fotosroete19/20161230_IMG10608.web.jpg

Vrederus

Johann en Elsie Kritzinger toere - Drakensberg en Oos Kus

31/12/2016

Potrivier pas & Vrederus

 
Klik op kaart en fotos Totale afstand : 315 km

Nadat ons ons voorrade aangevul het wat ons moet deursien vir die volgende 6 dae, vertrek ons op die roete wat ons tot by Vrederus sal neem. Van Undeberg ry ons met die R617 teerpad tot by die gehuggie Swartberg. Op die roete ry ons deur die Kingscote Cutting, een van die passe op vandag se roete. By Swartberg draai ons weg op die R394 grondpad wat ons uiteindelik tot by Matatiele neem.

Dan gaan ons verder op die R56 teerpad en gaan tydens die Saterdag oggend spitstyd deur Mount Fletcher. Dis net mense, karre, diere en opeenhoping van die verkeer.

Tussen Mount Fleytcher en Maclear ry ons met die R56 oor die Moordenaarsnek pas en die Katkop pas. Die geteerde passe en die omgewing is baie mooi. Oral op die roete  is baie lastige spoedbeperkings. Sommige hou vir baie kilometers aan. Dis opmerklik dat die locals hul min steur aan hierdie spoedbeperkings.

By Maclear moet ons afdraai op die R396 na Rhodes en vul ons die brandstof tenks en blaas die bande af vir die grondpasse wat vir ons voorle. Ons sal eers weer volgende Vrydag op Barclay Oos brandstof kry.

Tussen Maclear en ons oornagplek by Vrederys is die Potrivier pas. Dit is 'n grondpad van 52km wat voorle.

Die Potrivier Pas is baie mooi en lekker steil. Die werklike pas word aangedui as 10 Km, en bereik 'n hoogtepunt op die roete van 1708 meter. Die pad is in 'n redelike goeie  toestand, maar die laaste ongeveer 10 kilometer is dit maar rof en grof en klipperig. Ons gashere ry die pad sommer maklik heen en weer vir 'n kerkbesoek of om inkopies in Maclear te doen.

Ons bereik die aansluiting na die Naudesnek Pas, en ons oornagplek is nog sowat 5 kilometer verder in die rigting van Mount Fletcher. Na 'n lang dag se ry bereik ons die plaas en maak ons tuis.

Dit was 'n heerlike sonskyndag, maar later die middag dreun en blits dit. Gelukkig trek die swaar reen verby die plaas, en kry ons net 'n paar druppels.

Potrivier Pas

     
Potrivier Pas  Potrivier Pas  Potrivier Pas 
     
Potrivier Pas  Potrivier Pas  Potrivier Pas 

01/01/2017

Na al die ryery van die afelope paar dae, spandeer ons 'n rustige oggend by die Chalet. Na middag ete sak hier darem vir jou 'n donderstorm en haelbui uit wat skrik vir niks. Gelukkig kom waarsku hul ons en kan ons die voertuie in die stoor gaan berg.

Ons chalet by Vrederus Die Lapa Die Forrel dam by die Opstal

 

02/01/2017

Vandag is voelkyk dag. Ons reel met ons gasheer dat sy seun ons sal neem na die area waar die broeipaar Lel Kraanvoels voorkom. Ons volg hom vir 17 kilometer terug op die pad na die Pot Rivier Pas.

Ons draai af by die ingang na Diepfontein, en ry met die bospaadjie en later oor die grasvlaktes tot bo op 'n heuwel. Daar staan die twee Lel Kraanvoels in die helder sonskyn vir ons en pronk. Ons neem baie fotos van hierdie skaars en bedreigde spesies. Toe ons versigtig nader stap, vlieg hulle weg en gaan land ver onder ons naby die vleiland. By hulle is ook sommer twee Mahems wat saam wei. Hierdie was 'n spesiale besigtiging, want daar is bitter min van hulle oor in die wereld.

Op pad terug sien ons sommer as bonus 'n groep Mahems, 'n Swart Ooievaar, Sekretarisvoel en heelwat Wit Ooievaars.

Donnie reel dat sy dogter ons met haar quad sal vergesel na die hoogste punt op die plaas. Ons bereik die uitkykpunt op 2030meter bo seevlak. Ver onder ons is swart dorpies en huise. Dan gaan kyk ons na "Die Klippe". Ons moet die motor op 'n heuwel parkeer en dan verder stap en lekker steil klim om om die groot klipformasie te kom. Oral is oorhang grotte en ons stsp ook deur 'n klip boog. Aan die noordekant van die rotsformasie is nog die oorblyfsels van grotbewoners. Hul het lekker warm huise in die grot gemaak deur die voorkant toe te bou. Die oorblyfsels van hul bees en bokkrale is nog daar te sien. Reg bo-op die rotse is 'n "swembad" wat deur erosie en reen veroorsaak is.

Op ons terugtog kry ons weer Sekretaris Voels, 'n Veldpou (Denhams Bustard) , en die kersie op die koek, ook 'n paar Blou Kraanvoels met hul twee kleintjies. Nou het ons op een dag op een plek sommer al drie die kraanvoel spesies gesien! Toe ons amper terug is by die chalet, kry ons ook sommer die Geelborskoester (Yellow Breasted Pipit).

Na ses ure se voelkyk was dit 'n moe span voelkykers wat die vure aansteek vir 'n vroe middag/aand ete 

Lel Kraanvoels Lel Kraanvoels en Mahems Blou Kransvoels met babas
Swart Ooievaar Sekretarisvoel Veldpou

02/01/2017

Die Klippe

Donnie Naude se dogter Rianie, vergesel ons op haar quad na "Die Klippe" 'n groot klipformasie hoog op in die berg

Dis 'n heerlike uitstappie op die groen grasvlakte en ons gaan al hoe hoer tot ons later by 2030 meter beland. Dan gaan ons kyk na "Die Klippe". Dis 'n groot rotsformasie daar bo in die berge. Die uitkykpunt van 2030 meter is heelwat hoer as die top van Potrivierpas wat maar 1708 meter is.

Elsie op die bruggie van Potrivier Pas Polisie stasie bo-op Die pas Rianka op haar quad
Die Klippe Die Klippe Grotwoning
 
Klip tonnel Dam en opstal van hoog op die berg  

Tuisblad             Drakensberg ooskus roete          Volgende