie vir more-aand staanplek kry nie. Ons besluit om aan te beweeg, tot die bestuurdertjie vir ons die kroeg-area op die waterfront wys, en so terloops opmerk dat die PELS Visuil elke aand rondom 21:00 hier reg voor die kroeg in die boom kom sit. Hy was die vorige aand nog daar. Van die ander gaste be-aam dit. Net daar besluit ons om te bly, en hul rig vir ons 'n staanplek in op die eienaar se werf !. Heerlike koelte staanplek op sy "grasperk". Saam met die staanplek kry ons ook 'n groot bondel hardekool brandhout!

In die kroeg op die dek is daar 'n "honesty bar".  Jy help jouself en skryf op wat jy gebruik het. As jy die dag ry. vereffen jy jou rekening.

Hulle vertel ook vir ons dat hier langs hulle in die riete langs die rivier broei is 'n Finfoot (Watertrapper) . Dit is ook een van die voels wat ons graag beter wil te siene kry en afneem. Teen skemer aand sit Elsie op 'n boot langs die oewer, en sien sy die Finfoot vir 'n kort rukkie.

Ons sit op die houseboat tot 22:00 om vir die PELS te wag, maar dit is pure verniet. Hy besluit om nie vandag te kom nie. Ons wag al 11 jaar vir hom, en een ekstra dag sal seker nie saak maak nie! Buite die kroeg area is 'n baie sterk Kollig aangebring. Die PELS kom sit in die boom wat oor die rivier groei, en gebruik die lig op die helder water om vis raak te sien en dan te vang. 'n Duitsertjie wat hier vrywillige werk doen, het 'n aand of twee gelede terwyl hy visvang, gesien hoe die PELS in die water 'n vis vang en weer op die tak gaan sit. JALOERS !

25/08/2015

Ons besoek Namwi en Kalitzo om te kyk watter voels ons daar kry. Daar is reeds honderde, maar nog nie duisende, Carmine Bee-eaters by Kalitzo. Ons sien net 'n paar omdat dit al te laat in die middaguur in is. Ons sal die volgende dag so ry dat ons teen 06:30 daar is voor hulle vir die dag gaan kos soek.

En die PELS ontwyk ons steeds.

26/08/2015  :  ROOIBORSBYVRETERS Kalitzo Lodge

Vandag is dit ons en die Carmine Bee-eaters by Kalitzo Lodge.

Ons staan teen 05:00 op en maak gereed om die sowat 40 kilometer te ry. Die grondpad is nie van die beste nie, en dit neem ons net meer as 'n uur om daar te kom. Ons gaan dadelik na die terrein waar die byvreters voorkom, en ons kon van ver af hulle lawaai hoor. Hulle vlieg in sirkels in 'n bondel, en kom sit dan almal in een of twee bome. Dit lyk kompleet soos blomme aan die bome.

Ons spandeer sowat 90 minute daar rond om hulle te volg soos hulle van 'n paar bome in 'n spesifieke area beweeg na 'n paar bome so 50 meter weg, en dan later weer terug. Dit is 'n gesig om te aanskou.

Die voels kom altyd hier van die 22e Agustus aan en broei dan in die sandwalle en sanderige grond bo-op die wal. Ons skat daar is nou reeds sowat 'n duisend of meer, maar elke dag kom daar nog meer aan.

Rooibors Byvreters : Kalizo Lodge - Caprivi Rooibors Byvreters : Kalizo Lodge - Caprivi Rooibors Byvreters : Kalizo Lodge - Caprivi
Rooibors Byvreters : Kalizo Lodge - Caprivi Rooibors Byvreters : Kalizo Lodge - Caprivi Rooibors Byvreters : Kalizo Lodge - Caprivi

27/08.2015

Ons gaan dorp toe om inkopies te doen vir die week of wat wat voorle voor ons weer by Rundu by winkels kan uitkom.

Hier is al die groot banke en ons kon sonder moeite geld trek by Nedbank. Ons kon inkopies doen net langsaan by Pick-n-Pay en Wurmann Brock.

By die Total motorhawe aanvaar hulle geen kaarte behalwe "Fleetcards" nie. Dieselfde geld vir al die motorhawens in Katima. Besoekers moet maar sorg hul het genoeg kontant byderhand. Hulle aanvaar wel sonder probleme RSA se Rand note. As dit die tendens deur Namibia is, sal ons more oggend voor ons ry, nog geld moet trek v ir brandstof.

Ons kon darem een van die specials, 'n African Finfoot mooi sien waar hy hier reg by ons wei en weer terugswem na sy nes. Die PELS ontwyk ons steeds.

Wi Fi :       Wi-fi by Caprivi Houseboat teen reelike spoed.
Kaarte :     Aanvaar nie kredietkaarte by motorhawens nie - net kontant. Aanvaar wel kredietkaarte vir verblyf
Brandstof Prys : N$11.36    (N$ = R)
Verblyf :     Caprivi Houseboat Safari Lodge .     Tel/Fax: +264 (0)66 252 287    http://www.caprivihouseboatsafaris.com/index.php?p=17

 

Tuisblad              Botswana toerskedule          Volgende