Kokoriba

Johann en Elsie Kritzinger toere - Kokoriba

29/10/2017

 
Klik op kaart en fotos Totale afstand : 120 km

Kokoriba vakansie-oord is sowat 120 kilometer van Johannesburg. Die toegangspad is verby Lanseria Lughawe met die R512, verby die Hartebeespoort dam tot in Brits. Dan verder met die R511 in die rigting van Thabazimbi. Die oord se afdraai is by die Beestekraal-Stasie restaurant.

Dit is 'n groot oord met 'n verskeidenheid akkomodasie. Daar is die groot kampeer-area, asook 'n interessante verskeidenheid van chalets wat jy kan huur. Hieronder1 is 'n paar fotos van die beskikbare huisies.

Daar is twee buite swembaddens asook 'n binnenshuise warm swembad. Die oord het 'n netjiese restaurant asook 'n klein winkeltjie met die nodigste kruideniersware en kampgoed.

Vir 'n oord wat net meer as 1 uur se ry uit Johannesburg is, is dit werklik die moeite werd om te besoek.

Al nadeel is dat jy nie met jou eie voertuig op die plaas mag ry nie. Jy kan wel 'n golf-karretjie huur teen R160 per uur waarmee jy op die plaaspaaie kan ry. Dit is bietjie onprakties as jy wil voels kyk.

Tent kampering Ons boswa Swembad en glyplanke
Igloo's Houthuisies Tenthuise
   
Geboude huisies    

03/11/2017

Oor die naweek arriveer 98 karavane / tent kampeerders. Die oord is lekker vol maar daar is tog nog heelwat staanplekke oop. Ongelukkig meestal in die son. Hier kan dit warm word as jy in die son kampeer.

Die oord is skynbaar baie gewild onder karavaan klubs. Die naweek is hier drie groepe. Die een voordeel is dat hier baie goeie sekuriteit is en mens veilig voel. Bedags baljaar die besoekers in die swembaddens. Saans word daar ernstig om die kampvure gekuier. 

Karavaanpark Groot swembad Kleiner swembad

Tuisblad