Muchenye

   
Johann en Elsie Kritzinger toere - toer deur Botswana en Namibia

10/07/2019

   
Klik op kaart en fotos Totale afstand : 77km

Vandag het ons 'n baie lang skof om te ry - 'n volle 77 km.

Ons gooi brandstof in by Kasane se Puma diensstasie aan Kazankulu se kant van die dorp. Daar is 'n baie moderne Shoprite, en ons vul kosvoorrad aan. Ons moet ons vleis voorraad mooi dophou, want jy mag nie vleis deur die grenspos na Namibia neem nie.

Muchenye se afdraai is by die Botswana grenspos, en so 8 kilimeter verder suid op 'n geteerde R344 pad. Die kamp le langs die Savuti pad wat afgaan deur die wildernes tot by Maun. Die kamp het 10 mooi staanplekke, met no 2 die prime spot. Dis werklik 'n netjiese plek, en kan aanbeveel word. Die eienaar en personeel is baie gawe mense.

11 Julie 2019

Ons ry al langs die droe Chobe rivier langs tot by die grenspos. Daar is min wild en nog minder voels. Dis regtig kommerwekkend droog.

Die middag spandeer ons onder die koeltebome van die oord, en geniet iets koels.

Die oord het 24 uur gratis wi-fi, en ons maak daarvan gebruik om ons web en facebook op datum te bring.

Dia aand teen skemer kom gesels Hayden, een van die eienaars met ons. Dis 'n plus punt van die park dat die eienaars en werkers so 'n goeie interaksie met die gaste het. Ons het dit erg gemis by Sinyati. Baie onvriendelik en minder hulpvaardige mense daar aangetref.

Hier is 'n groot groente tuin, en die manne voorsien groentes aan lodges van hier naby tot in Kasane. Elsie het omtrent feesgevier onder al die lekker vars groentes. Om te wys die gesondheid van die werkers, is dat hul die dag voor ons sou verder ry, vir Elsie by ons kampplek kom groet het. 100+ vir kleinte diens.

12 Julie 2019

Vroegoggend ry ons na die Chone Park en gaan in by die Ngoma hek. Ons betaal ons parkfooi (2 x P120 = p50 vir die motor), en draai om teerpad toe. Ons gasheer by die kamp het aanbeveel dat ons ingaan by die brandpad 16, en sodoende die slegste grondpad te vermy. Dan ry ons al langs die rivier af. Hoer is groot poele water en baie wild. Die voellewe is beter , maar ons sien nie juis nuwe voels vir die trip nie.

Ons vorder tot by Ihaha, en die laaste 1km is sommer dik sand. Hul gee toestemming dat ons deur die kamp kan ry, en ons merk C 2 as die beste spot om te kamp. lekker groot digte skaduwee boom. Die ablusies is ver. Dit lyk of jy soontoe moet ry.

Die Park mense se ons moet uitry met die brandpad 15 om weer by die teerpad uit te kom. Dis 10 km se DIK sand, maar ons maak dit veilig.

Hierdie is verseker nie 'n kampplek om verby te ry nie. Ons beveel dit sterk aan.

Lekker ruim koelte staanplek netjiese ablusies Ontvangs kantoor
Eienaar se kuier huisie by visdam Groen grasperke en koelte bome Ja, ek toer ook saam !!!
Die goente tuine Die goente tuine Die goente tuine
   
Die tuiniers kom groet    

 

Tuisblad             Volgende