Home:  Toer 1  
 

Ficksburg, Clocolan en Ladybrand

FICKSBURG (p362)

Agtergrond: Die dorp is in 1867 gestig as versterkte vestings van die Vrystaatse Republiek teen die Basoetos. Die dorp is vernoem na Kommandant Generaal Johan Fick. Aan die begin moes elke wit inwoner 200 patrone en voldoende kruit en proviand aanhou vir minstens 10 dae.

Die dorp en distrik is veral bekend vir sy kersies en aspersies. Die kersiefees word jaarliks in November gehou.

Besienswaardighede is die N G Kerk met sy buitengewone klok, die tronkie met 2 selle waar oud Staatspresident  C R Swart gevange gehou is nadat hy vir Hoogverraad aangehou is.

Toer dagboek:

28 Janauarie 2007: Die roete vanaf Fouriesburg tot by Ficksburg is besonder mooi. Mens ry al langs die Maluti-berge. Die pad staan ook bekend as die Maluti roete. Ficksburg is 'n groot plattelandse dorp wat bekend is vir die verbouing van kersies. Hul hou 'n kersiefees gedurende November elke jaar. Ons het oornag in die Munisipale karavaanpark, wat verbasend baie netjies en skoon en boomryk is. Die oornagtarief was R25-00 vir ons twee.

Ons was die oggend voor ons vertrek by die ou twee-sel tronkie waar oud pres C R Swart aangehou is. Volgens 'n bordjie op die terrein word dit onderhou deur die Vader Kestel Voortrekkers. Wat 'n gemors. Dit lyk of mense binne die plek slaap, en die vloere is halfpad opgekap (seker vir brandhout). Ons het die jammerlike toestand van die Nasionale Monument aan die Voortrekkers se hoofkantpoor rapporteer en gou terugvoering ontvang.

Die BLIKPLEk was 'n belewenis om te sien. Om te sien hoe hul iets uit niks maak om te verkoop. Dit is 'n gemeenskaps-innisiatief om mense op te hef. Die dames gebruik o.a. oud-gevangenis en leer hul om sweiswerk te doen. Hul maak enigiets uit skrot en verkoop van "bakkies tot kakkies"

-------------------------------------------------------------------------

CLOCOLAN (p362)

Agtergrond: Die dorp l aan die voet van die Clocolan-berg. Die berg was eers bekend as Hlohlowane (kruin van die geveg) na aanleiding van al die veldslae wat hier plaasgevind het. Daar word vermoed dat die naam Clocolan 'n afleiding is van die naam Hlohlowane.

 

Toer dagboek:

29 Januarie 2007: Die pad van Ficksburg na Clocolan is mooi en al tussen die koppe deur. Dit lyk na 'n vrugbare area, want oral is landerye en beeste. In Clocolan aangekom moes ons weereens soek na 'n inligtingskantoor. Eindelik het ons iemand gekry wat die omgewing goed ken. Te veel dinge om in een dag te sien, maar ongelukkig is van die besienswaardighede op BAIE sleg grondpaaie.

Ons eerste besoek was aan 'n angora-haas plaas. Ons was baie teleurgesteld en kon nie juis iets wys word nie. Selfs die personeel was ongeinteresseerd om ons rond te wys. Ons sal nie weer daarheen gaan nie.

Op 'n BAIE slegte pad verder aan durf ons die pad aan na 'n plaas wat esensile olies vervaardig. Weereens loop ons 'n bloutjie, want niemand was beskikbaar om ons rond te wys nie.

Ons gaan verder op nog 'n slegte pad na Ben Nevis waar hul 'n gaste plaas het en Kersie likeur maak. Ons is baie vriendelik ontvang, en na ons wyn geproe het en 'n paar bottels likeur gekoop het, het ons in hul pragtige tuin middagete genuttig. Die eienaar was besig met middag-ete, en het ten spyte daarvan, het sy ons baie vriendelik ontvang en oral rondgwys. Dit is wat toeriste laat terugkom en geld daar spandeer.  

Hierna is ons na die plaas Umpukoane waar die aller pragtigste gekleurde aronskelke gekweek word vir die uitvoermark. Ons was teleurgesteld omdat ons nie die blomme op die lande kon sien nie, maar dit is net moontlik op Vrydae en per afspraak (sien foto's). Die eienaar het ons egter baie vriendelik ontvang en ons kon oral rondkyk en fotos neem. Dit was 'n pragtige gesig om al die gekleurde blomme te sien.

-------------------------------------------------------------------------

LADYBRAND (p363)

Agtergrond: Die dorp is in 1867 gestig aan die voet van Platberg, en is vernoem na lady Catharina Brand, vrou van sir Christoffel Brand, eerste speaker van die Kaapse parlement.

Die gebied is ryk aan fossiele uit die steentydperk en die enigste fossiel van 'n Diathrognatus is hier gevind

Besienswaardighede is die grotkerk op die plaas Modderpoort wat in 1869 ingewy is.

 

Toer dagboek:

29 Januarie 2007: Dit is 'n besondere mooi dorp wat ryk is aan geskiedenis. Jan Oberholzer , die inligtings-beampte was baie hulpvaardig en weet baie van die dorp en omgewing. Daar is heelwat geboue wat nasionale Monumente is en gelukkig in goeie toestand is. Die Catharina Brand museum is egter deur die nuwe bewindhebbers gesluit en van alle oudhede "gestroop" Dit is nou 'n "coffee shop". Ongelukkig was daar steeds oral in die dorp rigtingwysers wat die museum aandui.

Ons het oornag in die Little Rocks (Leliefontein) karavaanpark.

Die volgende oggend was ons by 'n interessante handwerk / klipwerk winkel. Ons het gesien wat die mense alles uit sandsteen kan maak en het 'n paar items aangekoop vir die kinders by die huis.

 

Tuisblad       Volgende