Tuisblad  Toer 8   
 

 Buffelsbaai, Belvidere, Brenton-on-Sea, Knysna, Sewe passe Pad, Karatara

 

BUFFELSBAAI

Agtergrond: Die pad draai af sowat 9 km wes van Knysna. Die oord l aan die see by Walkerpunt. In die 19e eeu het honderde buffels hier gewei. Die laaste een is in 1883 dood.

Toer dagboek

Dag 291
15/12/2009

Na gister se storms lyk dit of die Suid-oos vandag gaan bedaar. Ons vertrek teen so 06:00 van Stormsrivier op pad na Buffelsbaai, net effe wes van Knysna. Elsie ry met die Fordjie agter die motorwoonwa aan. Dit is nou spits vakansietyd en die speedcops is glo erg doenig met padblokkades ens. Ons wil nie onnodig aandag op ons trek met die bus en 'n karretjie op sleeptou agterna nie. Dit fokus onnodig aandag op ons en nuuskierige verkeersmense vind dan 'n rede om jou te stop. Ons ry dan ook by verskeie verkeersmense en polisievoertuie verby, maar niemand steur hulle vanoggend aan ons nie.

Ons kry staanplek no 4 in die agterste ry weg van die see af. Dit lyk ook of ons beskut teen die wind sal wees. Ons kan darem die see sien as ons deur die voorruit kyk. Dis 'n netjiese karavaan park, maar ook een van die duurstes wat ons teengekom het op ons 10 maande toer tot dusver.


                                            Strand by Buffelsbaai                                                              Kleurvolle Jellievis                      Kleurvolle vakansie sambrele

KNYSNA

Agtergrond:  In 1884 het die plaas Melkhoutkraal wat die gebied aan die strandmeer ingesluit het in besit van George Rex gekom. Hy het besef dat die hout wat hier gekap is per boot vervoer moes word.  Hy het 'n hawe aan die strandmeer binne die Koppe ontwikkel. In 1817 het 'n Engelse skip die eerste skip geword wat tussen die Koppe ingeseil het. Die skip het egter 'n versteek rots getref en gesink. Rex het sy eie vaartuig, die Knysna, bedryf. Die skip was van Stinkhout gebou. Die spoorlyn van George het die gebied in 1928 bereik waarna die hawe in onguns geraak het. Die hawe is in 1954 gedeproklameer en die laaste loodse is na Port Elizabeth oorgeplaas.

Die dorp Knysna dateer uit 1825 toe die goewerneur, Lord Charles Somerset besluit het om hier 'n dorp te stig. Die naam Knysna is 'n Khoi woord maar daar is nie eensgesindheid oor wat dit beteken nie.

Die strandmeer is die enigste tuiste van die skaars Knysna Seeperdjie.

Toer dagboek


                    The Heads                              Knysna Lagoon en eiland                                    Ferrie

Ons moet gaan inkopies doen, en ry eers na die Oostelike "Heads". Daar van bo af het mens 'n mooi uitsig oor die lagoon en die dorp en eilande. Ons besoek daarna die "i" en kry heelwat inligting oor besienswaardighede in die omgewing. Die meisie is 'n tydelike werker, maar het haar sommer baie knap van haar taak gekwyt.

Dag 292
16/12/2009

Elsie ontmoet 'n stapgenoot en stap langs die see af tot by Brenton-on-Sea en terug. Teen 16:00 ry ons na Sedgefield om by 'n ou skoolmaat van Elsie te gaan kuier. Hulle nooi ons om die aand saam met hulle te gaan eet by Monteselo, 'n plaalike restaurant. Vir R50 kry jy soveel kos dat jy dit skaars kan baas raak.


       Johan Louw en Elsie                                      Sedgefield lagoon

Dag 293
17/12/2009

Teen 07:00 val on sin die pad om die Sewe-passe-pad te ry. Die afdraai is net voor die Knysna strandmeer. Die sewe passe wat ons gery het, was die Homtini pas, Karatara pas, en Hoogekraal pas Touw rivier pas, Silwer rivier pas, Swart rivier pas en Kaaimansgat pas. Van die passe is nie met naamborde gemerk nie. Dit is jammer dat hulle die pad as die "sewe passe pad" adverteer en dan is die sg sewe passe se name nie almal gemerk nie. Die pad deur die passe is deur sir Thomas Baine gebou. Dit het 15 jaar geduur om dit in 1883 te voltooi, en is 'n Nasionale Monument. (Sien http://www.visitknysna.co.za/index.php?option=com_content&task=view&id=105&Itemid=93). Die Phantom pas is later ook bygevoeg,

Ons besoek eerstens Rheenendal waar daar by die garage nog een van die ou handpompe staan. Dit word darem nie meer gebruik nie, maar dit is 'n mooi oudheid. Van Reenendal draai die grondpad noordwaarts weg op pad na Millwood. Daar is 'n toegangsfooi van R15 per persoon betaalbaar. Met 'n Wild kaart gaan jy gratis die bos in. Die bosomgewing is baie mooi en neem jou al hor die berg uit


                Ou petrolpomp

Ons doen eers aan by Daleen Matthee se graf by "Krisjan se Nek" onder die reuse 880 jaar oue Outeniqua Geelhoutboom. Wat 'n pragtige rusplekkie vir so 'n begaafde skryfster oor die bosmense van die Knysna bosse.


                          Daleen Matthee se graf

Daarna gaan ons verder die bos in en berg uit tot by die ou myndorpie
Millwood. Elsie bly agter by die Materolli restaurantjie (Dit het later sommer Mother Holy geword), terwyl Johann verder berg op gaan tot by die ou goudmyn. Daar ontmoet hy vir Morgan, die gids, en R40 later gaan hulle op die myn toer. Die Bendigo mynskag loop horisontaal die berg in. Die rotswande is soliede klip en rots en na 300 meter het hul skaggrawing gestaak. Die bietjie goud was nie die sweet werd om die skag te grawe nie. In 1924 is mynboubedrywighede finaal gestaak. DIe ou myn is beveilig en daar is nou elektriese ligte aangebring en daar word vars lug in die skag ingepomp.


    Ou mynershuisie- Millwood                  Materolli restaurant                                                      Bendigo myn                     Bendigo  Mynskag

         Bendigo ingang                                           Ou koekepan                                        Fool's gold                                               Lugskag

Die ou
Millwood dorpie hor op teen die berg waar die myners gebly het, is vandag totaal toegegroei en net die straatnaamborde, die poskantoor en Hotel se naamborde is nog te sien. Niks van die baie besige ou dorpie het oorgebly nie.


          Millwood in ou dae                                                                                     Straatname al wat oorgebly het

Ons gaan weer teen die berg af, en bereik weer die dorpie Rheenendal. Daarvandaan gaan ons verder weswaarts tot by Karatara. RSG is tans besig met 'n veldtog om die plaaslike mense finansieel by te staan. Die dorpie is netjies, maar die huisies is oud en sommige bietjie verwaarloos. Daar is 'n laerskool en ook 'n college. Dis maar 'n klein ou plekkie en dit lyk of bosbou maar die enigste bedryf in die omgewing is.


                Karatara                                            Kerkgebou                                               Laerskool                                                 Eden college

             Netjiese huisie                                          Kliphuisie                                                  Sakesentrum

Dan weer verder met die passe tot uiteindelik by George. Die passe is baie mooi. Sommige dele is pragtige bosse, dan weer is daar weivelde met groot troppe beeste. Daar is nog Italianers in die omgewing wat hierheen gelok is met 'n slenter dat hulle 'n sy bedryf kon vestig met al die moerby bome wat hier sou wees. Toe hul hier kom was daar geen moerbyboom in sig nie.! Ons skat dat sowat die helfte van die sewe passe pad is geteer, terwyl die ander 50% redelike tot goeie grondpaaie is. Die Fordjie was lekker vuil toe ons uiteindelik in George aankom.

Ons soek die MED auto elektrisieens, en vind hul in Yorkstraat nadat ons by 'n paar plekke moes navraag doen. Hulle willig in om die lugreelaar reg te maak, in teenstelling met Motolec in Knysna wat nie eens aan die lugreelaar wou raak nie. Hul '"vervaardig" 'n "diode" wat geblaas het en wat Johann in Stormrivier laat val het. Sommer gou werk die lugreelaar, en moet dit net met gas gevul word. 'n Uur later is ons weer op pad met 'n lugreelaar wat te heerlik werk. Dit wys wat gewillige bekwame mense kan doen!

Ons kyk nie rond in George nie, aangesien ons op pad is na Heroldsbaai om by Hannes en Rina Kotyze te gaan kuier. Laat middag is ons weer terug in Buffelsbaai. 

Dag 294
18/12/2009

Die vierde heerlike dag by die see. Gedurende die nag het dit lekker gereen, maar vandag is dit weer 'n doodstil sonskyndag.  

Ons ry na Noetzie, oos van Knysna om na die kastele te gaan kyk. Van die parkeerarea loop mens eers met 'n steil pad af tot by die eerste kasteel, en daarna met 132 trappe af tot by die strand. Dit is nogal 5 imposante klip kastele wat daar onder by die strand gebou is. Al probleem is net dat jy weer die 132 trappe moet uitkom om by die motor te kom 


                                                                                                                Noetzie se kastele

           
                                                                                                   Noetzie se kastele                                                                        Strand by Noetzie   

Dag 295
19/12/2009

'n Heerlike stranddag. Elsie gaan wem vir die eerste keer op die toer en verder kuier ons maar net hier rond

Dag 296
20/12/2009

Dit is weer 'n pragtige dag. Dit lyk of die stromweer van die afgelope ses maande nou verby is Ons gaan verken Knysna en omgewing, Op die toerlys is die waterfront, Thesen Eiland en die geskiedkundige Anglikaanse kerkie wat dateer uit die jaar 1849. Die kerkie is in die hoofstraat, maar is toegesluit met 'n GROOT slot en mens kan nie ingaan nie.


                Waterwiel ferrie                         Anglikaanse kerkie - 1849

BELVIDERE

Agtergrond: Die dorpie le aan die wes-oewer van die Knysna-meer. Die dorpie het 'n tipiese Engelse dorpsmeent en die buitengewone Holky Trinity Church wat in die Normandiese styl van die 12e eeu gebou is. In 1834 het kapt. Thomas Duthie hier afgetree en die kerkie met behulp van ander families van die omgewing gebou. Die gebrandskilderde vensters is gered uit Engeland se Coventry Katedraal wat in die tweede wereldoorlog gebombardeer is. 

Toer dagboek

Hierna besoek ons die pragtige dorpie Brenton-on-Sea. Dit is amper soos 'n Engelse dorpie met pragtige boomryke strate. Die dorpie l aan die Knysna-meer , maar oorkant van Knysna.  Ons besoek die Holy Trinity kerkie wat dateer uit 1855. Een van die gemeentelede vertel ons bietjie van die kerkie wat steeds elke tweede Sondag gebruik word. Daar was juis vanoggend om 07:00 hier 'n diens. Die kerkie is veral gewild vir troues. Dit is glo nie heeltemaal seker of die storie van die gebrandskilderde vensters die waarheid is nie. Daar is verskeie menings hieromtrent


                                  Holy Trinity Kerkie -   1855                                                 Gebrandskilderde vensters - moontlik afkomstig uit Coventry Katedraal ?

           Belvidere jettie                               Belvidere van bo van pas

BRENTON ON SEA

Agtergrond: Die dorpie is venoem na sir Jaheel Brenton wat gehelp het om die hawe by Knysna te ontwikkel

Toer dagboek

Daarvandaan ry ons na Brenton-on Sea aan die anderkant van Buffelsbaai. Bo van die berg af het mens 'n pragtige uitsig oor die baai en Buffelsbaai dorpie. Die karavaanpark is duidelik te sien waar dit op die punt van die rotsuitloper is.


            Brenton-on Sea                             Buffelsbaai karavaanpark                           Buffelsbaai

Op pad terug doen ons aan by Lake Brenton. Daar is 'n pragtige karavaanpark. Volgens ons standaarde minstens van 5-ster gehalte. Dit het pragtige grasperke en is baie boomryk. Rina Viviers, een van Elsie se vriendinne, het ons van die plek vertel, en dit is beslis 'n vakansie besoek werd.

Die middag kom Werner en Bea en die drie dogters vir ons kuier. Johann sien vir die eerste keer die nuwe klein baba dogtertjie, ALZAN. Ons braai saam en kuier tot laat die aand. Die twee oudste dogters slaap die aand by ons oor.

Dag 297
21/12/2009

Die twee meisies slaap laat. Johann gaan later saam met hulle strand toe en die twee baljaar lekker in die vroegoggend seewater.

Later die oggend vertrek hulle weer saam met Werner en Bea en begin ons gereed maak om op te pak om na Glentana te vertrek

 

VOLGENDE