Tuisblad:  Toer 8  
 

Nibela Lake Lodge

Dag 108
15/06/2009

NIBELA LAKE LODGE (St Luciameer)

(Meer oor Nibela )

Vandag is dit die verjaarsdag van ons dogter Elschen in London, en kleindogter Ine in Midstream. Nadat ons hul albei gelukgewens het, pak ons die Fordjie.

Ons laat die motorwoonwa agter in Tugelamond en ry noord tot by Hluhluwe, waar ons afdraai op pad na Sodwana. Ons draai later weer regs weg, en met 'n effense ompad kom ons by Nibela Lake Lodge uit  Nibela Lake Lodge is geleŽ aan die suidelikste punt van die "Florida" skiereiland van St Lucia meer. (S27 59 10.1 E32 25 49.4) Ons was verlede jaar ongeveer dieselfde tyd ook hier, en kry sowaar weer dieselfde chalet, no 209.

Die St Lucia meer is baie leeg en ons verneem dat dit as gevolg daarvan is dat die soutgehalte drie keer meer is as die soutinhoud van die see. Visse vrek en spoel oral op die strand uit.

Die Lodge is redelik vol,van gaste wat die langnaweek kom kuier, en die eetsaal sit vol mense. Na 'n heerlike aandete wat deur Jameson en sy chefs voorberei is, gaan ons vroeg slaap.

 
             Nibela ingang                                              Ons chalet #209                           Plankiespad - ("boardwalk")

                                                                                                               Hoofkompleks

Dag 109
16/06/2009

Ons gaan groet vir Sarel en Melani van der Westhuizen, die oordbestuurders. Hul klein dogtertjie van 18 maande oud, Kayla, het op 1 Maart hier by die Lodge in die swembad verdrink. Hulle is nog baie hartseer en Elsie gee aan hul 'n rooi roosboompie wat ons in Richardsbaai vir hulle gekoop het om ter nagedagtenis aan haar te plant.

Ons gaan stap deur die bos en sien 'n paar mooi voels, o.a. die Pink Throated Twinspot (Rooskeelkolpensie), en die Green Malkoha (Groenvleiloerie). Ons boek vir Richard, die voŽlgids, om ons moreoggend vroeg na die Mkuzi-vloedvlakte te neem waar ons al drie die Longclaws, (Kalkoentjies) albei pelikane en albei  flaminke behoort te sien. Verlede jaar was ons saam met die gids Lucky op die quads tot by die vloedvlakte, maar Elsie sien nie kans om dit nou weer te doen nie. (Te bang !?). Ons sal met die Fordjie ry so ver as wat ons kan en dan stap.


     Rosy throated longclaw                       Pink throated twinspot                                  Quadbiking 2008
 
                  Die meer 2008                                   Die meer 2009                                                                               St Lucia-meer is droog

                            African Goshawk (Afrikaanse Sperwer - baba)

Dag 110
17/06/2009

Vroeg die oggend is ons met die Fordjie, en saam met Richard as gids, weg na die vloedvlakte. Ons ry sonder probleme met die sandpaadjies tot by die vloedvlakte. Verlede jaar moes ons met die quads tot hier ry aangesien ons met die motorwoonwa hier was en dit te groot was om tot by die vloedvlakte te ry. Ons parkeer die motor op die grasvlakte en begin rondstap op soek na die Longclaws (kalkoentjies).

Dit is maar 'n koue dag en kort voor lank begin dit ook te reen. Ons sien toe weer al drie die kalkoentjies, die rooskeel, oranjekeel en geelkeel kamlkoentjies.(Rosy Throated, Orange Throated en Yellow Throated Longclaw). Dit is van die min plekke in die land waar jy al drie soorte kalkoentjies aantref. Daar is ook 'n groot groep pelikane in die water - die Witpelikaan en Kleinpelikaan, asook baie van die Kleinflaminke. Omdat dit te reenerig en onplesierig was, was daar nie juis ander grasveld voels te sien nie, en draai ons maar terug na Nibela vir ontbyt   


                                                 Rosy Throated Longclaw                                      Yellow Throated Longclaw                     Pink Throated Twinspot

   Greater & Pink Backed pelicans                            Kitlitz Plover                                     Grasveld Pipit                              Whitebrowed Scrub Robin

Na middag-ete help ons vir Sarel en Melani om Elsie se roosboompie by haar gedenktuintjie te plant.    
                                                               

┼      Klein Kayla van der Westhuizen se gedenktuintjie   




 

Dag 111
18/06/2009

Gedurende die nag was daar sterk donderweer in die omgewing en die grond was vanoggend lekker nat . Ons gaan stap so teen 08:00 om voŽls te soek en kon darem die Kuifkop-tarentaal (Crested Guineafowl) by ons toerlysie voeg. Om ons vriend Neil Ebedes weereens groen van jaloesie te maak, sien ons altesame drie Nikators! Ons sal hom maar eendag vir 'n week na hierdie pragtige skiereiland en lodge moet bring om al die skaars voŽls te sien. Vanaf die boma se dek het mens 'n mooi uitsig oor die St Lucia-meer. Dis egter baie droog en die watervlak is baie laag. In die middel van die meer stap die groot groep Klein-flaminke halfbeen in die water en wei. Ons was weer teen 12:00 terug by die kompleks. 

Die kouefront trek oor die area, en teen die middag was dit vir die eerste keer lekker warm sonskynweer. Ons besoek aan Nibela was om in te pas by ons toerskedule, maar die weer het ongelukkig nie saamgespeel nie. Nogtans was dit weer 'n besondere ervaring om hier te kon wees. Verder ook om die van der Westhuizens te kon bystaan en bemoedig.. 


Skadubeeld van Crested Guineafowl         Brown-headed Kingfisher                       Red-faced Mousebird

                            Uitsig oor droŽ meer vanaf Boma se dek

Dag 112
19/06/2009

Ons slaap maar sleg die nag want erens in die chalet is 'n muis/muise en hul knaag kliphard aan iets. Ons soek en sien later een, maar kry hom nie in die hande of by die deur uit nie.

Ons reel met Sarel en Melanie dat ons vroeg-oggend op 'n uitstappie gaan met Lucky as gids. Lucky is 'n kenner van voels en kan al hul geluide naboots. So in die volgende twee ure sien ons oa. die volgende:
Crested Guineafowl, Rattling Cisticola, Neergards Sunbird, Collared Sunbird, Grey Waxbill, Swee Waxbill, Southern Bandid Snake Eagle, Red Backed Mannikin, Black Bellied Starling, Southern Boubou, Purple Crested Turaco, Yellow Bellied Bulbul, Sombre Greenbul, Terestial Bulbul, Dark-Capped Bulbul, Yellowfronted Tinkerbird, Nicator, Puffback, Brownheaded Kingfisher, Emerald spotted Wooddove, Tawnyflanked Prinia,  Pinkthroated Twinspot, Yellow Canary, Redbilled Quelias,  Masked Weaver, Orangebreasted Bushshrike, Whitethroated Robin, Natal Robin, Paradise Flycatcher. Green-backed Cameroptera, en baie van die algemene voels.

Ten spyte daarvan dat ons hul roep. kon ons nie die Narina Trogon en Broadbill sien nie, alhoewel hul sekere tye van die jaar wel hier voorkom.

Na ete, neem ons afskeid van die personeel en vertrek terug Tugelamond toe. Weereens 'n baie aangename en onvergeetlike besoek aan 'n baie mooi plek.

 
    Southern Bandid Snake Eagle                 Brownheaded Kingfisher                          Grey Waxbill


TERUG NA TUGELAMOND