Lesotho

19 Maart 2014

Vandag is Janet se verjaarsdag, en vroeg-oggend wens ons haar geluk.

Ons pak op en teen 08:30 is ons gereed om te vertrek. Ons roete vandag is via Clarens, Fouriesburg, deur Lesotho tot by Maseru en dan slaap ons oor by Ladybrand

Ons besluit om nie op Clarens die brandstof aan te vul nie, maar om tot by Fouriesburg naby die Lesotho grens te ry. Dit was amper 'n ramp. Die eerste twee en enigste garages waar ons aandoen het geen brandstof nie. Hul se ons moet maar na Betlehem, Clarens of Ficksburg gaan vir petrol. Gelukkig kom 'n jong mannnetjie en sy meisie daar verby, en hul se ons moet by die OVK Ko-operasie probeer. Die motors staan 'n lang tou en ons kom gelukkig gou daar reg. Wat 'n amperse trein smash!

Van Fouriesburg ry ons na die grenspos by die Caledonspoort en daar is min formaliteite om daar deur te kom. By die Lesotho kant se hek moet ons M30 (Maluti 30 = R30) betaal as "tolgeld". Die paaie is oor die algemeen in 'n baie goeie toestand maar plek-plek waar die teer weggekalwe is, moet mens maar stadig ry. Gelukkig was die slegte plekke maar min. Nerens is daar spoedgrens borde nie, behalwe as jy naby 'n dorp (stad) kom, wys hul 50. Nerens word die spoedgrens aangedui as jy deur die woongebied is nie. Ons ry maar 80 en hoop dis binne die perke.

Die roete neem ons via Bothe-Bothe, Hlotse, Maputso, Peka, Kolonyama, Taya-Teyaneng en ons eindig by Maseru. Die dorpies is besig maar oor die algemeen is daar goeie huise. Ons sien nie "Plakkerskampe" nie. Maseru is 'n baie groot en netjiese stad met moderne geboue. Ons ry so half langs die stad verby en gelukkig nie deur die middestad nie

So 30 km noord van Maseru is daar baie kalsteen en oral langs die pad het die manne 'n steengroef vir hul afgesteek en myn hul sandsteen. Dit word met beitels gekap vir stene, plaveisel en selfs grafstene. Dis 'n besige stukkie myngrond !

Daar is honderde taxis in Lesotho. Almal het so 'n bree geel / oranje streep op die kant van die voertuie geverf. Hulle ry nogal heel besadig en skynbaar binne die aan ons onbekende snelheidsperk..

Dan beland is net buite Maseru by die Maseru-brug grenspos. Daar is dit net tjap-tjap en ons is deur en terug in die RSA

Ons bereik Ladybrand wat nie ver van die grenspos is nie, en boek in by die Little Rock vakansie-oord. Ons rondawel is heeltemal gerieflik

Johann ry dorp toe om na 'n  "auto-electrician" te soek. Ons koelkas se sigeretaansteker prop het 'n kortsluiting veroorsaak en ons sigaretaanstekersokke waarmee die koelkas en selfoonlaaier werk, is buite werking. 'n "fuse" het seker beblaas. Ek kry die Hyundai garage en die twee jong manne in die werkswinkel kry gou die fout, sit 'n nuwe sekering in , toets die kabel en vind daar is toe 'n kortsluiting. Gou-gou is dit reggemaak, die stelsel getoets en daar werk alles weer. Intussen het ek gaan nuwe sigaretaansteker proppe koop, en dit is toe eintlik verniet gedoen. Wel nou het ons "spares" en ons koelkas / vrieskas werk weer

 

Noordelike landskap Noordelike landskap Die rots gaan nog val Straatsmouse
 
Straat toneel Straat toneel Hulle is oral. Hier by Taxi  
   
Klipwerf Klipwerf    

Verblyf:  Little Rock Karavaanpark      www.safarinow.com/go/LittleRockHolidayResortLadybrand   Tel 051 924 0260    Littlerock@vodamail.co.za

Vervolg            Tuisblad