Home:  Toer 2  
 

 Carolina, Hendrina, Middelburg

 

CAROLINA (284)

Agtergrond: 

is in 1886 geproklameer. Dit het ontstaan as gevolg van die groot aantal reisigers wat op pad was na Barberton, waar goud ontdek is. Gedurende die Anglo Boere-oorlog is die dorp vernietig, maar weer later opgebou.

Toer dagboek:

17/05/2007: Dit lyk na 'n mooi skoon netjiese dorp. Ons het nie gestop nie, aangesien ons weer hier verby kom op pad Swaziland toe

-----------------------------------------------

HENDRINA (298)

Agtergrond: 

is in 1914 gestig, en is veral bekend vir die groot kragsentrales, Arnot en Hendrina.

Toer dagboek:

17/05/2007: Ons het nie gestop nie, aangesien ons weer hier verby kom op pad Swaziland toe

--------------------------------------------------

MIDDELBURG (297)

Agtergrond: 

l aan die oewer van die Klein Olifantsrivier. Die dorp is in 1859 begin en was deel van die kortstondige Republiek van Lydenburg. Die mense het nie van die ligging gehou nie, en die dorp is in 1886 toe na die nuwe plek verskuif. Die dorp is Nasaret genoem.  In 1874 is die naam weer verander na Middelburg.

Besienswaardighede is Meyersbrug,  Botshabelo kultuurmuseum, N G Kerkgebou en die Krugerdam.

Toer dagboek:

17/05/2007: Ons het deur die dorp gery en ek het vir Elsie gaan wys waar ons in Middelburg gebly het, Iris Laan 12, Kanonkop. (Fotos bo)

Ons is verby die Meyerbrug op pad na Kanonkop, en het verby die NG Kerk, 'n Nasionale Monument, gery. Op 'n volgende besoek gaan osn uitkanp by die Krugerdam en Batshabelo besoek

Tuisblad