Tuisblad:  Toer 8  
 

 Laingsburg, Sutherland

 

LAINGSBURG

Agtergrond: In 1862 het Stephanus Greeff die plaas Vischkuil-aan-de-Buffelsrivier gekoop met die doel om hier 'n dorp te stig. Die dorp het eers gestalte gekry toe die spoorlyn in 1879 die area bereik. Die stasie is eers Buffelsrivier genoem, maar later is dit verander na Nassau. Later is die naam weer verander na Laingsburg. Die dorp is in 18881 uitgel, en die dorp het munisipale status in 1904 verkry. Aanvanklik was daar 'n bepaling dat daar 'n trekpad van 800 voet deur die dorp moes wees. Dit het dorpstigting byna gepootjie. John Laing, die Kommissaris van Kroongrond, het toe ingegryp, en die bepaling gewysig tot 150 voet (50 meter). Uit dankbaarheid het hul die dorp toe Laings Town vernoem. Die mense het spottender wys na die dorp verwys as "Links Toon" waarna die naam verafrikaans is na Laingsburg.

In 1981 het 'n verwoestende vloed die dorp getref en byna al die huise in die dorp verwoes. Slegs 21 huise en die NG Kerk gebou het oorgebly. (Die huis waarin Johann grootgeword het, is een van die 21 wat bly staan het). Altesaam 104 persone was vermis en is vermoedelik dood, waarvan net 32 lyke gevind was. Die water was meer as 2m diep in die hoofpad van die dorp toe die vloed op sy hoogste was

Toer Program:

Dag 480
22
/06/2010
(oorblywend: 39)

In digte mis is ons uit Ceres weg op pad na Laingsburg. Halfpad teen die Theronsberg-pas uit ry ons onder die mis uit in helder sonskyn. Die pad na Laingsburg is is gou agter die rug en ons kry die karavaanpark net langs die Engen garage. Hulle is nogal duur teen R140-00 per nag, maar ons boek in vir 3 nagte. Ons gaan stap deur die dorp om te kyk wat oorgebly het, en beland later by die Inligtingskantoor. Snaaks hoe die "lang afstande" wat kleintyd gegeld het, nou sommer "naby" is. Ons reel vir 'n vertoning van die vloed DVD vir Woensdag middag.


      Ayoba Ingang tot dorp                            Johann se huis as kind                   Ou dae se  Hotel, tans gastehuis        Biltong winkel - vroeer Bloom's

                                                   Vloed museum kompleks                                                     "Merwe huis"                         "Goodman's se huis" , nou gastehuis

                Mooi golfbaan                                                N G Kerk                                          Binne kerk                                         Ou kerksaal met "spook"

SUTHERLAND (p150)

Agtergrond: Die dorp l op die eskarp van die Roggeveldplato. Dit is een van die koudste plekke in Suid Afrika. Die dorp is as 'n NG Gemeente op die plaas De List gestig. In 1857 is 50 woonerwe opgemeet. Die dorp is vernoem na ds Henry Sutherland wat predikant van die gemeente op Worcester was. Die dorp het in 1884 munisipale status gekry. By Sutherland is daar 'n Sterrewag wat sowat 15 km oos van die dorp gele is. Dit is die grootste sterrewag in die Suidelike Halfrond.

Toer Program:

Dag 481
23
/06/2010
(oorblywend: 38)

In ysige koue weer vertrek ons na Sutherland. Die termometer staan op 3C en al die ruite van die Fordjie is toe ge-ys. Na 'n paar kilometer is die ruite weer skoon. Sutherland is sowat 138 kilometer weg en ons bereik dit net na 10:00.

Langs die pad kry ons 'n boer wat met sy 1,000 skape na sy winterplaas trek. Dit neem hul 4 dae om bo van die plato na die laer liggende plaas te trek, 'n afstand van sowat 75 kilometer. In Oktober trek hul weer terug, en dan neem dit net 3 dae. Die skape is dan haastig om by die huis te kom! Bo teen die Verlatenkloof pas is nog heelwat sneeu oor wat verlede week Maandag hier geval het.

In Sutherland aangekom, gaan ons na die "i" en vind uit dat by die SALT (South African Large Telescope) is die toere net om 10:30 en 14:30. Die teleskoop is sowat 15 km uit Sutherland. Ons bel om te hoor of ons nog die toer kan kom meemaak, maar hulle s dat die oggend toer reeds vol bespreek is. Dit blyk dat mens liewers vooraf moet bespreek aangesien hul net twee maal per dag toere onderneem , en dan net vir beperkte getalle. (telefoon nommer is 023 571 2436). Hulle s  dat ons wel later kan kom, maar dan kan ons net van buite na die teleskoop gebou kyk. Kostes is R30 per persoon vir die toer.

Ons gaan toe maar eers na Halley-s-kom-eet Restaurant/koffiewinkel en geniet lekker vars en warm pannekoeke en tee. Dit was medisyne vir die koue weer buite.

Teen 11:30 bereik ons die SALT terrein en kon net deur uitstallings in die besoekers area stap en later teen die bult op ry om die teleskope geboue van buite te sien. Daar was heelwat voertuie wat die oggend toer meegemaak het.

Terug in die dorp bel ons vir Jannie van die NG kerk (023 571 1258) en sluit hy vir ons die kerk oop en vertel ons die geskiedenis van die kerk. Alle bouwerk is uit soliede sandsteen blokke gebou, selfs die balkonnetjies teen die toring soos op die foto regs onder. In 1901 het die Engelse soldate die kerkgebou ge-annekseer en as hul barakke gebruik. Nadat hulle uiteindelik die gebou verlaat het, moes die gebou teen groot kostes weer herstel word. Hulle het glo selfs hul perde binne die kerkgebou aangehou, en die banke as brandhout gebruik.  

In die hoofstraat is 'n aantal ou geboue, meestal gebou van dieselfde sandsteen as waarvan die kerk gebou is.

Op pad terug na Laingsburg doen ons weer by Matjiesfontein aan.


             Op Trekpad                                             Halley-s-kom-eet                                                                                 N G Kerk 

                                                                                                               Binnekant van N G Kerk

                                                                                                                  Ou geboue in hoofstraat

                                                              SALT (South African Large Telescope) en SAAO

Terug in Laingsburg gaan ons na die Toerisme buro. Ons het die vorige dag met die vriendelike Uan Speake gereel om die video oor die vloed van 1981 te kom kyk. Dit is ongelooflik dat soveel skade in so 'n dorre landskap deur water in so 'n kort rukkie aangebring kon word. Baie van Johann se sloolmaats en kennisse het in die vloed gesterf. Sommige is nooit gekry nie. Johann se ouers was reeds weg uit Laingsburg nadat hulle op Joubertina gaan aftree het. Sy Pa was baie ontsteld oor die skade en lewensverlies. Hy was byna 30 jaat hier onderwyser en die meeste van die mense was goed aan hom bekend as skoliere.

Dag 482
24
/06/2010
(oorblywend: 37)

Vandag is opsy gesit om deur die dorp te stap en alles te bekyk. Ons loop langs al die oorblywende strate en beland uiteindelik by die kerk. Die ou kerksaal se deur was oop, en binne ontmoet ons vir Ernst Botes. Hy is tans die koster en hy sluit ook vir ons die kerk oop. Johann wys vir Elsie waar hulle altyd in die kerk gesit het - sonder hul Pa, want hy was altyd, so lank as wat Johann kan onthou 'n ouderling, en die ouderlinge het apart regs van die preekstoel gesit. Ernst was nie bewus dat die ou saal 'n verhoog gehad het nie. Johann hulle het in die ou dae altyd hier skoolkonserte aangebied. Die spreiligte buite die kerk, het skuinsweg deur die saal se vensters geskyn, en die spookbeeld op die verhoog veroorsaak. Baie mense van oraloor het altyd na die "spook" kom kyk. Vandag is die verhoog weg en die spook seker daarmee saam.

Ons besoek ook albei die skole. Die oue is anderkant die spoorlyn waar Johann van Sub A (graad 1) tot matriek skoolgegaan het. Die nuwe skool is nou wes van die rivier gebou en is 'n pragtige gebou wat goed instand gehou word. Die werkers laat ons binnegaan, en Johann kyk met heimwee na al die ou fotos, waarvan baie uit Johann se skooldae dateer. Heelwat fotos van sy Pa as skoolhoof en Ma as kleuterskool onderwyseres is teen die mure opgeplak.

Daarna gaan ons na Floriskraaldam so 20 km buite die dorp. Baie van die oorledenes gedurende die vloedramp is skynbaar tot in die dam gespoel en is nooit gevind nie. Ons ontmoet hier vir Jan Crafford wat by die damwal bly, en ry op tot bo by die damwal. Die dam is redelik vol en l glad soos 'n spieel in die Karoo son.


                          Ou Skool                                    Nuwe skool                                                      Skoolwapen                                      Ons ou skooldrag

                                                      Floriskraal Dam                                                                      Polisiestasie                           Landdroskantoor & Poskantoor

                 Lutherse Kerk                                               Buffelsrivier:     Padbrug            &      Treinbrug    

 

VOLGENDE