Nata      

 

16/08/2015

 
Klik op kaart en fotos Totale afstand : 302 kilometer

Ons volg die A3 ooswaarts vanaf Maun en ry verby 'n aantal gehuggies, met die name Tsibogolamatebele en Xhana. Net daarna ry ons deur die Rooilyn waar bek-en-klouseer beheer word. Geen rouvleis mag daar van wes na oos deurgeneem word nie. Ons het geen rouvleis in die koelkaste gehad nie ! Daar moet ons uitklim en al ons skoene uit die boswa haal en op die dipbak plaas om te ontsmet. Die motor en sleepwa moet deur 'n dipgat ry.

 

Alle skoene moet gedip word Elsie se beurt by die dipbak Fortuner en boswa deur die dipbak
   
Dis die manne wat jou vleis konfiskeer
   
So kamp ons    

Verder aan ry ons verby Gweta, Zoroga en Mabole voordat ons uiteindelik in Nata aankom. Daar vul ons ons brandstof aan en ry die 9 kilometer suidwaarts tot by die Nata Lodge waar ons vir twee aande gaan kampeer.

Met 'n vorige besoek was daar nie kragpunte in die kampeerterrein nie, maar nou is daar wel krag beskikbaar. Ons was gereed vir die kragprobleem en het 'n sonpaneel reg gehad vir ingeval dit nodig sou wees.

Die Wi-Fi by die Lodge is lekker vinnig, en ons kry geleentheid om ons webblad en Facebook blad "Op Ver Paaie" op datum te bring.    

Waardaar by ander kampeerplekke 'n verpesting van Ape en Bobbejane was, is hier weer 'n hondeplaag. Die honde kom van die naburige statte en kom soek kos in die kamp.

17/08/2015 - SUA PAN

The Nata River feeds Sua Pan from the northeast (bringing the rains from Zimbabwe) and, in good years, it floods from December to April with shallow, warm water. Where the fresh water of the river meets the saline pan, a brackish delta of silted reedbeds has formed. In summer, this corner of the pan attracts great concentrations of breeding waterbirds, notably flamingos. This delta is now protected within the Nata Sanctuary – an area of 230km2. The flamingos can usually be viewed from the bird hide on the eastern shore.

Vroegoggend is ons op pad na die Sua Panne sowat 10 kilometer van Nata Lodge. Ons is te vroeg vir die kantoor en ry maar binne .

Dis 'n plat, vaal wereld met net sulke lae bossies / gras. Op sommige plekke is dit net 'n sand pan sonder enigiets wat groei. Ons volg die  roete-aanwysers na die "Platform". Dit is 'n uitkyk stellasie wat uitkyk oor die Sua Pan. Die pan is vol water en dit lyk behoorlik soos 'n see. Jy kan nie die oorkantste wal sien nie.

Op die water en in die water is baie Pelikane, Flaminke, Gryskop Meeue, en 'n horde ander water voels. Dis 'n prentjie wat jy moet sien om te kan glo, en is moeilik om in woorde te omskryf. Hier is jy in die middel van die woestyn, en lê daar voor jou 'n pan vol water wat lyk soos 'n see.

Ons ry vir kilometers al op die oewer en kyk na al die voëls in en op die watere. Wat 'n gesig!.

Dan ry ons na die monding van die Nata rivier waar dit uitmond in die panne. Daar is baie water in die rivier self, en net so baie eende wat op die water swem en kos soek. Hulle is baie wild en sodra hulle die motor hoor, vlieg hulle op en gaan sit verder aan

Wat diere betref sien ons net 'n klompie Blouwildebeeste in die bloedige warm son staan.

Wees vesigting om jou vensters oop te maak as jy stilhou. Derdeuisende muskiete en steekmuggies peul by jou vensters in, en is veral lastig met hulle byte.

     
Sua panne - grasvlaktes   Sua Panne - sand vlaktes   Sua Panne - sand vlaktes  
     
Uitkyk Platform  Sua Panne  Sua panne - kan nie oorkantste wal sien 
     
Nata Rivier met baie staande water Rivier se monding in Panne  Rivier se monding in Panne  
     
Sprinkaan voels  Pelikane  Gompou 
 
Blouwwildebeeste in warm son  Sua Panne - Google Earth  
 

 

 

Wi Fi :       Wi-fi by Nata Lodge teen reelike speod.  
Kaarte :     Aanvaar kredietkaarte  
Brandstof Prys : P6.19  
Verblyf :     Nata Lodge.   Tel     ???       www.    ???  

 

 

Tuisblad        Botswana toerskedule       Volgende