mahango          

 

03/09/2015

 
Klik op kaart en fotos Totale afstand: 56 kilometers

 

Die laaste aand van ons verblyf by Shakawe Lodge, daag van ons Facebook vriende wat byna dieselfde roete as ons ry, daar op. Ons kuier die aand saam met Roline en Hardi Visser. Johann braai sy Krokkodil Sosatie, maar Elsie wil nie haar mond daaraan sit nie. Nie nadat sy hulle pleitende oë daar in die slaghokke gesien het nie!  

Vanoggend is dit opstaan en op pak om weer die kort afstand tot by Nunda Lodge in Namibia te ry waar ons twee verdere nagte gaan oorbly om die Mahango reservaat te gaan kyk.

By die Botswana grenspos is dit net tjap-tjap en ons is weg. By die Namibia se grenspos moet ons eers weer vorms invul. Ons paspoorte word gestempel en die klerk sê ons kan nou maar ry. Toe ons by die kontrolepunt kom, stop die meneer ons en sê ons moes weer Padfooie betaal het. Al stry ons met hom dat ons 'n drie maande permit betaal het, laat hy ons net daar by die hek stop sodat die ander motors kan verbykom, en Johann moet al die pad terugstap na die grenspos en weer N$394 betaal. Verdomp.

Hy kom staan in die kantoor om te sien dat ons betaal, en sê toe ons kan NOU maar ry. Hulle wys vir ons die fynskrif onderaan die permit, dat as jy Namibia verlaat gedurende die drie maande wat die permit geldig is, verval dit outomaties, en moet jy weer betaal as jy die land binnekom. Al is dit vier dae later. Les geleer.

Teen skemer maak ons 'n bottel Old Pulteney whisky oop wat ons by Jacomine vir die toer gekry het. Dit was die eerste rustige aand waarop ons die PELS Visuil kon vier met 'n heildronk.

Heildronk op die PELS Elsie, Hardie en Roline Visser

04/09/2015

Nunda Lodge is 'n werklike netjiese en goed bestuurde vakansie oord. Die diens en geriewe is hoogstaande teen bekostigbare pryse. 

Ingang na Nunda Lodge Dek met bote Operlug rondawel op dek
Lounge Kroeg Skaap Potjie
Tradisionele Danse Tradisionele Danse Tradisionele Danse

Vandag ry ons na die Mahango Core Area Wild reservaat. Dit was bewolk en kouterig,  29 °c, soveel so dat ons truie aangetrek het !

Later trek dit oop en die son skyn heerlik. Ons sien dan ook met die terugry langs die rivier meer voels en diere as met die inry. Net voordat ons die park verlaat, sien ons langs die pad op ;n droee vloedvlakte meer as 60 Swart Witpense en Roan Antelopes. Dit is 'n gesig wat ons nie gou weer sal sien nie 

     
Swart Witpense (Sable Antelope) en Roan Antelope in die Mahango Reservaat,    
 

Op pad terug na Nunda, ry ons in by Mahango Lodge en ook Ngepi Kamp. Wat kampplekke en geriewe betref, is daar nie 'n vergelyking tussen Nunda se standaard en die van die twee ander oorde nie. op pad met die redelike slegte pad na Ngepi is daar 'n paar draaksteek kennisgewingsborde, oa. hierdie een

   
Draak steek met Land Rover   

Wi Fi :       Wi-fi by Nunda Lodge teen reelike spoed.
Kaarte :     Aanvaar kredietkaarte by die Lodge.  Aanvaar nie kredietkaarte vir brandstof in die dorp Divundu nie
Brandstof Prys : N$11.22    (Ou soort diesel)
Verblyf :     Nunda River Lodge.   Tel 0264 66 259 093  www. nundaonline.com          

 

Tuisblad              Botswana toerskedule          Volgende