Knysna

 

7 April 2014

Na al die bergpasse en grondpaaie wat ons die afgelope tyd gery het, laat ek die motor se uitlaatstelsel vroegoggend nagaan. Gelukkig is alles in orde, en kon ons al ons bagasie inpak en die kort rit na Knysna aanpak

Ons bereik die Tyddeel kompleks, Oaklands on the Knoll, net buite Knysna en pak af in eenheid 9.

Ons besoek die Waterfront en doen navraag oor eetplekke en besienswaardighede in Knysna. Ons verneem dat ons by 34 South Restaurant op Maandae Susji teen halfprys kan eet. Later die middag kry ons 'n tafel, en eet die lekkerste Susji Platter teen die helfte van die gewone prys. Engela en haar man Johann sien nie kans vir Susji nie, en eet elkeen 'n vis-dis.

 

Waterfront Waterfront Waterfront Waterfront
Pittige boodskappe Pittige boodskappe Pittige boodskappe Waterfront

8 April 2014

As deel van ons voordele deurdat ons in die Dream Vacation Club se Oaklands on the Knoll ingeboek is, is 'n gratis bootrit op die Knysna Lagoon in 'n boot wat aan DVC behoort.

Ons bespreek vir 17:00 die middag en ry tot in die Heads waar die lagoon in die see uitmond. Dit raak al kouer en die mis trek oor die berg en die lagoon. Saam met ons is nog 'n gas van DVC en ons skipper Ashley hanteer die boot gemaklik. Teen 18:00 is ons terug in die hawe en gaan na die kompleks vir 'n wordbraai

Bootvaart op Lagoon Bootvaart op Lagoon Bootvaart op Lagoon Bootvaart op Lagoon

10 April 2014

Dit is ;n mooi sondkyndag en ons besluit om bietjie te gaan rondry.

Eers gaan ons na Brenton on Lake waar een van Dream Vacation Club se ander oorde is. Ons kon nie hier plek kry nie, maar is uiteindelik bly daaroor. Dit is ver uit Knysna en ons was beter af in Oaklands.

Die uitsig bo van die berg af op pad na Brenton is pragtig. Dit was effe mistig, maar die uitsig tog besonders. Terwyl ons daar stop, kom daar 'n ander voertuig aan en hul spring uit en begin rondsoek. Ons vra wat is fout, en hul vertel dat hul die meisie se selfoon soek wat moontlik daar verloor is. Hul soek rond en sy klim later terug  in die motor om weer daar te soek. Ons sien dat daar 'n selfoon uit haar "gatsak" uitsteek. Voor ons haar daarvan kon vertel, kom sy dit self agter, en is baie verlee oor die affere. 

By Brenton on Sea was die mis oor die see so dig dat ons maar omdraai en terug ry na Buffelsbaai. Ons besoek ook die Natuurreservaat, maar dit was maar verlate en die hek staan oop. Nadat ons rondgekyk het, ry ons terug na Knysna.

Kano sokker by Waterfront Buffelsbaai se strand Buffelsbaai se strand Pont by Goukamma Natuurreservaat

Ons sien 'n "Bid Sprinkaan" op ons stoep waar sy besig is om haar eiers in 'n groen skuimbol te le. Sy was vir 'n baie lang tyd daarmee besig

"Bid Springkaan" le haar eiers Lagoon vanaf Brenton Lagoon vanaf Brenton Lagoon vanaf Brenton

More pak ons op om weer die volle sirkel te voltooi tot in Port Elizabeth. Ons rit deur Baviaanskloof, Die Hel en Outeniqua berge het ons oor 7 bergpasse geneem en was 1200 kilometer ver, Ons het van die mooiste natuurtonele en passe in die Oos Kaap gesien

Verblyf:   Oaklands on the Knoll    www.safarinow.com/go/OaklandsOnTheKnoll 

Tuisblad    Volgende