Moselesele

Johann en Elsie Kritzinger toere - Moselesele

24/07/2017

Moselesele tent-kamp

 
Klik op kaart en fotos Totale afstand : 162 km

Moselesele is die Twana naam vir "Sekelbos".

Die oord is by die afdraai vanaf die N1 by Bela Bela. Jy ry net so 2 kilometer op die R517 (teer) en bereik die afdraai na Sondela ("Kom nader")

Die kamp is ver weg van die chalets, maar is aangrensend aan die karavaanpark. Dit bestaan uit 4 eenhede wat tot op vensterbank hoogte gebou is, en boontoe is dit seile met 'n grasdak. Elke eenheid het 'n "kamer"  met 'n dubbelbed, en dan twee enkelbeddens in die tweede kamer. Die twee "kamers" is afgeskort met 'n kop-hoogte muurtjie. Die eenhede is  in 'n sirkel gebou, met 'n braaiplek in die middel. Die kamp het 'n gemeenskaplike lapa en goed toegeruste kombuis.

Ons was in nommer 1. Die voordeel van hierdie eenheid is dat die dubbelbed slaapkamer front weg van die braai area en ander eenhede. en dis bietjie weg van die ander drie.

Moselesele is deelvan die Sondela vakansie-oord. Hul het 'n "hospitality" skool op die terrein, en van die studente tree dan ook op as kok vir die 4 eenhede. Jy gee jou kos vir hulle, en hul berei dit dan voor, maak die vuur en braai selfs jou vleis.

Ons kon self op die plaas rondry om voels en/of diere te soek.

Op die plaas is daar 6 verskillende fietsry roetes. Hulle is 4.7km, 7.5km, 9.5km, 11km, 20km, en 45km lank. Die roetes is baie goed aangedui met gekleurde merkers en met afstande op roete pale.

 

Sondela Ontvangs Boomhuis in Speelpark Moselesele lapa
Boma met tenthuis Ontspan langs vuur Ons studente chef
 
Fietsroetes met inligting Kamp se enigste TV  

Die kamp het 'n baie rustige en ontspanne atmosfeer. Die enigste probleem is dat dit aangrensend aan die karavaanpark is, en die kamp dan nie heeltemal afgesonder in die bos is nie. Dit is ook ongeveer 1 kilometer van de N1 snelweg, en in die nagte, as dit stil raak, is die geraas van die voertuie ietwat steurend.

Tambuki Boskamp

Ons het ook die Tambuki boskamp gaan besoek. Daar is min geriewe, maar darem lopende water en spoel toilette. Jy stook jou eie "donkie" vir 'n warm stort. Die kamp het 'n groot onderdak lapa, maar verder is jy aangewese op wat jy self daarheen bring. Die kamp is in die bos en ver van alles af. Dit is verkieslik om met 'n 4x4 voertuig tot daar te ry. Die sandpad kan nogal 'n probleem wees.

Tambuki lapa Tambuki lapa Braaiplek by groot rots
 
Jou eie "donkie" Toilet se "beset" teken  

 

 

Tuisblad