Naude's Nek Pas

14 Februarie 2015

Naudes's Nek - Maclear na Rhodes

With a summit of over 2,920m above sea level, Nauds Nek Pass is the highest dirt road in South Africa. Connecting Maclear with historical Rhodes, this pass is based on the route taken by the intrepid Naud brothers in the 1890s. Following the path that their horses instinctively took, they carved out the route with picks and shovels. Today the road is more usually travelled in a comfortable 4x4 vehicle, but it still presents a challenge, particularly in winter when heavy snowfalls are common. Local advice regarding weather and road conditions should be heeded before attempting this spectacular pass.

Ons wou al die vorige dag oor die pas ry, maar daar was 'n hewige donderstorm, en ons besluit om een dag ekstra in Rhodes oor te bly. Ons het tog te lekker gekuier by die stoepsitters. Die weervoorspelling wys dat vandag sal dit mooiweer oor die Naudes Nek Pas wees. More reen dit weer.

Vandag is dit 'n pragtige oop, sonskyndag, en ons val teen 07:00 in die pad om oor die eerste twee passe te ry. Naude's Nek Pas is die hoogste pas in RSA. Sani is wel hor, maar die piek is in niemandsland of in Lesotho, afhangende van hoe jy dit beskou. Ons bestemming was 'n Forel plaas sowat 60 km buite Rhodes, maar om daar te kom moes ons oor Naudes Nek Pas en die Elandskloof Pas ry. Die eienaar is Donie Naude, en sy oupa grootjie was betrokke by die bou van die Naudes Nek Pas. Die algemene vertelling is dat die oupa grootjie en sy twee broers die pas met pik en graaf gebou het (sien hier bo), maar ons gasheer s dat die broers net die pad afgesteek het en dat padbouers die pad gebou het.

Die pas loop aanvanklik deur pragrige groen heuwels en valleie met die Bell rivier wat onder in die vallei al langs die pad kronkel. Dan bereik jy die pas en dit klim lekker steil. Die pas is nie so onrybaar soos algemeen vertel word nie. Plek-plek is dit klipperig en verspoel, maar origens is dit 'n baie goeie pad. Die natuurskoon langs die roete is pragtig. Op een plek lyk dit of jy bo is, maar dan daal jy en klim later weer tot op 'n nuwe hoogtepunt by Tenahead Lodge se afdraai. Die eerste piek is toe die regte hoogtepunt, en die tweede wat met 'n bordjie as piek aangedui word, is net 'n uitkykpunt. Bietjie verwarrend. Van Rhodes, op 1990 meter, klim jy tot bo by ongeveer 2500 meter. Onder wys 'n bordjie die piek is by 2596 meter maar Garmin kon ons nie tot daardie hoogtes neem nie!

Bordjie na Naudes Nek Pas in Rhodes Begin van die pas Pragtige groen omgewing Pragtige groen omgewing
Valleie in die Drakensberge Bell Rivier kronkel saam met die pad Bell Rivier kronkel saam met die pad Skerp draaie teen die pas uit
Skerp draaie teen die pas uit Skerp draaie teen die pas uit "Tuintjie" hoog op teen die berg Rustig wei die beeste langs die Bell rivier

Reg bo-op die pas, draai daar ''n afdraaipaadjie af na 'n vyf-ster oord, TENAHEAD LODGE. Die geboue is van klip gebou en is glo in die bousteil van die Skotse Hooglande. Na drie kilometer bereik ons die lodge. Dis bitter koud en die wind waai ongelooflik sterk daar bo. Ons is nou meer as 2550 meter bo seevlak. Buite staan die werkers en is besig om 'n groot stapel brandhout te kap en te pak. Dit moet voorraad wees vir die koue aande en die winter wat op pad is. Ons stap deur die lodge en bekyk die luuksheid wat hier te sien is. Dit kos glo R1880 per dubbelkamer per dag. Jy moet regtig hier wil kom oorbly as jy hierdie bergpas pad ry om hier uit te kom.

Tenahead Lodge Tenahead Lodge Tenahead Lodge Tenahead Lodge
 
Tenahead en Bell Rivier Tenahead Lodge Klip kraal hoog teen die berg  

By die bordjie wat aandui dat dit nou die top van die pas is, stop ons om iets te eet en te drink. In werklikheid is dit net 'n uitkykpunt. Die eintlike toppunt is sowat 7 kilometer terug in die rigting van Rhodes. Hierdie is egter 'n ongelooflik mooi uitkykpunt. Jy is gelukkig as die berg nie toe onder die mis is nie - en ons was! Dis bitter koud en die wind waai sterk. Ons draai die motor dwars teen die wind en koes maar aan die wind-af kant. Ons stap tot op die rand van die afgrond, en sien die pad hier onder ons wegval. Dit maak skerp draaie en waar dit 32 kilometers geneem het om bo te kom, is jy sommer gou-gou af tot op 'n plato waar boerdery op groot skaal be-oefen word.

As ons die pas moet vergelyk met passe wat ons al gery het, bv Carlisleshoek Pas, Volunteershoek Pas, Gamkaskloof Pas, Baviaanskloof Passe, Jouberts Pas ens, dan is Naudes Nek Pas sommer 'n vulletjie. Hy is wel baie lank (32 kilimeter) en hoog (2500 meter), maar baie rybaar. Dis moontlik om die pas te ry met 'n gewone motor mits dit redelike vryhoogte het. Jy moet net stadig oor die klippe en dit op 'n mooi sonskyndag doen.

Klipbank bo-op die pas by uitkykpunt Bordjie bo-op die pas by uitkykpunt Baie steil afdraende Baie steil afdraende tot doer onder
Baie steil afdraende Ons kom van daar bo af Die regte piek van die pas Die "uitkyk" piek
   
** Die piek kon so gelyk het ** Foto: Mountain passes of South Africa Kaggelvuur teen die koue  

Sowat 6 kilometers anderkant die afdraai na Maclear bereik ons die plaas Vrederus waar ons vir twee nagte gaan oorbly. Ons moet ons oornagplekke so beplan dat ons Dinsdag in Underberg sal wees om Woensdag teen Sani Pas uit te ry. Net Woensdag en Donderdag is daar sonskyn, terwyl dit al die ander dae glo gaan reen. In die reen kan jy nie Sani Pas uitry nie, want jy sien dan niks en die pad kan glyerig wees. Die reen speel nou 'n groot rol in ons roete beplannings hier rondom die Drakensberg.

Ons bereik die plaas, wat 60 kilometer uit Rhodes is, na 5 ure se ry. Toegegee, ons het baie gestop om voels te kyk, te eet en by Tenahead Lodge aan te doen. Ons gasheer s hul doen dit in 1 uur 10 minute as hul haastig is, andersinds in 1 uur 30 minute! Hul ry die pad twee keer per week heen en weer om hul dogter na die skoolkoshuis in Rhodes te neem.

Laat middag kom vlieg meer as 100 Kalkoen Ibisse (Bald Ibis) in groepe oor die dam en kom slaap in die bome saam met Kormorante en Wit Reiers. Bedags wei hul op die omliggende plase se landerye.

Ons cottage op Vrederus Tyd vir braai Beeste kom huis toe Kleure
Southern Bald Ibis Southern Bald Ibis Southern Bald Ibis Southern Bald Ibis

15 Februarie 2015

Vanoggend hang daar 'n dik laag miswolke oor die berg en die hooglande. As ons vandag moes oor die passe gery het, sou ons niks kon gesien het nie en sou dit moeilik gewees het om te bestuur. Dit is bitter koud en daar val 'n effense misreentjie buite. Ons sit maar in ons cottage voor 'n warm kaggelvuurtjie.

Alles toe onder die mis Alles toe onder die mis Alles toe onder die mis Alles toe onder die mis

Die roete oor die pas. Let op die baie haarnaald-draaie

 

16 Februarie 2015

Na die mistigheid en reen van die vorige dag, beloof dit om 'n baie mooi, maar effe bewolkte dag te wees.

Ons groet vir Donie en Juan Marie, en vertrek op die verdere roete deur die Pitseng Pas. Die pad is mooi gebou en ons het geen probleme om die pas bo van die plato af na onder, te ry nie. Van die plaas Vrederus waar ons oornag het, daal jy eers taamlik skerp, en later meer gelydelik, met meer as 500 meter. Dis 'n pragtige landskap en oral is groen weivelde en aangeplante mielielande. Donie vertel vir ons dat ons moet uitkyk vir die "bruggie na nerens" wat in 'n kloof gebou is. As jy daar na regs tot bo-op die berg kyk, sien jy die man met sy pluiskeil wat voor die orrel sit en speel. Ons kry dit en dit is nogal baie oorspronklik.

   
Bruggie na Nerens Orrelspeler    
Mount Fletcher Swartberg

Waar ons by Vrederus meer as 100 Kalkoen Ibisse, dosyne Mahems in 'n swerm en dosyne Wit Reiers gesien het, sien ons op die roete deur Pitseng Pas meer as 'n paar honderd Amur Falcons (Oostelike Rooipoot Valkies). Op een plek lyk hul soos blomme aan 'n groot boom. Hul sit in hordes op die krag en telefoon drade. Oral sien jy hul rondvlieg op soek na kos. Dit was 'n besonderse gesig.

Ons ry later deur 'n stamgebied, maar die veld is mooi en glad nie verniel soos ons al elders gesien het nie. Die huisies is netjies en ons kon geen blikhuise erens sien nie.

Langs die hele roete van Rhodes tot hier waar ons aansluit by die Maclear / Mount Fletcher pad, die R56, het ons slegs 'n boer met 'n bakkie en 'n polisievoertuig gesien. Dit laat ons dink aan die ouderling wat vir die boer op sy afgelee plaas gese het: "Broer, weet die Here jy is hier?".

Na sowat 50 kilometer bereik ons die R56 en ry daarna op teer deur Mount Fletcher tot by Matatiele. Mount Fletcher is 'n bedrywige dorp met baie voetgangers en taxis in die hoofstraat. Ons bereik Matatiele teen 10:00 en besluit om deur te druk tot by Underberg. Die son skyn Dinsdag op Sani Pas en ons moet weer ons program daarvolgens aanpas.

2 Kilometer anderkant Matatiele draai ons af op 'n baie lekker grondpad tot by Swartberg waar ons weer aansluit by die Kokstad / Underberg pad (R617). Die roete neem ons deur grasgroen weivelde en kilimeters se mielielande. Dit moet n baie vrugbare area wees.

'n Pragtige roete wat van Queenstown, deur Dordrecht, Elliot, oor die Barklys pas, deur Barkly Oos, Rhodes, Naudes Pas, Elandskloof Pas, Pitseng Pas, Matatiele, Swartberg tot by Underberg loop, kom tot 'n einde. Hierdie roete word sterk aanbeveel en ons sal dit verseker weer ry.

Verblyf:    Vrederus gasteplaas en Forel Hengeloord    Tel 0834656699    S30 46' 57.0 E28 16' 34.4"

Tuisblad        Weskaap toerplan    Volgende

Verdere inligting: http://www.mountainpassessouthafrica.co.za/find-a-pass/eastern-cape/item/205-naude-s-nek-pass.html