Home:  Toer 1  
 

Memel

Memel (p353)

Agtergrond: Die dorp is in 1911 gestig, en beteken "omring deur water". Die kliprivier ontspring op die platorand suid van Memel, en vloei dan deur die dorp.

 Net buite die dorp vloei die rivier in 'n moeras van 25 km met baie vleie. Die Seekoeivlei natuurreservaat is baie gewild onder voŽlkykers. Meer as 100 soorte watervoŽls, asook 'n verskeidenheid moeras-soogdiere kom hier voor.

Toer dagboek:

22/01/2007: Ons is toe na Memel oor die baie steil Bothas-pas Ons het op aanbeveling van die dame in die inligtingskantoor besluit om nie die slegte paaie in die Seekoeivlei aan te durf nie.

Ons is toe met 'n 45 km lange grondpad na Verkykerskop. Die pad was BAIE sleg. Op plekke waar die pad erg steil was het hul daardie gedeelte geteer sodat die voertuie minstens daar kon uit!

 

Tuisblad     Volgende