Tuisblad:  Toer 8  
 

 Barrydale, Montagu, Robertson, McGregor, Ashton

 

WARMWATERBERG

Agtergrond: Die SPA is gele tussen Barrydale en Montagu, en die afdraai is by Ronnies Sex Shop, waarna dit 'n grondpad van 3 km is tot by die SPA

Dag 411
14/04/2010

Die weervoorspelling s dat dit vandag 39 c in Oudtshoorn gaan word. Ons besluit om liewers vroeg te ry en teen 08:00 is ons op pad via Calitzdorp en Ladismith na Warmwatersberg. Attie Nigrini kamp ook hier en hy het vir ons 'n staanplek bespreek en oopgehou. Toe ons om 10:30 daar aankom, wag hy ons in en wys ons waar ons staanplek is.

Ons slaan kamp op en gaan bekyk al die geriewe van die oord. Dit is nie so swak soos ons al gehoor het nie, en die geriewe is heel aanvaarbaar en netjies. Later die middag gaan besoek ons die warmbaddens en sit lank in die warm water. Langs ons kamp 4 jong mense van Kaapstad en hulle skiet 'n advertensie vir Splattered Toad wyn. 'n Gedeelte van elke bottel wyn word in 'n fonds gestort wat die bedreigde Western Leopard Toad moet beskerm

Teen sononder ry ons na Ronnie's Sex Shop wat baie naby die afdraaipad na Warmwaterberg is. Dis 'n Restaurant en kroegie in die middel van nerens. Ons drink elkeen 'n likeur en keer weer later rerug na die kampterrein.


      Die oog by Warmwatersberg                       Karoo landskap                              Karoo landskap                                        Karoo landskap

              Splattered Toad                           Towerkop vanaf Warmwaterberg

Dag 412
15/04/2010

Dit is reenerig en nogal aan die koue kant - net 19 C. Hier is nogal baie besoekers. Hier is ook 'n paar Duitse besoekers. Die ouens trek sommer daar voor almal uit en trek hul swemklere aan en uit. Dit het tot groot vermaak onder die plaaslike besoekers gelei!

Die aand gaan eet ons saam met Attie en Elize Nigrini en twee ander kampeerders in die oord se restaurant. Ons kry groot borde kos wat baie smaaklik voorberei is

Dag 413
16/04/2010

Ons spandeer die meeste van die tyd in die warm baddens. Al ons kampeermaats wat ons hier ontmoet het, vertrek huis toe.

Dag 414
17/04/2010

Teen 06:30 vat ons die pad na Grootvadersbos. Ons ry tot by Barrydale, en draai daar af om oor die Tradouwspas te ry tot byna by Suurbraak. Daarvandaan ry ons in die rigting van Heidelberg en bereik die hek van Grootvadersbos teen 08:00. (S3359.159 E2049.411). Die bosgebied is deel van Kaapse natuurbewaring se gebiede. Duskant die berg is dit mooi oopgetrek, maar toe ons oor die pas gaan is dit mistig en reenerig. By Grootvadersbos is dit baie nat en stuif daar so 'n misreentjie neer. Ons sit maar in die lapa tot so 09:30 om te kyk of dit nie wil opklaar nie.

Dit bly maar toegetrek van die mis, en ons besluit om maar tot by een van die voelskuilings te stap. Dis nat en glyerig en ons sien byna niks voels nie. Ons draai toe maar om en gaan eet van ons piekniekkos wat ons saamgebring het. Toe dit teen 11:00 nog steeds reenerig is, en daar geen vooruitsig was dat dit sou opklaar nie, ry ons maar terug

SUURBRAAK

Agtergrond: Dit is ook 'n ou sendingstasie wat in 1812 deur die Londonse Sendinggenootskap begin is. 

Op pad terug van Grootvadersbos, ry ons tot by Suurbraak.  Ons besoek Piet Botha se Xairu Rustic Garden Furniture fabriek. (Xairu beteken glo "Paradys") Hy was al op Passela en Kwela op die Kyknet TV Kanaal.


           Ou sending kerkie                                      'n Ou huisie                                          2 Perdekrag eg

       Xairu Meubel Fabriek                                         Piet Botha                         se                    Tuinmeubels

Ons stop by Ronnie's Sex Shop en drink 'n drankie. Johann drink 'n Windhoek Lager en betaal R18-00 daarvoor. Dis die duurste bier wat hy nog gedrink het.


                                                  Ronnie's Sex Shop                                                                              Dak versierings (Is dit hier uitgetrek?)

Dag 415
18/04/2010

'n Heerlike sonskyndag waar ons net ontspan en gedurende die namiddag in die warm baddens gaan swem. Die kamp was die naweek vol, maar na middagete het die amp leeggeloop. Vanaand is ons net 5 kampeerders wat hier oor is   

MONTAGU

Agtergrond: Die dorp is in 1851 gestig op die plaas Uitvlucht en is vernoem na John Montagu, destyds koloniale sekretaris van die Kaap Kolonie. Die ekonomie berus op die verbouing van wyn en tafeldruiwe, sagtevrugte en skaapboerdery. In die dopr is verskeie Kaaps Hollaqndse en Georgiaanse huise wat tot Nasionale Gedenkwaardighded verklaar is. 

Toer dagboek:

Dag 416
19/04/2010

Ons pak rustig op en vertek op die 90 km lange rit na Montagu. Ons het met die aanvang van ons toer probeer om ons tyddeel punte by die Avalon Springs Hotel en Spa te gebruik, maar was destyds nie suksesvol nie. Die plek is skynbaar baie gewild. Ons boek toe in by die Montagu Karavaanpark in die middedorp. Die karavaanpark is netjies en ons kry 'n lekker groot staanplek. Hulle neem net kontant - nie eens tjeks nie.

Ons verneem dat dit die eerskomende naweek 'n langnaweek is, en oral waar ons bel is dit vol. Ons het dit bietjie uit die oog verloor. Ons boek toe maar in tot na die langnaweek sodat ons minstens staanplek het, en sal kyk of ons iets alternatiefs kry.

Die middag doen ons inkopies en gaan kyk hoe lyk dit by die Avalon Springs Hotel en Spa. Dit is baie mooi daar tussen die berge, maar ons meen dat die water nie so warm is soos wat ons by Calitzdorp Spa en Warmwaterberg gevind het nie.


                                           Avalon Springs Hotel en Spa                                              Tonnel en ou Engelse Fort

McGREGOR

Dag 417
20/04/2010

Dit lyk na 'n lekker dag en ons ry via Ashton en Robertson deur na McGregor. Die dorpie l teenaan die berge oorkant Greyton. Hier het die laaste aantal jare ook 'n groot getal kunstenaars hul kom vestig. Die ou geboutjies is in 'n goeie toestand gerestoureer en onderhou.


                      N G Kerk                                                Ou Pastorie                                                                               Ou geboutjies

              Ou geboutjies

Dag 418
21/04/2010

Op Woensdae en Saterdae is daar 'n trekker rit vanaf Protea Plaas na die kruin van die Langeberg. By die plaaslike toeriste inligtingskantoor boek ons 'n rit vir die oggend om 10:00 teen R80-00 per kop. (Hulle neem net kontant as betaling). Die plaas vanwaar die rit begin, is sowat 30 km uit Montagu op die KOO pad, en die afdraai is bo-op die Burgerspas. Ons arriveer teen 09:30 en daar is reeds baie mense wat die rit wil meemaak. Ons skat dat daar sowat 100 toeriste was wat met die twee trekkers en sleepwaens tot bo-op die berg geneem word. Dit is 'n baie steil paadjie wat meestasl twee konkreet spore is. Halfpad teen die berg op, stop die trekker en mens kan, as jy wil, verder teen die berg op stap. 'n Paar van ons stap toe tot byna bo. Elsie en nog 'n dame stap tot heel bo, maar Johann en die ander klim langs die pad op en ry die laaste 100 meter weer saam met die wa.

Die toergids is vol sports en op een plek maak hy of hy in die plaasdam wil inry. Toe almal klaar geskrik het ry hy uit die dam uit, en stoot toe tru met die sleepwa in die water in. Die mense het omtrent geskrik en gegil! Alles was darem in goeie gees en agterna is lekker oor die skrik gelag.

Bo-op die kruin is 'n pragtige uitsig oor die Koo vallei (na links) asook die Keisie vallei (na regs). Aan die suidekant van die berg kan mens Robertson onder jou sien l. Verder aan in die verte kan mens net-net vir McGregor teen die berg sien l. Dit is 'n pragtige oop sonskyndag en mens kan baie mooi oor die laagliggende valleie sien. Op 'n dag waar daar niks deinserigheid is nie, kan jy glo Uilenkraalsmond se duine sien. Daar was egter bietjie deinserigheid oor die berge by Uilenkraalsmond, en ons kon dit nie sien nie.  Bo-op die berg is 'n berghut gebou. Ons stop daar en elkeen kry 'n glasie Muskadel en gedroogte vrugte en versuikerde vrugte lekkers. Die toer neem ons vanaf  'n hoogte van 980 meter bo seevlak by die plaas opstal tot 1500 meter bo seevlak op die kruin. Dit is 1300 meter hor as Robertson onder in die vlakte. Bo op die kruin van die berg is 'n fontein met helder yskoue vars drinkwater. Dit was 'n welkome lafenis na die klim teen die berg uit.

Na sowat 2 uur is ons weer onder by die plaas. Van die gaste het bespreek vir 'n potjiekos middagete, maar teen R90-00 per kop was dit na ons mening bietjie duur.

Ons gaan daarvandaan na die Baden Klub ('n private oord) waar daar ook 'n warmbron en karavaanpark is. Die 5 km grondpad daarheen is baie mooi gebou, maar is baie stowwerig. Die water in die warm swembad was maar effe louerig en nie naastenby soos ons al by die ander warmbronne aangetref het nie. Ons sal maar nie hier kom kamp nie.


                                                                                          Op pad na die kruin van die berg

            Toeriste in sleepwa                                                                         Die berghut                                                                         Op die kruin

           Robertson vanaf kruin                                   Koo vallei                                      Keisie vallei                                              Paadjie op pad boontoe

Dag 419
22/04/2010
  

Vandag is skoonmaakdag. Dit reen aanvanklik, maar later klaar dit op, alhoewel dit koud bly.

Dag 420
23/04/2010

Ons besoek die Montagu Natuurtuin om na vols te soek. Ongelukkig sien ons nie juis veel nie, maar die tuine is pragtig instand gehou

 Daarna stap ons die roete wat ons verby die historiese huise van Montagu neem


                                                                                                     Historiese geboue in Montagu

Ons gaan kuier die middag by Hanneke Odendaal, 'n matriek klasmaat van Elsie uit Otjiwarongo se dae.  


                 Elsie en Hanneke                               Kanon op kanonkop

Dag 421
24/04/2010

Saterdae hou die dorp 'n boeremark regoor die "i". Daar verkoop hulle allerlei tuisgemaakte kosse en "goeters". Ons koop bietjie van die ingemaakte vye ens. en kyk na alles wat daar aangebied word.  Op pad terug kamp toe, kry ons die donkiekar taxi langs die pad wat sy passasiers op 'n plesierrit neem 

Johann help twee kampeerders om hul skottels in te stel sodat hulle die rugby kan kyk. Die een se kabel is skynbaar af en ons leen ons ekstra kabel aan hulle sodat hulle darem kan tv kyk.


                    Boeremark                                          Donkiekar taxi

Dag 422
25/04/2010

Na 'n baie koue nag, word dit 'n heerlike warm sonskyn dag. Verskeie kampeerders kom loer in om te sien hoe lyk die motorwoonwa. Hulle beplan ook om een te koop en dan dieselfda as ons te doen.

Ons woon die kerkdiens in die NG kerk by. Na kerk kom kuier Hanneke en haar man Sam by ons om tee te drink.

ROBERTSON

Agtergrond:
Die dorp word ook genoem "die vallei van wyn en rose' Die dorp is in 1852 as 'n nuwe N G Gemeente gestig. Die eerste erwe is in 1853 verkoop en vernoem na ds W Robertson van Swellendam gemeente. Vandag is die dorp bekend vir sy brandewyn, desertwyne, likeurs en sjerrie.

Toer Dagboek

Omdat ons gedurende die volgende week hier naby gaan kamp en dan die dorp sal verken, besoek ons vandag net die Klipdrift Brandewyn kelder. Ons word op 'n toer deur die eenheid geneem, en daarna kon ons 4 soorte Klipdrift Brandewyn proe. Dit was 'n baie interessante besoek. Opmerklik was dat al die horplosies wat die plaaslike tyd aandui, op 08:02 tot stilstand gekom het. Toe Johann hul daarna uitvra, blyk dit dat dit doelbewus so gestel is omdat die eerste Klipdrift Brandewyn jare gelede presies om 08:02 gedistileer was. Op die etiket van die Klippies bottel toon die horlosie ook die tyd aan as 08:02.

Ons ry deur na Skurwekop karavaanpark so 6 kilometer buite Robertson, en was gelukkig om vir volgende week staanplek te kry. Die oord is gele reg langs die Breerivier 


                 Klipdrift, Robertson                                                Die horlosies staan almal op 08:02                                                    Botteltjie miere

Dag 423
26/04/2010

Van die nuwe vriende wat ons gemaak het kom groet ons voor ons vertrek. Elsie gaan doen eers inkopies en Johann ry solank vooruit na die Skurwekop karavaanpark net anderkant Robertson

Die kamp is langs die Breerivier en nog baie vol toe ons daar aankom. Ons staanplek is te kein om reguit in te ry, en ons moet maar dwars intrek om in te pas. Die staanplekke in die deel waar ons staan, is baie nou en word algaande wyer. Ons het darem koelte vir die grootste deel van die dag, so ons aanvaar die situasie soos dit is. Johann sukkel om 'n sein vir die DSTV te kry aangesien daar 'n baie ho berg in die pad van die sein is. Laer af in die kamp is daar 'n skottel opgestel, en hy gaan doen navraag by hulle of hul 'n goeie sein het. Die vrou herken hom en nooi hom in die karavaan in om haar man te ontmoet. Dit is toe wraggies Johan van der Merwe, sy ou universiteitsmaat. Hulle is ook hier met al hul kinders en kleinkinders,

In die kamp is vreeslik baie vliee en ander vliegende goggas. Oral in die kamp is van die motvangers opgehang en deur die nag hoor jy aaneen hoe die motte, muskiete ens. met 'n klapgeluid in die toestel vasvlieg en uitbrand.


              Kleintjies se riksja                           Skurwekop karavaanpark                       Johann, Corna en Johan                             N G Kerk Robertson

Dag 424
27/04/2010
       

Al die kampeerders pak op en vertrek en ons bly alleen agter in die kamp. Toe almal weg is word ons "aangeval" deur honderde bye. Johann slaan dosyne dood, maar hul bly aankom en kruip by enige opening in. Uiteindelik sluit ons maar die motorwoonwa en ry ons dorp toe. Toe ons terugkom, was die bye weg - net al die "lyke" is oral te sien.

Ons ry deur die dorp en kyk na die netjiese strate en geboue. Robertson is baie netjies en groter as wat dit met die eerste oogopslag lyk as mens met die verbypad ry. Ons gaan kuier hierna by Tienie en Isabel Kotze (ons skoonseun se oom) by hul huis in die dorp.

Dag 425
28/04/2010

Dit reen gedurende die nag en vanoggend is alles sopnat. Gelukkig het die langnaweek se kampeerders die reen vrygespring. Dit is die hele dag koud en bewolk, maar die reen het opgehou. Ons ry later na Robertson en doen bietjie inkopies. Ons eet by die Restaurant by die Affiplaas padstal net buite Robertson. Teen die mure hang ou horlosies wat die tyd aandui op Pofadder, Putsonderwater, patensie ens (almal begin met "P"). Die horlosies staan egter almal. Toe ons daarna vra, vertel hulle vir ons dis sulke rustige klien dorpies "waar die tyd stilstaan". Ons kry moerse groot borde kos teen moerse min koste. Hier is daar werklik waarde vir jou geld, en dit is die moeite werd om te besoek.

Ons gaan kyk ook of hier aftreeplekke is, maar daar skyn niks te wees wat ons in gedagte het nie. Die agente wys ons 'n paar eiendomme, maar dit is nie wat ons soek nie.

Dag 426
29/04/2010

Dis weer 'n bewolkte en reenerig dag. Ons verwyl die tyd maar in die kamp, lees en luister na die radio.

Dag 427
30/04/2010

Ons ry via Ashton na Bonnievale. Ons besoek eers die Mooivallei kaasfabriek net buite Bonnievale. Hulle neem ons op 'n toer deur die fabriek en ons kon bo van die  loopplank, maar van agter glas, sien hoe hulle die kaas maak. Ons was glo gelukkig want terwyl ons staan en kyk het hulle die Gouda kase gesny en in hulle vorms gepars. Hulle was nog besig om die cheddar kase te meng en gereed te kry om gesny en gepars te word. In die koelkamer is duisende kase gereed om verouder te word. Die koelkamer ruik ongelooflik lekker!. Ons drink Lavazza koffie en koop toe van die Cheddar en Gouda kaas teen R50-00 per kg. wat heelwat goedkoper is as in die gewone winkels.


                                                                                                        Mooivallei se kaasfabriek

Daarvandaan ry ons deur Bonnievale, en neem eers die pad aan die noordelike kant van die Breederivier. Ons ry verby boorde en omdat ons nie weet wat se bome dit is nie, vra ons een van die verbygaande local dames wat se vrugte is dit. "Psalms" s sy. Omdat die naam "Psalms" vir ons vreemd en onwaarskynlik klink, ry ons agteruit tot waar werkers besig is om van die vrugte te pluk. Een van die trekker bestuurders s toe nee dis "Persimmons". Hulle pluk vir ons drie, maar s ons moet dit nie eet nie, want dit smaak sleg as dit nie eers "gegas" is nie.


          Persimmon vrug                                      Persimmon boord                                    Bonnievale kerk

Ons draai terug en ry toe aan die suidekant van die rivier op die R317 in die rigting van Robertson. Ons doen eers aan by die Viljoensdrift wynkelder. Ons proe van hulle rooiwyne en koop 'n paar bottels. Die wynkelder is op die oewer van die Breederivier. Hulle het ook 'n Rivierboot wat jou op 'n uurlange uitstappie op die Breederivier neem. Hulle doen nou net een rit per dag om 12:00, en ons was te laat om dit mee te maak. Die koste is R40 per persoon. Dit is 'n baie mooi pad met blomme aan albei kante van die pad - eers rooi, dan geel, dan wit. Dis 'n baie mooi omgewing met netjiese plase hier al langs die rivier af.


                                         Viljoensdrift wynkelder                                                                                                 Bon Courage wynkelder

                                     Blomryke R317 pad

Daarvandaan doen ons aan by die Bon Courage wynkelder waar ons ook van hul rooiwyne proe. Ons koop hier ook 'n paar bottels wyn teen baie billike pryse.

Op pad terug doen ons aan by die Birds of Paradise. Die voels is egter almal in hokke en koue, en ons besluit om nie hier in te gaan nie.

Dag 428
01/05/2010

Dit is weereens  'n kouerige bewolkte dag. Die naweekbesoekers het maar slegte weer vir die naweek gekry.

VOLGENDE