onguma Lodge

 

17/09/2015

 
Klik op kaart en fotos Totale afstand:  29 kilometers

Ons arriveer by Onguma Lodge en bevind ons in een van die drie kampe, nl die Tambotie Kamp. Dit is 'n nuwe kamp en word bemark as 'n "luukse kamp". Die ablusies ens is wel nuut en baie goed beplan, mar die meeste van die staanplekke is bedoel vir tente of daktente. Ons moes behoorlik maneuvre om op ons kampplek, 'n groter een, in te kom. Daar is bitter min skaduwee, en ons was nie gelukkig nie.Teen 39°c soek jy darem effense skaduwee!. Hulle noem ook op die internet van 'n watergat waar jy op die restaurent se stoep kan sit en kyk hoe die diere kom water drink.   By die ontvangs / restaurant is wel 'n suipplek, maar ons noem dit sommer 'n "fish pond".

Ons besoek die boskamp lodge en die "ou" karavaanpark met 6 staanplekke,baie meer aanvaarbaar. Met 'n helse gespook en amper harde woorde, kom die kampbestuurder in die prentjie en reel dat ons kon oorgaan na die Leadwood Camp by die lodge. Eers wou hul ons vooruitbetaalde fooie verbeurd verklaar, maar na onderhandelinge, is ons toe toegelaat om vanoggend oor te skuif na Leadwood. Tambotie het 20 staanplekke, en Leadwood net 6 lekker koelte staanplekke.

19/09/2015 ONGUMA

Bush Lodge

Watergat / drinkplek Swembad area Eetkmer

Vandag bly ons op Onguma se plaas en besoek vier van die ander kampe en Lodges - Tree Top Camp, Tented Camp, The Fort en Etosha Aoba Camp. By al vier word ons vriendelik ontvang, en rondgewys. by die Treetop kry ons selfs koffie en tee. Ongelukkig is Treetop teen N$3,360 per nag, en Tented Camp teen N$5,040 per nag bokant ons toelaatbare budget. Ons kon nie die prys kry by die ultra luukse Fort nie. Alle pryse sluit wel drie maaltye per dag in. Etosha Aoba kom in teen ±N$4000, afhangende van die grootte van die huisie.

Treetop Camp

Dekstoep / ontvangs Plankpaadjie na tenthuise Tenthuise van Dekstoep
Plankpaadjie na tenthuis Tenthuis Tenthuis
 
Eet gedeelte / sitkamer / kroeg Uitsig oor waterpan  

Tented Camp

Swembad en eet area Binnekant van tent
Saamkom plek in aand Uitsig oor watergat

The Fort

     
 Ingangsportaal  By ingangsportaal Elsie en Fritz hou die leeus dop 
     
Swembad Kamers met uiutkyktorings

Net anderkant die watergat, sien ons twee leeus in die koelte van die boom lê.  Al die diere is baie dors, maar bang en kom nie  naby die water nie. Van links kom Impalas, van regs kom Blouwildebeeste, en van heel regs staan 'n groot trop Springbokke. Ons wag vir aksie, maar na meer as 'n uur bly alles net so, en niemand waag iets nie/

2 Leeus onder die boom Impalas wag 
Blouwildebeeste wag  Springbokke wag 

   
          Impalas links                       Leeus by watergat                         Bl;ouwildebeeste middel                     Springbokke ver regs   

Etosha Aoba

Hierdie is net 'n lodge, en die pad daarheen draai af van die pad na die Bush Camp. Die meisie daar is vriendelik en wys on sdie kamers. Dit is baie luuks, netjies en goed beplan. Die kostes beloop so ±N$4000 afhangende van die grootte kamer. Aandete bed en ontbyt is ingesluit

Ingang na Etosha Aoba Lodge Uitsig van eetkamer / sitkamer Uitsig van buite sitkamer

 

 

Tuisblad              Botswana toerskedule        Volgende 

Verblyf :     Onguma Leadwood Camp     Tel: +264 61 237 055        http://www.onguma.com
Wi Fi :       Wi-fi by Onguma Kampterrein teen baie vinnige spoed
Kaarte :     Aanvaar kredietkaarte by die Lodge.  
Brandstof Prys :  N$11.98 in Namutoni ruskamp. Aanvaar kaarte vir brandstof - Was uit voorrad 50ppm