Tuisblad:  Toer 8  
 

Nelspruit, Witrivier, Kaapschehoop

NELSPRUIT (p272)

Agtergrond: Nelspruit voer sy ontstaan terug na die laat 1880's toe Percy Fitzpatrick die plaas Cascades van die Transvaalse Republiek gehuur het. Toe die spoorlynvan die Rand na Mosambiek die gebied teen 1891 bereik, is ;n stasie gebou en is die dorp aangele op die grond van die broers Nel. In Augustus en September 1900, tydens die Anglo Boere-oorlog, was Nelsruit vir 'n kort tydjie die setel van die voortvlugtige regering van die Transvaalse Republiek. Die dorp is in 1905 geproklameer en het in 1946 munisipale status gekry. 

Besienswaardighede is die sonwyser in die vorm van 'n wawiel buite die stadsaal en die Nasionale Botaniese tuin,

Toer dagboek:

Dag 34
02/04/2009

Die pad vanaf Barberton na Nelspruit word nuut oorgebou, en gaan oor 'n baie steil pas, die Hilltop Pas. Elsie ry weer agter die motorwoonwa tot in Nelspruit. Ons moes sowat 7 minute wag voor die voertuie van voor verby was en ons kon ry. Die motorwoonwa kon darem in 2de rat teen 25km/h die pas baasraak. Dis geweldig steil en op  sekere skerp draaie was dit op die tande kners.

Ons boek in by die Natures Gate karavaanpark, sowat 9 km vanaf Nelsruit op die pad na Machadodorp. Volgens inligting is dit die enigste in die omgewing. Dis maar 1 jaar oud en nog nie heeltemal op die gewone standaard waaraan ons gewoond is  nie, maar die plekkie het moontlikhede. Teen R200 per nag is dit egter heeltemal te duur vir die huidige geriewe. Bedelaars kan nie kieskeurig wees nie, en ons moes maar uithaal en wys.

Ons gaan "dorp" toe om 'n paar stukkies kamptoerusting te koop, en vind dat kaarte en Garmin nog die ou SA name aandui en die dorp is nou alles nuwe SA name. Baie verwarrend. Met navrae en geluk kom ons darem uiteindelik by die karavaan winkel uit. Ai as mens Loftus Karavaan in Randburg gewoond is, sukkel jy om te kry wat jy wil. Die "i" was ook maar die gewone so-so.

Ons besoek toe die nuwe Riverside Mall op die Witrivierpad, en besoek die Game winkel om die kamptoerusting wat ons soek te koop, en die Exclusive Books vir 'n boek oor bome wat Elsie graag wil he. Die meisie is baie hulpvaardig en kry 'n Afrikaanse eksemplaar van die boek wat ons wil he in die Clearwater Mall in Johannesburg. Sy reel dat Vasti dit daar sal optel en oor Paasnaweek na ons sal bring. Ons mikrogolfoond het ook besluit hy is verby sy use-by-date, en ons koop 'n special by Game. Die nuwe een werk soos 'n bom, en Johann moet nou net die ou een uithaal en die nuwe een inbou.

Ons wou Sondag na Kaapsehoop gaan om die blou-swaeltjie te soek, maar die gids wat ons in die hande kry vertel ons dat hulle reeds ge-emigreer  het. Die beste tyd is glo so teen September, alhoewel die boeke aangee dit is tussen September en April. Ons is dus net te laat.

 

WITRIVIER. (p273)

Agtergrond: Die dorp is aan die oewer van die Witrivier, 'n sytak van die Krokodilrivier. In 1904, na afloop van die Anglo Boere-oorlog het Lord Milner 'n landbounedersetting vir oudstryders hier gevestig. 'n Kanaal van 26 km is gegrawe om die kleinhoewes van 40 ha elk van water te voorsien. Die eenhede was te klein en die projek was 'n mislukking. Later in 1014 is die eenhede aan sindikate verkoop en sitrusboorde, denne en bloekomplantasies is aangeplant. Die spoorlyn van Nelspruit is in 1926 voltooi en dit het die gebied 'n hupstoot gegee.

Dag 35
03/04/2009

Ons was eers ons wasgoed in die oord se privaat wasmasjiene en omdat dit saggies begin reen, hoop ons dit word droog.

Op die dag se program was 'n besoek aan Witrivier en ons vat die pad so teen 10:00. Die dele van Witrivier waardeur ons gery het is skoon en netjies. Ons soek die "i", en vind dit so 3 km buite Witrivier op die pad na Hazyview. Die kompleks is die Casterbridge Winkelsentrum. Dit is 'n groot kompleks met dosyne klein winkeltjies, pottebakkeye, ens. Ons besoek oa Rottcher Wynmakery en die Motor museum. By die wynmakery maak Jaco Nel op die perseel die lekkerste  Avalencia lemoen likeur asook lemoen likeur met 'n effe gemmer smaak. Ons proe van beide en koop 'n paar bottels van die lekker likeur. Daar is ook 'n wyn met 'n rissie smaak, maar ons het nie hierin belanggestel nie.

Die motormusem is in 'n groot skuur en daar is baie gerestoureerde motors en nog meer wat nog baie aandag nodig het. Dit moet 'n hele paar rand werd wees.


                                                                                               Jaco Nel se Rottcher Wynmakery

                                                                          Motormuseum

                                                                Witrivier se strate is baie mooi

Daarvandaan gaan ons na die Jane Goodall Chimpanzee Instituut. Dit is so 10 km buite Nelspruit, terug op die pad na Barberton. Ons woon die 14:00 vertoning by waartydens die chimps gevoer word met papaja. Hulle maak 'n groot lawaai as hul die kos sien. Die gids verduidelik alles rondom die chimps en na 90 minute is ons deur die toer. Dit is skrikwekkend as jy hoor waar die chimps vandaan kom en hoe hul mishandel is voor hul hier beland het.

Sommige is as "kinders" in ryk mense se huise groot gemaak met klere, beddens die lot. Een so 'n chimp hier by die instituut se hare is alles afgeskeer, en as "baba" aangehou. Sy het haar eie kamer en klere gehad, haar eie nanny, haar eie playstation, baie speelgoed en kon eet wat sou wou soos chips, lekkers ens. Die chimp het siek geword van al die gemorskos wat sy ge-eet het, en is uiteindelik na 'n vee-arts geneem. Die veearts het aanbeveel dat die chimp na die instituut kom en hul kon haar red. Haar hare het weer gegroei maar sy gooi steeds tantrums soos 'n klein dogtertjie.

Indien chimps as troeteldiere aangehou word, word hulle 'n probleem soos hulle groter word, en dan word hul 'n gevaar en begin die mishandeling. Wilde diere moet liefs wild gehou word. Die hele doel hier is om die chimps weer te laat verstaan dat hul chimps is. Net sommige van hul sal ooit in die natuur vrygelaat kan word. Die ander sal nooit weer kan aanpas in die natuur nie.


                                                                                                          Jane Goodall instituut

                                                                                                             Jane Goodall instituut

Dag 36
04/04/2009

Johann probeer om die nuwe mikrogolf in te bou, maar sonder sukses. Die ou een is vas gerivet en hy kry hom nie los nie. Ons sal maar Maandag na die karavaan werkswinkel gaan om dit los te boor. Elsie het gaan inkopies doen by die Riverside Mall.

Later daag Sean Nkosi van die oord op en hy help Johann om die rivets los te sny met die hoeksnyer (angle grinder). Uiteindelik is die twee mikrof-oonde omgeruil en Sean glimlag breed toe hy die ou een as "betaling" te ontvang. Die oond het seker net 'n draad los en hy s hy weet hoe om dit reg te maak. Hy bly so 2 km van die oord en met die oond op 'n kruiwa hier weg.

KAAPSCHEHOOP

Agtergrond: 

is gele in die heuwels bo Nelspruit bo die manjifieke "Vallei van die Dood". Die dorp het 'n glorietydperk beleef teen die einde van die 19de eeu toe die dorp die middelpunt van die goudstormloop was. Teen 1910 was daar 2000 gesinne in die dorp. Vandag is die dorpie bekend vir die seldsame blouswaels en rotsformasies en vir die 130 - 170 wilde perde wat in die heuwels hou.  Met die ontdekking van goud het Kaapsche hoop floreer. Tydens die Anglo Boere oorlog het die Engelse hier 'n vesting gehad. Die ruines van die kamp en grafte van soldate is steeds te sien. Die dorpie is aanvanklik "Duiwelskantoor" genoem, maar die naam is later verander na Kaapsche Hoop.  Die dorpie is nou weer "herontdek" en vele kunstenaars het hul daar gevestig.

Dag 37
05/04/2009

Vroeg oggend vat ons die pad na Kaapschehoop. (Party borde spel dit net as Kaapsehoop). Die pad daarheen is steil en die dorpie is bo-op die berg. Ons arriveer so teen 07:45, en met die deurry sien ons dat daar die vorige dag 'n troue was. Dis 'n pragtige plek vir 'n troue. Al die gaste het in gastehuise oorgeslaap en dit was 'n groot funksie. Ons het champagne glase buite op die grasperke opgetel. Die kerkie is sklein maar baie mooi. Daar staan 'n klomp motorfietsryers buite rond en ons vra of ons maar saam met hul die bikers kerkdiens kan bywoon. Daar was seker so 20 of meer van hulle en ons twee. Dit was 'n baie mooi en intiem gesellige kerkdiens gelei deur 'n pastoor wat ook 'n biker is.


Na die diens stap ons na die Battery Creek waterval. Die permit is te kry by die Pannekoek hoekie en kos R10 per persoon. Dis 'n hele entjie se stap deur die dennebosse en dan steil af klim teen die rotse tot onder in die rivier. Nadat ons so 'n klompie kere deur en oor die rivier moes gaan, bereik ons die onderkant van die waterval. Dis baie mooi en die reenboog slaan uit soos die sproei opsteig. Die uitklim uit die kloof was effe aan die moelike kant.

Terug in die dorpie eet ons pannekoek vir brunch by die Pannekoek plek. Ons kies elk 'n platter met 6 pannekoekies met verskillende vulsels. Johann sin almal soet, en Elsie sin almal sout en vleiserig. Ons ruil uit en eet ons trommeldik. Intussen wei die hoenders , eende en perde rustig in die strate. Hul het die right of way hier.


Terug in Nelspruit, gaan ons na die Botaniese tuin. Dis baie mooi en die moeite werd om te gaan sien. Jy loop op 'n plankiespad hoog bo die grond deur reenwoude en Afrika woude. Dan oor die rivier met 'n hangbrug om die mooiste watervalle (rappids) te sien.


In die verte sien ons die Provinsiale Regeringsgeboue.

 

VOLGENDE