Khama Rhino Sanctuary

   
Johann en Elsie Kritzinger toere - toer deur Botswana en Namibia

26/06/2019

 
Klik op kaart en fotos Totale afstand : 506 km

Ons roete neem ons vandag deur Zeerust, dan deur die Skilpadsnek grenspos, Lobatse, Palapye, Serowe en dan uiteindelik tot by die Khama Rhino Santuary. Die pad is nie lank nie, maar neem baie lank aangesien daar oral spoedbeperkings van 60. 80 en 100 kmu is. Die algemene spoedgrens is 120kmu.

Om deur die grenspos te kom, het maar sowat 25minute aan beide kante saam, geneem. Dit kos ons P384 vir 'n "multiple entry" vir die motor plus die Conqueror sleepwa. Die "multiple entry" visum maak dit net makliker as ons weer by die Mohembo grenspos uit Zambezi (Caprivi) terug in Botswana moet gaan.

Ons vorder tot by Palapye, waar ons brandstof ingooi, en eetgoed koop by die netjiese nuwe mall, waar daar 'n baie groot en netjiese SPAR winkel is. Ons koop ook starterpacks en lugtyd vir Mascom. Na 'n bietjie gesukkel deur die klerk by die Cell winkel, is ons nou op die lug met die twee selfone.

Ons bereik Khama Rhino Park, en met die inboek, se die meisie vir ons dat ons vriende van Heidelberg, Gauteng, Pierre en Robbie, vir ons wag. Dit was 'n groot verrassing, want ons het hul glad nie daar verwg nie.

Die aand eet ons in die netjiese restaurant in die park en kuier heerlik saam oor 'n bottel Nederburg Cab Sav. Al die ou en nuwe stories word gedeel en nuus uitgeruil.

Die volgende oggend vroeg gaan ons op 'n wild- en voel besigtigings uitstappie. Ons sien nie baie diere of voels nie, maar teen die einde van die trippie, by Malema Pan, kry ons toe twee Renosters. Uit gesprekke met and toeriste, hoor ons dat hul glad nie renosters te siene gekry het nie.

Na nog 'n aand se kuier, is dit slaaptyd. Pierre wil al voor 6 die volgende oggend terug ry Heidelberg toe.

Hier is kampplekke elkeen met water en 'n braaiplek, maar geen krag by die staanplekke nie. Die ablusies het elektisiteit, asook die chalettes wat te huur is. Die staanplekke is groot en elkeen is privaat en ver uit mekaar uit.

Die paaie binne die park is baie sanderig en daar is baie los sand. Plek-plek ry jy maar 4X4.

Mooi plek en werd om te besoek.  

Ons kamp Ons kamp Sandpaaie
Renosters Eland kudus

 

 

Tuisblad             Volgende