koro koro

21 Mei 2014

Nadat ons oppak by Mabalingwe met die hulp van een van die werkers, ry ons die 10km tot by Koro Koro. Daar aangekom, help twee mannne met Bybelse name, Paulus en Josua, ons gou gou om die kamp op te slaan en in te rig. Ons is die enigste kampeerders by hierdie pragtige kampplek, en ons gaan die stilte en die bos sommer grootliks geniet.

Die Lodge / Karavaanpark is 17 kilometer buite Bela Bela op die pad na Rooiberg en Thabazimbi.

Ligging van Koro Koro

 Die kampeer staanplekke is uitgele op groen grasperke en onder doringbome en skep 'n rustige atmosgeer. Elke staanplek het sy eie kragpunt, braai en die boskampe het sy eie waterkraan

Ontvangs Skaduwee staanplekke Skaduwee staanplekke Ontspannings area
Josua en Paulus Skaduwee staanplekke Skaduwee staanplekke Skaduwee staanplekke

22 Mei 2014

Dis maar 'n koue dag en die voeltjies wat gister hier by ons staanplek "geraas" het, is vandag weg. Ons kry hul vanoggend aan die anderkant van die groot kampterrein.  

Hier hoef jy nie jou wekker te stel nie. Elke oggend so teen 05:45 gaan die veld-wekkers af. Die Tarentale, Bospatryse en hul meelopers sing jou vroegoggend hier by ons staanplek wakker. Wat is lekkerder as om in die bos deur bosgeluide wakker gemaak te word? Van die voels soos Rooiborslaksman, en die Suidelike Waterfiskaal is baie mak en kom loer sommer by die kampwa se deur in om te sien of jy al wakker is!

As deel van Koro Koro Karavaanpark is daar ook 5 bos-chalets. Elke chalet bestaan uit 'n sentrale kombuis geboutjie, met drie losstaande slaapeenhede rondom die kombuis gespasieer. Ons verneem hul noem dit die "Satelite Design" of ook "Village Approach". In elke chalet slaap 2 mense. Die chalets kampeenhede is wyd uitmekaar en elkeen het 'n bos-atmosfeer. Dit is idiaal vir 6 mense om so 'n hele chalet kamp te huur en dan gesellig saam te verkeer. Elke chalet het sy eie badkamer en toilet. Dit is baie goed ontwerp.

Bos Chalet Kombuis eenheid Slaap eenheid x 3
 
Hoof swembad Boshuis (slaap 14)  

23 Mei 2014

Jacomine kom by ons kuier vir die naweek. Ons slaan ons klein tentjie op en ons kamp lyk sommer baie gesellig. Bedags is Elsie en Jacomine in die warm swembad en namiddag kyk ons TV en Rugby in die Kroeg / ontspannings saal.

25 Mei 2014

Dis 'n rustige Sondag oggend. Ons gaan ry in die wildskamp, maar vandag sien ons nie voels of die bokke nie. Teen middaguur steek ons die vuur aan, en braai hoender vlerkies, dye en boudjies. Wat 'n feesmaal saam met 'n bottel Hermanus Pietersfontein Kleinboet wyn!

       

Verblyf: Koro Koro Safari Lodge en Karavaanpark   www.koro-koro.co.za  Tel 082-908-4448

Tuisblad