Home:  Toer 1  
 

Makwassie, Leeudoringstad, Bothaville, Orkney, Klerksdorp

 

MAKWASSIE (p320).

Agtergrond: Die dorp ontleen sy naam an die Makwassie stroom wat verby die dorp vloei. Die dorp is in 1910 tot dorp verklaar. Dit is hier waar die eerste wit baba in Transvaal gebore is. 'n Seun vir die Broadbents op 21/07/1823. Die oorblyfsels van eerw Broadbent se huis is as historiese monument verklaar.

Toer dagboek:

06 Februarie 2007: Makwassie is 'n klein plattelandse dorpie naby die Vaalrivier. Eienaardige miershope kom in die area voor - so 'n regop skoorsteen met 'n gat in die middel. Een wat ons afgeneem het is amper so hoog soos Elsie. Ons wil probeer vasstel watter soort termiete maak sulke termiethope.

Die enigste besienswaardigheid in die dorp is 'n standbeeld langs die kliniek Na vele navrae kon niemand vir ons sÍ wie dit is nie. Uiteindelik by die polisiestasie het een van die dames iemand gebel, en ons toe vertel dat die standbeeld die van die boere Genl Beyers was. Hy het in die Vaalrivier naby Makwassie gaan swem, en toe daar verdrink.

-------------------------------------------------------------------

LEEUDORINGSTAD (p324).

Agtergrond: Die dorpie is in 1920 geproklameer. Die dorp het gegroei om 'n spoorweghalte Leeudoorns.

Besienswaardighede is die uitstalling van die treinramp in 1932 toe 'n trein van 32 trokke met 1200 ton dinamiet 2 km van die dorp ontplof het. Vyf mense is dood, die kondukteur van die trein en vier inwoners van die dorp. en Wolwespruit natuurreservaat sowat 20 km suid van die dorp.

Toer dagboek:

06 Februarie 2007: Leeudoringstad is 'n groterige en baie netjiese dorp met moderne netjiese huise. Jy kan sien hier is geld. Die rede is dat die hoofkantoor van SUIDWES Landbou KoŲperasie  hier is. Dit is 'n groot imposante gebou. Die moderne huise het pragtige tuine. Dit wys jou wat geld aan die platteland kan doen

 

------------------------------------------------------

BOTHAVILLE (p375)

Agtergrond: Die dorp lÍ aan die oewers van die Valsrivier. Die dorp is in 1891 uitgelÍ. Die dorp is aanvanklik Botharnia genoem, maar in 1893 tot Bothaville herdoop.

Elke Mei word die groot NAMPO oesdag buite Bothaville gehou

Toer dagboek:

06 Februarie 2007: Tussen leeudoringstad en Bothaville het ons oor die Vaalrivier gery. Ons het 'n foto geneem van die rivier en die ou enkelbaan laagwaterbrug wat net onder die nuwe brug is. Hierdie area is 'n groot en belangrike mielieproduserende gebied. Die NAMPO oesdag skou word op 'n groot skouterrein halfpad tussen Bothaville en Orkney gehou.

Voor die N G Kerk staan 'n marmer standbeeld van 'n perd en ruiter wat gemaak is uit marmer wat uit ItaliŽ ingevoer is. Dit is opgerig ter ere van die slagoffers van die Anglo-Boere oorlog.

Daar is ook 'n ou stookketel op uitstalling by die Munisipale kantore. Jaarliks word daar nog witblits hier gestook. Die plek binne is vol bottels en papiere n leegleÍrs gebruik dit as toilet!

Dit is onverstaanbaar dat dorpe besienswaardighede het, toeriste wil aanlok en dan 'n gemors laat maak van sulke besienswaardighede en dit nie onderhou nie

--------------------------------------------------------------------

ORKNEY (p321)

Agtergrond: Dit is 'n myndorp wat lÍ aan die oewers van die Vaalrivier. Die naam is afgelei van die naam Orkadiese-eilande van waar ene Simon Fraser, 'n inwoner,  afkomstig was. Die Vaal Reefs myn, een van die grootste goud en uraan myne ter wereld lÍ by Orkney.

Die gewilde Orkney-Vaal vakansie-oord lÍ aan die oewer van die Vaalrivier

Toer dagboek:

06 Februarie 2007:Ons het nie veel van Orkney gesien nie, aangesien ons al warm en gefrustreerd was. Die karavaanpark waarheen ons verwys is, neem nie karavane in nie!. Die ander een vra R200 per nag!

------------------------------------------------------------------------------------------------------

 

KLERKSDORP (p321). Die dorp is die tweede oudste dorp, na Potchefstroom, in die Transvaal. Die dorp het in 1830 ontstaan toe die eerste Voortrekkers hul aan die oewers van die Schoonspruit, wat deur die dorp vloei, gevestig het. Een van die eerste trekkers, C M du Plooy het vir hom 'n plaas van 16,000 toegeŽien en dit Elandsheuwel genoem. Ander trekkers het gehelp om kanale ens. te bou om die grond te besproei. Dele van die plaas is aan hul toegeken, en die versameling kleinhoewes is toe Klerksdorp genoem, ter ere van  die eerste landdros van die distrik, Jacob de Clerq. Goud is in 1886 op die dorp se meent ontdek, en 'n stormloop het gevolg. Meer as 4000 voornemende delwers het ingetrek en 'n  "blikkiesdorp" het ontstaan. Die dorp is Niewe Dorp genoem. Delwers het looitjies getrek om mynregte te verkry.

Drie jaar na die ontdekking van goud, het die dorp 200 sakegeboue, 70 kroeŽ, en sy eie aandelebeurs gehad.

Besienswaardighede is die Klerksdorp Museum, die ou Aandelebeurs, die ou spoorwegstasie wat Pres Kruger ge-open het, die Faan Meintjies Natuurreservaat en die John Neser dam in Schoonspruit met sy ontspanningsgeriewe.

Toer dagboek:

06 Februarie 2007: Ons is toe uit moedeloosheid deur na Klerksdorp en het by die Klerksdorpdam gaan uitkamp. Die plek is verwaarloos en het soveel potensiaal as die eienaar net bietjie wil vinger trek.

 ----------------------------------------------------------------

Tuisblad       Volgende