mabalingwe

 

14 Mei 2014

Met groot afwagting pak ons die nuwe Conqueror met ons kosvoorraad en klere. Gelukkig het ons nog van ons ou Motorwoonwa se kampgoed oorgehou en met alles wat kan in, is ons reg vir die eerste toetskamp. Ons gaan vir 'n week kamp b1y Mabalingwe waar ons as deel van die transaksie 'n gratis naweek by die karavaanpark gekry het. Ons het 5 verdere dae geboek om die kampeerdery behoorlik uit te toets.

Ons ry heel gemaklik met die Tuscan en die sleepwa pla niks. Ons bereik Bela-Bela sonder probleme, en maak vol om brandstof verbruik te toets.

By Midas koop ons 'n "Block&Tackle" wat ons moet gebruik om die sleepwa by die huis onder die afdak in te kry. In Johannesburg was daar nerens 'n winkel wat ons van een kon voorsien nie.Elleen wat ek besoek verwys my na 'n ander tot die laaste een my weer terug verwys na die eerste een! Toe probveer ons maar die platteland waar daar meer boere is.

Ons bereik Mabalingwe wat sowat 25 km wes van Bela-Bela is en kry 'n lekker koelte staanplek onder groot koeltebome en teen die grensdraad. Njalas en Rooibokke loop op en af teen die draad hier vlak by ons staanplek verby. Ons hoef nie eens te ry om wild te sien nie !

Conqueror Comfort by Mabalingwe

Die uitsig van ons voorstoep en net anderkant die draad.

Njala Bul Njala Ooi

Die eerste nag in die kampwa verloop heel rustig en slaap ons heel gerieflik

15 Mei 2014

Vroegoggend ry ons na die wildskamp om voels te soek. Ons kry 'n redelike verskeidenheid en kon 'n paar spesies mooi afneem.

Die middag kom trek twee families Engelse reg langs in en slaan kamp op met twee tente op een staanplek. Hulle staan die hele "plot" vol. Die aand word daar luid gekuier tot laat die nag. Wat het geword van bedagsaamheid onder kampeerders

16 Mei 2014

 Ons ry weer deur die westelike wildskamp, maar vandag is die voels maar skaars. Ons gaan weer na die oostelike gedeelte en waar ons gister baie voels gesien het, is daar werklikwaar vandag niks.

Na ontbyt ry ons oor na Koro Koro om te kyk hoe dit daar lyk. Ons gaan van volgende Woensdag vir 'n week daar kamp. Ons ontmoet die baie vriendelike eienaars, en gaan soek vir ons 'n koelte staanplek wat 'n lekker gras staanplek is en nie te ver van die ablusiegeriewe nie..

17 Mei 2014

Langs ons se kampeerders en hul kleintjies het geen respek vir "ou kampeerders" nie. Almal rondom ons kla oor die geraas wat tot laatnag aanhou. Almal praat kliphard en die kleintjies probeer nog harder skree. Elsie praat hul laatnag aan en hul bedaar effe. Gelukkig gaan hul more terug huistoe.

19 Mei 2014

Ons neem ons opvoustoele en gaan sit langs die Buffelwatergat waar ons weet die voels kom drink so teen 09:00 in die oggende water. Met baie geduld daag hul so streep-streep op en ons kon hul mooi beskou en fotos neem. 'n Paar van die fotos word hieronder geplaas. Dit trek toe en die windjie raak later te koud en ons gaan maar terug kamp toe.

20 Mei 2014

Ons laaste dag en ons gaan weer Buffelwatergat toe. Dit is 'n goeie plek om die klien voeltjies af te neem en te bekyk. More ry ons so 10km terug Bela Bela se kant toe om by Koro Koro karavaanpark te gaan uitkamp. Die nag reen dit saggies en alles is die oggend nat. Die fyn blaartjies wat uit die bome val soos die Blou-apies daarbo hardkloop sit alles vas aan die nat seile. Ons kry 'n helper om ons te help opslaan en sommer gou is ons reg om te ry

 

Verblyf: Mabalingwe Natuur Reservaat  Tel 014 736 9050  E-pos: reservations@mabalingwe.co.za

Tuisblad      Volgende