Maun     

 

 
Klik op Kaart en fotos Totale afstand : 142 kilometer

12/08/2015

Die pad van Tiaans Kamp by die Dikgadikgadi panne is 'n goedgeboude teerpad. Die roete neem ons verby Motopi, en sluit dan aan by die A3 wat van Nata na Maun loop.

Ons bereik Maun sonder probleme, en gaan langs die roete deur een van die Vee-artseny poste. Hulle bevestig dat as ons weer vanaf  Maun Ooswaarts na Nata ry, ons geen rou vleis mag deur die kongrolepos neem nie.

Ons gaan kyk eers na die Okavango River Lodge, maar besluit om eerder by die Island Safari Lodge te gaan kamp. Die tariewe is dieselfde, maar die algemene indruk is dat Island Safari Lodge meer na ons smaak is. Ons nuwe vriende, Hans en Annemarie, sou ook by Island Safari gaan kamp.

Ons vind terselfertyd uit wat 'n dag bootvaart op die Okavango Delta sal kos. By Okavango Lodge is dit P1200 per persoon, terwyl by Island Safari is dieselfde rit P855 per persoon. P700 vir die twee van ons = R910 goedkoper vir dieselfde bootvaart !

Ons bespreek vir die vaart vir ons en twee ander gesinne wat saam met ons hier kampeer vir Vrydag.

13/08/2015 - MOREMI

Ons besluit om die dag na die Moremi Wildreservaat te ry.  Hans en sy vrou Annemarie ry saam met ons, en Nico en sy vrou Ina, ry in hul bakkie agter ons aan.

Die eerste stuk pad tot by Shorobe, 37 kilometer is geteer, maar daarna beland ons op 'n baie slegte en sanderige grondpad vir ongeveer 53 kilometer totdat ons die Suidelike ingang na Moremi bereik. Daar betaal ons die fooie van P120 per persoon en P50 vir die voertuig. Ons kry 'n dagpermit, en ons vertrek die reservaat in.

Die pad is sanderig en sleg en mens kan so teen 15 na 20 km/u ry. Langs die pad sien ons baie mooi wild, o.a Olifante, Zebras, Blouwildebeeste, Rooi Hartbeeste, Rietbokke, Kameelperde, Vlakvarke en Impalas. By een van die waterpanne wat ons met die 'n ompaadjie, die Mokowane Loop , bereik, sien ons 'n groot hoeveelheid Pelikane, Lepelaars, Maribo's en ander kleiner watervoels.

Ons bereik 1ste Brug, en sien met verwondering hoedat die brug met los pale oor die water gebou is. Soos jy oor die brug ry, lig die pale weerskante van die voertuig op, maar gaan le weer op hul plek. Ons is al twee veilig oor, en nou le 2de Brug voor. Die pale hier is al stukkend gery, en ons pak dit eers mooi reg voor ons oor die brug ry.

Anderkant 2de Brug draai ons regs af in plaas van links en ry deur 'n stuk sandpad wat die Fortuner in 4-trek laat brul om deur te kom. Anderkant die stuk sandpad hou ons by 'n toergids stil en wag vir Nico. Hy was nie so gelukkig nie, en val tot op die as vas in die sand. Gelukkig bied die toergids aan om ons met 'n ompad na Nico te neem en sleep hy hom sommer ook uit. Hy vertel vir ons  van drie leeus wat so 'n kilometer daarvandaan onder 'n bos le en slaap, en ons ry verder op die "verkeerde" pad, en sien toe ook die drie maanhare wat rustig le en  slaap. Die verkeerd ry het toe darem vrugte aafgewerp.

Ons volg toe die toergids se aanwysings en bereik 3de Brug waar ons middagete nuttig. Na 'n ruskansie van sowat 'n uur, pak ons die pad aan terug na Maun. Die keer verloop alles vlot, en ons bereik Main net na 17:00. In die 11 ure wat ons op die pad was het ons 260 kilometer se sand en grondpaaaie gery wat albei voeruie tot die uiterste beproef het

Ingang na Moremi Ingang na Moremi 3rd Bridge
Kiosk by 3rd Bridge 3rd Bridge Vasgeval in die dik sand
 
Oor 2nd Bridge    
 
'n Paar van die diere wat ons in die Moremi gesien het
Zebra  Koedoe  Olifant 
     
3 Maanhare  Rustig slaap hy Rietbok 
 

14/08/2015 - CHIEFS ISLAND

Ons het 'n bootrit geboek om na Chiefs Island te ry. Hans en Annemarie, Nico en Ina en twee Hollanders gaan saam op die toer. Ons skipper se naam is Vincent.

Teen 06:30 vertrek ons van die Lodge se jettie en volg die loop van die Boro Rivier in die Delta in.. Ons bereik later na ongeveer 20 kilometer die Boro gehuggie, waar ons gids Vincent woonagtig is. Dit is ook die depot vir die mokorros wat toeriste die Delta in neem om te gaan kamp. Daar gaan betaal Vinvent eers ons permit fooie en die dames besoek die " smart" toilette wat spesiaal vir die toeriste gebou is. (Sien foto) Vir die volgende 4 ure ry ons deur die kanale vir 'n goeie 40 kilometer tot by Chiefs Island.

Langs die roete is die kanale soms diep en ry ons teen 'n vinnige spoed. Soms is dit vlak en ry ons baie stadig oor die sandbanke. Op party plekke is die kanaal seker 100 meter wyd, en op ander is dit skaars so wyd as die boot. Die kanale kronkel heen en weer en soms met skerp draaie. Dit was opwindend om teen hoe spoed deur die kanale te vleg en soms die skerp draaie op volle spoed aan te durf.

Fotos van ons uitstappie per boot op die Boro Rivier in die Okavaango Delta:

Sons-opkoms op Boro Rivier Vincent ons skipper se boot Toeriste bote op Delta Riviere
Lodge langs water front Die dorpie Boro Die dorpie Boro
Die dorpie Boro se landingsplek Boro se "Smart Toilette" Die dorpie Boro
Toeriste wat uitslaap op die eilande kom terug Toeriste se eiland bagasie Smal kanale in Delta
Ons groep op ons boot Ons Wimpy boom Ons kospakkie
Visarend Visarend Water Olifant
 
Die manne is vrek bang vir die seekoeie "Water" Olifant  

Ek sou graag my GPS wou saamneem om te kon sien tot waar ons die dag gery het. As ons dit ooit weer doen, sal ek een saamneem. (Goeie wenk vir lesers van die webblad)

15/08/2015 - MAUN

Ons ry na Maun om inkopies te doen, asook die motor te vul en wiele te pomp.

Ons gaan vra by die Mascom (Cellfoon) winkel om te kyk hoeveel lugtyd nog op die foon is. Die dame kyk op haar rekenaar, en sien daar is net P10 op. Saam met die simkaart kry jy P10 gratis, en dit is al wat op die foon is. Die dame by Martins Drift by die garage het ons vertel ons kry 'n simkaart en P100 se lugtyd. Dit is ook waarvoor ons betaal het. Die P100 lugtyd is nooit gelaai nie, en ons is behoorlik ingeloop!

Ons gaan eet ontbyt in die Wimpy waar daar Wi-Fi is en kon al ons fotos tot op datum oplaai op ons webwerf. Die Wi-Fi sein by die kampplek is te swak om fotos te laai.

Wi Fi : Wi-fi by Island Safari lodge baie stadig. Vinniger Wi-Fi by Wimpy in die dorp.  
Kaarte : Aanvaar kredietkaarte  
Brandstof Prys : P6.25  
Verblyf :  Island Safari Lodge.   Tel 0267 686 0300      www.africansecrets.net     enquireEafricansecrests.net  

 

Tuisblad          Botswana toerskedule      Volgende