Tuisblad:  Toer 8  
 

Morgan Baai, Double Mouth, Kei Mond, Haga-Haga

MORGAN BAAI

Agtergrond: Die strandoord is sowat 85 km noord-oos van Oos London. 

Toer dagboek:

Dag 198
13/09/2009

Ons groet vir Johann en Joey Myburgh by Elliott, en vat koers suidwaarts.

Ons ry verby Engcobo, Tsomo, en bereik die N2 weer so 'n paar kilometer suid van Butterworth. Die pad is maar ent-ent opdraende, maar gelukkig meer af as op. Deur die Transkei ry ons deur klein nedersettings met mooi geverfde hutte en huisies. DIe hutte is oorwegend groen en pienk. Ons gaan af deur die Kei rivier pas en stop by die Shell stop by die brug oor die Kei rivier. Na 'n verversingkie , gaan ons die pas uit tot bo-op die plato.  Dis 8 kilometer van steil opdraende en ons moes heelpad 2de rat daar uitry. Van die N2 is dit dan nog sowat 40 kilometer tot by Morgan baai. Ons vind die karavaanpark, en kies 'n staanplek met baie gras. Ons parkeer met ons rugkant na die suidweste wind se kant. Ons moes agterna by die Hotel gaan inboek.

Die karavaanpark is op die oewer van die lagoon, en ook teenaan die see. Die wit strand na die noordekant is sonder enige rotse of klippe, en die sand is lekker hard om op te loop. Na die suidekant is dit klippe en rotse en moeilik om te loop. Ons stap langs die strand en sien vir die eerste keer in maande langs die ooskus, strand slakkies op die strand.


             Morgan Baai                                               Mahems                                                    See slakkies                                  Pragtige sandstrand
 

          Morgan Baai Hotel                                                     Strandhuise by Morgan Baai                                                                    See perde 

                                                                                            See uitsig vanaf Morgan Baai Hotel

                                                        Sandstrande                                                                        Google Earth

Dag 199
14/09/2009

Sowat 4 km suid-wes van Morgan Baai is Double Mouth. Daar is ook 'n karavaanpark onder teen die see. Die grondpad daarheen is maar vrot en vol gate. Die laaste entjie bo van die "berg" af tot onder by die karavaanpark is baie steil, en met sement gebou. Die karavaanpark is heel netjies met kragpunte en lekker gelyk staanplekke op terrasse. Al die staanplekke is in 'n perdeskoen vorm gebou, en het onbelemmerde uitsig oor die see. Daar is 'n heerlike strand, dit is baie rustig en hier kan mens kom ontspan. Ons verneem die tarief is R150 per dag. Ons stap al met die strand langs tot my die monding van die rivier, maar kon nie die "double" monding sien nie. Dalk was dit nog verder aan.


      Meer by Double Mouth                      Baai by Double Mouth                            See uitsig Double Mouth

Die weer begin toetrek, en ons ry terug Morgan Baai toe. Daar aangekom, trek dit weer oop en ons besluit om deur te ry Kei Mond toe. Dit is sowat 3 km grondpad en 5 km teer tot daar. Dit is 'n groterige stranddorp. Ons probeer om iets te eet, maar al die eetplekke is op 'n Maandag toe. Die een plek wat oop was, vra R95 vir 'n stuk steak. Dis duurder as in Johannesburg se beste restaurante!


                                                   Keimond strand

Ons gaan toe na die Ferry oor die Kei rivier. Hul vra R60 per voertuig om oor te gaan. Dus R120 heen en weer. Dis bietjie dik vir 'n daalder, en ons besluit om nie met die motor oorkant toe te ry nie. Johann vra die Ferry-man hoeveel dit kos as ons net as passasiers oorkant toe gaan en dan terugkom. Vir die groot bedrag van R2 vir die twee van ons is dit 'n bargain. Of die geld erens beland skeel ons min. Ons ry saam met 'n aantal locals oorkant toe en kom saam met twee bakkies op die Ferry terug. Die Ferry het 'n 90 pk buiteboord masjien en ry nogal vinnig oor die rivier.


                                                                                          Keirivier Ferrie

                                                                                     Keirivier Ferrie
Dag 200
15/09/2009

Sondag was hier ander kampeerders van Nahoon, Oos London saam met ons. Hulle het gister vertrek en ons was Maandag aand die enigste kampeerders.

Deur die nag waai hier 'n stormwind, en gedurende die oggend reen dit kort-kort saggies. Later klaar dit op en vang ons op met wasgoed was. Na ete ry ons om te gaan kyk hoe dit lyk by Haga-Haga, Die strandoord is kuslangs nie ver van Morgan Baai nie, maar padlangs is dit nogal 'n lang rit. Daar is heelwat strandhuise en ook 'n hotel en winkel. Die strate is steil en oral is baie ho keerwalle vir afloop water. Mens moet baie stadig daaroor ry om nie die onderstel van die motor te beskadig nie. Op pad terug ry ons ook na Marsh Strand, tussen Morgan Baai en Haga-Haga. Hier is dit baie mooi en hier is netjiese huise gebou. Ons kon nie winkels of so iets sien nie, so jy moet seker maar alles saamry wat jy daar nodig het. By die afdraai na Haga-Haga en Marsh Strand is darem 'n redelike groot groothandelswinkel waar jy kan voorraad aanvul.

Twee ander groepe kampeerders dag op en vir die res van die week het ons darem geselskap. Daar is 'n rolbalbaam in die kamp terrein, en die tesourier het onderneem dat hy ons sal kom roep om saam te oefen. Donderdag speel hul "social" en ons sal kan saamspeel. Tot sover het hy nog nie opgedaag nie.

Johann koop "wonder worm" aas by die plaaslike winkel en probeer visvang in die lagoon. Die pogings was tot dusver nie suksesvol nie


          Ingang na Haga-Haga                            See by Haga-Haga                                  Marsh Strand                                     Ou vliegtuig langs die pad

Dag 201
16/09/2009

Dit is die mooiste dag wat ons by die see gehad het. Ons gaan stap al langs die strand verby die hotel en gesels met die hotel mense. Hulle wys vir ons die hotel se penthouse. Die eienaars se familie het vroeer daar bo gebly. Dit is prentjie mooi en die uitsig is onbeskryflik mooi.  As mens geld het (glo R1500 per persoon per nag), is dit die plek om te wees. Jy sien die see van drie kante af. Van die uitsig fotos hierbo is uit die penthouse geneem. Oor die algemeen is hierdie strandoord 'n klein paradys.

Dag 202
17/09/2009

Vroegoggend ry ons tot by die Yellow Wood Forest kampeerplek om te gaan voels kyk. Ons het die vorige dag met die eienaar, Sean, gereel om daar te kon rondloop. Die bos is baie mooi en daar is 'n bospaadjie wat jou deur die bos neem. Ons was nie baie suksesvool nie, maar sien darem 'n White Starred Robin of twee, wat vir ons 'n lifer is. Daar was meer voels buite die bos naby die huis en kampplek as in die bos self.  Ons ry daarna na die "ponds' waarheen Morganbaai se riollwater gepomp word, maar die hek is met doringdraad toegdraai en ons kon nie inkom nie. Daarvandaan verder na Kei Mond om weer daar rond te loer. By die see sien ons 'n paar Ruddy Rurnstones (Steenloper) en kon 'n mooi foto neem. Kei mond se karavaanpark lyk maar erg verwaarloos, en ons was bly ons het nie daar beland nie.

Ons verkies die hele strandoord van Morgan baai bo die van Kei Mond.

Dag 203
18/09/2009

Dit is 'n baie koue, winderige dag. Ons stap vroegoggend al langs die see in die rigting van Kei Mond sover as wat dit sandstrand is. Toe ons terugkom is die personeel van 'n groot ouditeursfirma van Oos London hier vir 'n spanbou byeenkoms. Hul pogings om 'n vlot per span te bou het wisselende sukses gehad en hul het meer in die water as bo-op die water gewees.


                 Vlot bou                                                       Lanseer                                                      Swem                                                  Toutrek

      Opblaasbal resies

Dag 204
19/09/2009

Dit is nog steeds winderig en koud. Ons reel met die plaaslike rolbal mense om die oggend bietjie ons balle te oefen. Die baam is in die karavaanpark, en ons was alleen om lekker te oefen. Die middag maak ons weer 'n heel hoender in die Cobb en eet tog te lekker. Hier daag nog drie ander kampeergroepe op, so ons is darem nie weer vanaand alleen in die karavaanpark nie,

Ons maak gereed en pak soveel as wat ons kan met die oog daarop dat ons more verder na Yellow Sands ry.

VOLGENDE