Kruger Nasionale PArk

Johann en Elsie Kritzinger toere - Mpumalanga en KNP - Mei 2016

30/05/2016

 
Klik op kaart en fotos Totale Afstand 487 Km

Ons het berigte ontvang van 'n Dwerg Langtoon (Lesser Jacana) wat homself by die Golfklub in Skukuza in die Kruger Wildtuin tuisgemaak het. Aangesien ons hom nog nie voorheen gesien en gefotografeer het nie, het Johann en Neil Ebedes, (een van ons vriende en ook 'n voëlkyker), besluit om af te ry na Skukuza om die voëltjie te gaan sien.

Ons spring vroeg Maandag oggend uit Johannesburg weg, en ry met die N4 verby Witbank (emalahleni) , en Middelburg tot by Belfast (emakhazeni)waar ons by die Wimpy ontbyt geniet. Ons was gelukkig dat op n Maandag kry jy 1 bord kos gratis vir elke bord kos wat jy betaal. Wat 'n bargain.

Dan draai ons af op die R540 in die rigting van Dullstroom. Dis deesdae 'n besoekers paradys en 'n gewilde stilhouplek vir plaaslike sowel as oorsese besoekers.

Dullstroom Dullstroom Dullstroom
   
Verlorenvallei    

8 Kilometer anderkant Dullstroom draai ons links af op die grondpad na Steenkampsberg en ry deur die Verloren Vallei Natuur Reservaat. Hier sien ons "n aantal voels en sal dit later laai.. Die pad is sleg maar die omgewing is baie mooi. Bo-op die berg stop ons vir 'n lekker koppie cappucino om die koue te verdryf. By die aansluiting met die R577 draai ons weer regs weg in die rigting van Lydenburg (Mashishing). Die roete neem ons oor die "Die Berg Pas" en later ook oor "Jaap se Hoogte Pas."

By Lydenburg draai ons weer af op die R37 wat ons oor die Longtom Pas na Sabie sal neem. Net buite Lydenburg, by die begin van die pas, stop ons by die Gustav Klingbiel Natuur Reservaat. Hierdie reservaat is baie verwaarloos en glad nie die moeite werd  om weer te besigtig nie. Die paaie is baie sleg en toegegroei - so bly weg.

Dan ry ons oor die Masjiennek Pas en Longtom Pas tot eindelik in Sabie.

Van Sabie is dit 'n kort entjie deur die berg met die R536 tot in Hazyview waar ons die week by die Hazyview Cabanas sal oorslaap.

Ons gaan stap 'n bietjie rond om ons bene te rek, en toe ons terugkom het die ape dit reggekry om erens in te kom, en hul self te help aan al ons piesangs en van die brood. Die blixems !

Die einde van 'n baie lekker rustige dag in ;n baie lekker chalet in 'n mooi oord.

31/05/2016

Teen 06:30 is ons by die Kruger-hek, en reg om die dag in die Wildtuin deur te bring. Ons betaal ons daggeld van R70-00 per persoon, en vertrek na die Golfklub by Skukuza waar die Dwerg Langtoon al vir 'n geruime tydjie sy verskyning maak.

Ons soek op en af langs die wal van die dam, maar het aanvaanklik geen sukses nie. Dan stap ons maar vir ingeval om die dam. Halfpad om die dam sien Neil die Dwerg Langtoon op die blare en gras aan die oorkant van die dam. Dit is verskuil agter 'n groot plat rots, en sal nie sigbaar wees van die klubhuis se kant nie. Ons neem baie fotos, maar omdat dit ver is, is die gehalte nie te waffers nie.

Die golfbaan is baie mooi uitgele. Die laaste putjie se bof is oorkant die dam en die setperk is 145 meter weg. Baie spelers se balle beland in die water en die plek waar jy dan die bal plaas is so dat jy nie weer oor die water moet slaan nie. Daardie plek word genoem die "Moffie Boffie" ! (Sien die foto hierby) 

Dwerg Langtoon Op Skukuza Golfbaan Visarend

Later die midddag neem ons die pad na die Phabeni Hek. Ons doen aan by die Nyamunda dam, waar ons baie mooi fotos kon neem van twee Visarende. Na twee dae se Voelkyk staan ons trip lysie nou reeds op 68 spesies.

01/06/2016

Vandag gaan ons weer by Phabeni-hek in. Binne 'n paar kilometer kom ons af op drie jagluiperds naby die pad. Eers stap hulle parrallel met die pad. Later daag daar nog motors op, en stap hulle tussen die motors deur oor die pad. 'n Baie goeie "sighting" so vroeg in die oggend.

 
Jagluiperd naby Phabeni hek 

Ons gaan weer na die Golfbaan, maar vanoggend sien ons nie weer die Dwerg Lngtoon nie.

Dan ry ons met die H4-1 hoofweg na Onder-Sabie. Langs die pad kom ons af op 5 groepe Leeus - altesame 17 leeus sommer so in een oggend. By 'n groot klomp motors wat langs die pad staan, hoor ons daar is 'n Luiperd in die bosse, maar daar is so baie motors daar dat bitter min van hulle die Luiperd sal sien. Die wildbesigtigings voertuie versper die pad sodanig dat niemand kan verby kom of iets sien nie. Ons ry maar verby tot by Onder Sabie. Daar nuttig ons middagete - al die lekker hoendervlerkies van die vorige aand wat oorgebly het.

     
Groep Leeu-wyfies Ou Maanhaar le rustig in die skaduwee  Wyfie kou aan lekker stuk vleis 
 

Met al die ompaaie wat ons gery het en die besigtigingsby die jagluiperds en Leeus kom ons eers teen 17:30 weer by dieLodge aan.

02/06/2016

Teen 06:30 is ons weer by die Phabeni hek. Vandag gaan ons 'n sirkelroete ry deur kort by die hek regs weg te draai met die 19 kilometer lange S3 grondpad na Pretoriuskop. Ons was skaars op die grondpad toe ons afkom op 'n trop van seker 50 of meer buffels in die pad. Ons moes maar wag tot hulle besluit het om verder padlangs te stap met ons agterna. Op die buffels was gelukkig Rooibek-Renoster voeltjies wat ons so in die ry kon afneem.

Later draai ons weg op die S7 om later op die S10 sirkelroete om die granietberg te ry. Ons sien heelwat voels op hierdie sirkelrroete en bereik Pretoriuskop sonder probleme. In die kamp is daar baie voels te sien en ons kon heelwat suikerbekkies afneem.

Na 'n lekker warm beker cappucino uit die Fortuner se kattebak, neem ons die H1-1 teerpad in die rigting van Skukuza. Ons ry verby die Shitlhawe en transport-dam , maar daar is vandag net 'n paar diere naby die damme.

Ons beland weer by die Skukuza  Golfklub en soek weer die Dwerg Langtoon. Hierdie keer is hy sommer hier teen die wal reg voor die Klubhuis en ons neem honderde fotos om later soveel te skrap dat daar net so 20+ oorbly. Hierdie fonds moes maar gevier word met iets koud!

 
Vlugvoetige Dwerg Langtoon Rooibek Renostervoel op Buffel se rug  

Op pad terug na Hazyview soek ons na die Papagaaie en Visarende van die vorige dae, maar vandag is hulle ook vort. Ons is vroegmiddag by die Lodge en braai 'n lekker dik T-Been met braaibroodjies om die week se kuier af te skuit

03/06/2016

So breek die einde van ons week-lange besoek aan die Kruger Wildtuin aan.

Teen 07:00 vertrek ons van die Hazyview Cabanas, en ry met die R536 terug na en deur Sabie. Aan die voet van die Longtom pas draai ons links af op die R37. Hierdie bergpad roete is ook bekend as die Panorame Roete. Die uitsig daar van bo af is prentjie mooi. Later bereik ons die afdraai na die Sudwala Grotte. Ons ry dan met die R539 oor die Sudwala pas tot by die aansluiting met die N4.

Kort na hierdie aansluiting met die N4 draai ons weer regs af op die Schoemanskloof pad (R359). Hierdie is 'n pragtige roete en neem ons deur sitrusboorde en oor drie passe - Die Schoemanskloof Pas, die Patattanek pas, en die Skaapwagters pas.

Ons eerste stop is weer by die Belfast Wimpy waar ons ontbyt eet. Dan pak ons die laaste skof aan tot by die huis

Dit bring 'n baie interessante en opwindende Voelkyk week tot 'n einde.

Tuisblad