Naudes Nek pas

Johann en Elsie Kritzinger toere - Oos Kaap

05/02/2018

 
Klik op kaart en fotos Totale afstand : 111 km

Op pad terug van Stilbaai na Johannesburg, neem ons 'n ompad sodat ons deur Lesotho kan ry.

Ons eerste dag se rit was amper 900 kilometer. Die roete was via George, Graaff Reinette, Middelburg, Aliwal Noord tot by Lady Grey.

Hier oornag ons op 'n plaas, Gairtney Farm, sowat 30 kilometer uit Lady Grey op die Joubertspas roete. Hierdie plaas is baie naby aan die Karringmelk Spruit. 'n Interessante aspek van hierdie rivier, is dat die treinspoor tussen Lady Grey en Barkly Oos al langs die pad loop en ook daar teen die berg moet af, en anderkant uit. Die treinroete is egter te steil en die spoor bouers het toe ses "reverses"  gebou sodat die trein trapsgewys daar kon af en anderkant uit. Die spoorlyn is nou in onbruik. Die trein bruggies en watertenk in die ou stasie is nog te sien van die pad af maar effe toegegroei. 

Gairtney Farm Treinspoor " Reverses"

06/02/2018

Ons vul die brandstof tenks in Barkly Oos en blaas die bande af vir die grondpad oor Naudesnek Pas.

Dit is 'n helder sonskyndag, maar reen word vir die middag en volgende dae voorspel. Ons is op n vorige besoek een maal in sonskyn en een maal in digte mis oor die pas. Altwee is 'n ondervinding, maar op 'n sonskyndag is die uitsigte besonders mooi.

Ons bereik die uitsigpunt van die pas waar dit steil begin daal by S30 43' 56.4" E28 08' 14.2". Daar word verkeerdelik gedink dat dit die top van die pas is. Die werklike top is 'n entjie terug. By die uitkyk punt is 'n groot klipplaat waar jy kan stilhou en die uitsig en 'n piekniek kan geniet. Dit is by die afdraai pad na die Tenahead lodge.

Hierna daal die pad baie steil en bereik uiteindelik die punt waar jy moet besluit of jy met die Potrivier Pas na MaClear, of die Pitseng pas na Mount Fletcher wil ry. Beide is pragtige passe maar na groot reens is die Potrivier Pas tand in 'n baie slegte toestand. 

Ons oornag weer by Vredelus Oord. Die middag begin dit ernstig te reen met harde donderslae. Die hele volgende dag was dit renerig en was ons bekommerd oor die nat pad wat ons dei volgende dag met Pitseng Pas moes af.

Begin van Naudes Nek Pas Naudes Nek Pas Naudes Nek Pas
Naudes Nek Pas Naudes Nek Pas Werklike top van Naudes Nek Pas
Vals top van Naudes Nek Pas Naudes Nek Pas Naudes Nek Pas
   
Naudes Nek Pas    

07/02/2018

Dis 'n helder sonskyn dag en ons gaan sonder enige probleme teen die pas af tot in Matatiele. Daar raai 'n verkoopsman ons aan om nie die twee alternatiewe grondpaaie na die dorpie Swartberg te ry nie. Na die reens is die pad in 'n baie swak toestand. Ons moes dus maar via Kokstad ry om by Underberg uit te kom

Ons oornag weer by Arbuckle House gaste huis. Daardie nag Is al die krag af en moes on sin die donker opstaan en regmaak om te vertrek

 

Tuisblad             Volgende