Home:  Toer 8  
 

Louis Trichardt (Makhado), Musina, Mapungubwe

Dag 53
21/04/2009

LOUIS TRICHARDT (p306)

Agtergrond:

Twee groepe Voortrekkers onder leiding van Louis Trichardt en Hans van Rensburg het die gebied in 1836 bereik. Die twee groepe het stry gekry, en Hans van Rensburg se mense het dadelik ooswaarts getrek op soek na 'n roete na Lourenco Marques (nou Maputo). Almal is erens langs die pad vermoor. Trichardt en sy mense het hier agter gebly, maar later ook getrek op pad na Maputo. Van die 53 mense het 27 langs die pad gesterf o.a. aan Malaria. Meer mense het aangekom en in 1855 is die dorpie vernoem na Schoemansdal. 'n Grootskaalse smokkelary met wapens is begin en op een stadium is tot 30 ton lood vir die maak van koeels jaarliks deur Schoemansdal beweeg.

Dit het die plaalike Bavenda stamme nie aangestaan nie, en in 1867 het hul die dorp aangeval en die dorp afgebrand. Vir die volgende 20 jaar was die gebied onder beheer van die Bavenda en hul opperhoof Makhado. Die dorp is weer opgebou. Gedurende die Anglo Boere-oorlog is die vroue en kinders verskuif na Pietersburg. Die Bavenda het weer die dorp gelyk met die grond gemaak. Na die oorlog is die dorp weer van vooraf opgebou. In 1934 het dit munisipale status gekry.

Toer dagboek:

Vandag moet ons sowat 260 kilometers tot anderkant Musina ry. Ons moet oor die Duiwelskloof pas asook die Wyllie's Poort en Masekwas Poort passe oor die Soutpansberge ry. Die wind het baie sterk gewaai gedurende die nag en vandag is dit bewolk en ry ons vir lang ente in die reen.

Langs die pad ry ons deur die dorpie Modjadjikloof (eers Duiwelskloof), 'n groterige dorpie, dan verby Mooketsi, Soekmekaar en Bandolierskop. ons bereik die N1 en ry dan noordwaarts.

In Louis Trichardt reen dit sommer lekker hard, wat tot gevolg het dat ons maar aanstoot Musina toe. Die dorp was redelik besig met baie memse op straat. Oor die passe sien ons nie veel nie, maar langs die pad is dit pragtig groen en waar tuine is, is dit baie mooi.

MUSINA (p304)

Agtergrond:

Musina is die noordelikste dorp in die land. Dit is 2000 km vanaf Kaapstad en 16 km vanaf Beitbrug.

Dit is skynbaar ook die oudste mynbou gebied in die land. Daar is getuienis dat pre-historiese mense hier yster en koper gemyn het. Die Musina gebied is bekend vir die groot aantal Kremetartbome.


Toer dagboek:

Dis 'n baie bedrywige dorp met baie mense op straat. Daar is amper nerens parkering nie, en bakkies en sleepwaens vol goed staan oral of ry noordwaarts. Langs die pad sit "honderde?" mense op die sypaadjie en is daar oneindig baie vrugte en groente stalletjies in 'n lang ry langs mekaar. Wie waar koop as almal dieselfde vrugte en groente verkoop bly 'n raaisel. Dit was kleurvol met al die tamaties, piesangs, avos ens wat hier verkoop word.

Omdat hier nie juis iets te sien is nie, ry ons deur die dorp, en draai net anderkant Musina weswaarts weg op pad na die Dongola karavaanpark. Ons boek in vir drie nagte en kry een van die "thatched" staanplekke. Dis net hoog genoeg vir die motorwoonwa om in te kom met 'n speling van 'n centimeter of twee. Die staanplek het sy eie kombuis, stortkamer en toilet, met 'n lekker groot onderdak sit area en braaiplek. Die oord is deur die karavaan mense as 5-ster gegradeer..

 
         Wildebeest Staanplek                                Oop staanplekke                                        Ingang                                            Dongola kompleks    

                Hotel                                                Baobab restaurant                                     Museum

Dag 54
22/04/2009

Ons spandeer die dag om wasgoed te was en die motorwoonwa 'n slag skoon te maak. Die enigste ander kampeerders is Malcolm en Alida Timberlake van Johannesburg. Hulle Landrover het reg by die ingang na Dongola gebreek. Hulle was op pad na Zimbabwe en is besonder gelukkig om hier die ongeluk oor te kom. Hul voertuig moes na Polokwane  gesleep word om herstel te word, en intussen moet hul noodgedwonge hier vertoef. Ons nooi hul om die aand saam met ons te braai en spandeer 'n rustige aand saam met hulle. 

MAPUNGUBWE (p306)

Agtergrond:

Ongeveer 70 km wes van Musina is 'n Sandsteenkoppie met die naam Mapungubwe. Die mense het dit met ontsag bejeen en was selfs te bang om daarna te kyk of daaroor te praat. In 1932 het jagters saam met ene van Graan  teen die koppie uitgeklim en klipmure, erdepotte ens. daar gevind. Hul het dit onder die aandag van die Universiteit van Pretoria gebring en argeologiese opgrawings is daar begin. Dit is gevind dat die terrein die van die eerste handelskoninkryk en goudvervaardigingskultuur suid van die Limpopo was. Dit word bereken dat die beskawing sowat 1000 nC was.`

Dag 55
23/04/2009

Sowat 30 km van Dongola is die SANPARKE Mapungubwe Nasionale Park.  Ons verneem van die Timberlakes dat daar begeleide toere na die Mapungupwe koppie om 07:00 en 10:00 elke dag is. Ons ry vroeg weg om die 07:00 toer mee te maak. By ontvangs word ons meegedeel dat die voertuig gebreek het en dat daar dus nie 'n 07:00 toer is nie. Ons probeer toe plek vir die 10:00 toer te kry. Die toerbussie kan 10 gaste saamneem, en daar is reeds 9 besprekings. Ons twee kan dus nie saamgaan nie. Ons is baie teleurgesteld, want ons het spesiaal ver gery om die plek te sien. Ons name beland darem op 'n waglys vir 10:00 vir ingaval daar 'n kansellasie is.

Ons gaan eers na die Treetop Walk en skuiling so 11 km van die ingang. Dis baie mooi daar, maar bietjie koud en winderig en ons sien nie juis baie voels nie.


                       Ingang                                                                              Treetop Walk                                                          Skuiling by Limpopo rivier

                 Ontvangs                                                                   Nuwe museum in aanbou

Om verder tyd te verwyl gaan ons daarna na die samevloeing van die Shashe en Limpopo riviere. Op hierdie plek kom Suid Afrika, Botswana en Zimbabwe bymekaar


                                       Samevloeiing                                                            Limpopo stroom-af

Ons eet iets by die piekniekplek en ry terug sodat ons 10:00 by ontvangs is. Daar daag toe net 5 ander gaste op en ons kry sitplek op die bussie. Dit blyk toe dat die bussie nooit gebreek is nie, en dat die hele storie gespin is om te skerm vir die gids wat nie geweet het dat hy 07:00 daar moes wees nie, want ons het nie bespreek nie. Dit is skynbaar noodsaaklik om die toer vooraf te bespreek. Die koste is R115.00 per persoon vir 'n twee uur lange begeleide toer..

Ons vertrek 15 minute laat omdat ons moes wag vir die 5 ander gaste. Party van hulle was skynbaar argeoloe en het meer van Mapungubwe geweet as die gids. Dit was nogal lastig as hul hul so slim hou. Verder moes een van hulle elke keer alles wat die gids vertel het, in Duits vertaal want die twee Duitse gaste verstaan geen woord Engels nie. Baie frustrerend want behalwe die vertaling is daar ook die gedurige "slim" kommentaar van die slimmes.

Ons bereik die koppie en besoek eers 'n opgrawingsput waar die gids die hele geskiedenis aan ons vertel Dan is dit met die trappe en die steil hout trappe op tot bo. Dit is 'n interessante plek, maar ons wonder hoeveel van die vertellings bietjie aangedik is.


                                           Mapungubwe koppie                                                                                                    Trappe tot bo
 
          Die goue renostertjie                              Maalklippe                               Nuwe Gesamentlike graf van al die gestorwenis

Daar is wel 'n karavaanpark binne Mapungubwe. Mens moet eers aanmeld by die hoofingang van die oostelike gedeelte van die wildtuin, 'n Staanplek kos R130 per nag. Daarna ry jy weer 32 km verder op die teerpad tot byna by Pontdrif. Daar draai jy regs in by die westelike gedeelte van die wildtuin en ry sowat 5 km grondpad tot by die kamp. Daar is 10 staanplekke met krag.

 

VOLGENDE