Tuisblad:  Toer 8  
 

Die MANNE kom kuier by Yellow Sands

 

 

Dag 210
25/09/2009
 

Dis skoolvakansie, en Johann en Mickail Joubert vlieg op vanaf Kaapstad na Oos London om vir die week by Oupa te kuier en te kamp. Hulle land so teen 13:30 en na al die formaliteite afgehandel is, vertrek ons na Yellow Sands. Eers moes ons by Pick n Pay stop vir Rooibos tee, tou en gom, en toe by Pep vir 'n swemhanddoek. Laastens by Outdoor Warehouse vir 'n visstok. Ons ekstra visstok wat ons by Gerrit Lotz by Tugela gekry het, was bo-op die motorwoonwa se dak vasgemaak,. Erens langs die pad moes ons onderdeur 'n boom gery het, want die voorste stuk het morsaf gebreek. Ons kan darem nie tussen drie manne net een visstok he nie.

By die kamp aangekom, was dit gou uitpak en wys waar alles is, en toe moet daar gespeel word. Ons stap af see toe, en toe Johann  jnr die water voel, hardloop hy terug motorwoonwa toe om sy en Mickail se swemklere te gaan haal. Die water is vir 100 meter of meer so heuphoogte en die twee het tog te lekker in die warm vlak water baljaar.

Terug by die kamp moes Mickail fyn houtjies kap en Johann jnr moes die vuur aansteek. Dit was skaars klaar of die twee vat die pad na die speelpark waar daar 'n trampolien, swaaie, jungle gym  ens is. Voor sononder het hulle pelle gemaak met van die ander laaities en speel hul raakrugby op die gras by die speelpark. Vanaand sal hul moeg gejol wees.


           Alzan  Swanepoel

Ons hoor ook dat ons dogter Bea en haar man Werner, vanoggend 'n baba dogter, Alzan, ryker geword het. 'n Nuwe sussie vir 'n baie opgewonde Ine en Kyla. Glo 3.3 kg en altwee is fris en gesond. Nou is daar 6 kleinkinders - twee seuns en vier kleindogters. (Nog fotos op Oos London Webblad)


                                                Aankoms Oos London                                                                                            Speel in branders        

                   Wawiele                                                                                  Maak reg vir Vleisbraai                                                                 Strand toe

Dag 211
26/09/2009
 

Ons staan vroeg oggend op en maak hotdogs vir ontbyt. Die laaities trek hulle swemklere aan en ons pak 'n piekniek rugsak met allerhande lekker goed en drinkgoed. Ons stap al langs die strand van yellow Sands, verby Glen Gariff tot by die strand by Glen Eden. Dit is so 3.5 in elke rigting. Met al die gespelery en skulpe optel, het dit ons 1.5 uur in elke rigting geneem. By Glen Eden het Johann jnr in die see gaan swem. Daarna het ons agter rotse gaan sit om piekniek te hou. Al twee se Jelly Tots het in die sand geval, maar ons spoel dit af in die seewater, en toe smaak dit eers lekker.!

Hierna is hulle teen die ho en steil sandduin uit en rol hulle van bo af. Dit was groots sports.


                       Slaaptyd                                                                                                                 Skulpe optel

                                                                                Pret op sanddduine                                                                                         Piekniek langs die strand

Terug by die kamp is dit weer lagoon toe. Johann jnr het geswem en Mickail het 'n put gegrawe tot hy water gekry het. Middagete was pizas en vir Mickail vrugte slaai. Na ete is hul weer weg speelpark toe om op die trampolien te spring. Hope surplus energie om van ontslae te raak!. Vanaand sal hulle moeg wees!


                                                             Speeltyd                                                                        Stokbrood                                       Chops en stokbrood

Dag 212
27/09/2009
 

Vandag was maar 'n koue, bewolkte dag en ons kon nie veel doen nie. Johann jnr het probeer swem maar die water was te koud. Die manne het omtrent heeldag op die trampolien gespring en tricks geleer. Albei kan nou "bollemakiese' in die lug doen. Mickail was bietjie oorywerig en het met 'n "battle scar" by die motorwoonwa aangekom. Dit het hom nie gekeer om weer terug te gaan nie.

Ons het gaan riete kap om meubels mee te maak, en sal dit doen as dit more reen


                                                   Trampolien spronge                                                             Lekker "shiner"

Dag 213
28/09/2009
 

Dit reen die hele nag, en ook nog kort-kort gedurende die oggend. Dit keer nie die trampolinespringers in die minste nie. Hulle spandeer behalwe vir sowat 'n uur, die hele oggend op die trampolien. Die enigste keer wat hulle daar wegkom is toe ons teiken skiet met die BB Gun, en toe hulle honger word.

 
                                                                                                                            BB Gun                                                                                                        

                    Body Slam                                                                                                         Stoeltjie bou

                                           Uittoets van Stoeltjie                                                            Body Slam                                  Front Flip    

Dag 214
29/09/2009
 

Die dag begin koud en reenerig, maar so teen 11:00 klaar dit effe op en kon ons strand toe gaan om te gaan hengel. Dit was nie baie suksesvol nie.

Na middagete gaan stap ons deur die bos na die boot lanseerplek en stap toe al langs die rivier terug kamp toe. Die manne het baie lekker baljaar in die modder en was van kop tot tone van die modder besmeer. Hulle het probeer skaats op die gladde modder. Hulle moes hul maar agterna in die see afwas. Gelukkig was dit toe effe warmer en het die son daardie tyd vir 'n kort rukkie geskyn. Later trek dit weer toe en word dit sommer baie koud. Terwyl ons vleis braai het dit weer saggies begin reen.

So tussendeur het hulle weer gaan trampolien spring en het ons 'n BB Gun skietkompetiesie tussen ons gehad. Al drie van ons kon later 4 uit 4 keer die teiken raakskiet. Hulle kan nie ophou met skyfskiet nie. Ons tel al die koeels wat ons kry op en skiet dit oor en oor.


                                                       Hengelaars

Dag 215
30/09/2009
 

Vanoggend skyn die son vir 'n verandering, alhoewel die weervoorspelling toon hier is 'n 60% kans vir reen en donderstorms vandag. Die meeste van manne se klere is baie nat van al die speel in die water en modder, en ons hang dit maar uit om te kyk of dit droog word voor ons dit inpak. Oormore is hul weer vort  Kaap toe. Ma sal maar moet klere was, want oupa is nie so behendig mjet die wasmasjiene nie.!

Vroegoggend, net na ontbyt, is hul weer weg na hul gunsteling plek - die trampolien. Hulle is nou baie behendig met die tricks op die springmat. Daarna was dit af see toe waar hulle saam met nuwe maats (ook van Durbanville) gate in die sand gegrawe het met walle om sodat die see nie daarin kan stoot nei. Dit was groot sports toe dit begin hoogwater word en die branders daaroor probeer spoel.

Namiddag was dit nog steeds die ongekende mooi sonskyn, windstil dag en ons stap weer deur die bos en langs die rivier terug. Hulle was weer besmeer van die modder en moes lank swem om die modder af te was.

Vanaaand is hulle liggies flou

Dag 216
01/10/2009

 
                Oupa verjaar

Dit is 'n baie koue en nat dag. Dit het die hele dag gereen. Gelukkig het ons gister al die nat klere ens in die son gedroog. Ons ry na Beacon Baai om die manne se fotos te laat ontwikkel en gaan vir 'n verjaarsdag ete na die Wimpy by die nuwe groot Hemingway sentrum by Two Rivers, net buite Oos London. Dit is glo die 12de grootste kompleks in Suid Afrika. Johann jnr het veral die bottomless coke ter dee geniet. Op pad terug gaan maak ons 'n draai by Gonube, maar dit was te nat om uit te klim en op die plankiespad te stap.

Terug by die kamp het die manne aan hul dagboeke gewerk en al die fotos op hul regte plekke geplak. Die res van die dag kon hul af en toe, as die reen ophou, bietjie skyfskiet met die BB Gun. Verder moes ons maar binne bly en het hul TV en na Jeff Dunham se poppe gekyk.

Dag 217
02/10/2009

Die manne was vroeg wakker en baie opgewonde oor die terug vlieg huis toe. Dit is 'n pragtige, windstil, sonskyn dag, en na gister se reenweer, is dit jammer dat dit nou juis vandag is wat hulle moet huistoe vlieg.

Na ontbyt skiet hulle weer met die BB Gun en raak nogal handig daarmee. Ons neem die verkykers en stap deur die kamp om vols te soek. Na 'n uur wil hulle terug motorwoonwa toe, want dis duidelik hulle aandag is nou nie meer by die kampery nie, maar op die terugrit.

Ons maak alles droog wat nog nat was en pak die tasse. Kort-kort vra hulle hoe laat ry ons. Hulle begin seker nou verlang huis toe. Ons maak reg om lughawe toe te ry. Die vlug is 45 minute vertraag, maar uiteindelik is hulle ingeboek en op pad huis toe.

Terug na Oos London Webblad