Tuisblad  Toer 8  
 

  Strydenburg, Hopetown, Orania, Vanderkloof, Petrusville

STRYDENBURG

Agtergrond:

Toer Dagboek: Die dorp is as 'n N G Gemeente op 24 April 1893 gestig. Die naam Strydenburg verwys na die getwis onder die leidliede van die naburige gemeentes toe hul op 'n naam en plek vir die gemeente moes besluit.

Dag 493
05/07
/2010

Vanoggend is dit maar 12C toe ons opstaan. Ons pak alles weg, en neem afskeid van die Strausse van Kambro. Ons koop nog van die lekker vleis en skilpaadjies, en vertrek op pad na Orania.

Die pad is maar ongelyk en nie so lekker gebou soos wat ons tot dusver gehad het nie. Ons bereik Strydenburg, en vul die dieseltenks by die garage langs die N12. Ons ry 'n draai deur die dorp en gaan by die noordelike ingang uit. Dit is 'n ou dorp en daar is nie juis besienswaardighede nie. Ons kies dus maar koers na Hope Town. In die hoofstraat is hul besig om 'n polisievoertuig op 'n lowbed te laai en ons moes maar geduldig wag tot hul klaar is voor ons verder kon ry. Die lowbed staan dwars oor die hoofstraat en blok alle verkeer - m.a.w vir ons!!

HOPE TOWN

Agtergrond: Suid Afrika se eerste diamant is in 1866 hier ontdek. Die dorp is op 18 Februarie 1854 gestig as 'n nuwe N G Gemeente.

Toer Dagboek:

So 50 km verder ry ons verby Hope Town. Aangesien die pad nie deur die dorp gaan nie, besluit ons om maar verby te hou. Net verby die dorp draai die pad regs weg na Orania en Petrusville. Die pad is 'n lekker teerpad en ons ry die afstand gou-gou af. langs die pad is daar groot besproeiingsboere met spilpunte net waar jy kyk. Dit lyk of dit 'n baie vrugbare area hier langs die Oranje Rivier is.

ORANIA

Agtergrond: Die dorpie wat as die kern van 'n volksstaat alleenlik vir wit suid Afrikaners ontwikkel word, het in 1967 ontstaan as 'n konstruksiekamp vir die mense wat by die bou van die Vanderkloof kanale van die Oranjerivier projek betrokke was. Toe die kanale projek 20 jaar later klaar was, is die dorpie net so agtergelaat. Die dorpie is in 1991 aanagekoop deur die Afrikaner Vryheidstigting. Orania is 'n private dorp wat deur 'n maatskappy Vluytjieskraal Aandeleblok Beperk besit word.

Toer Dagboek:

Ons bereik Orania net na middag ete, en word baie vriendelik deur die ontvangsdame by Aan-die-Oewer kompleks ontvang. Sy wys met trots vir ons die  hotelkamers van die 4-ster hotel, die Spa en die restaurant. Dis werklik 'n baie mooi, splinternuwe en netjiese ontwikkeling. By die Spa is die noordelike muur gebou van 'n staalkonstruksie met klippe binne 'n draad net. In die winter maak hul die glasmuur toe en bak dit die klippe en sodoende die SPA, lekker warm. In die somer maak hul die glasmuur oop, en water drup oor die klippe en koel sodoende die hele SPA af. (Soos die outydse "Safes" op die plase).

Hulle noem die mense wat in Orania woon "INWONERS" - mense wat naby en rondom Orania woon "OMWONERS" en ondersteuners wat nog nie in Orania woon nie "UITWONERS".


          Aan die Oewer kamp                              Hotel ontvangs                                                                                         Chalets

                                                             Spa

Dag 494
06/07
/2010

Ons het 'n afspraak met Hennie by die Orania Beweging se kantore om ons op 'n begeleide toer deur die dorp en omgewing te neem. Eers kyk ons na twee DVD's in hul goed ingerigte ouditorium wat die geskiedenis en ontwikkeling van die dorp uitbeeld. Dan ry ons deur die dorp en wys Hennie vir ons al die interessante plekke uit. Na die toer, besoek ons die Verwoerd museum waar baie van die persoonlike artikels, fotos en historiese artikels te sien is. Dr Verwoerd se vrou het in die huis gewoon tot haar dood.

Onder die besienswaardighede van die dorp was die koeksister monument ter ere van die hardwerkende vroue van die gemeenskap, die monument koppie, die sakesentrums en industriele gebiede. oral is dinge aan die gebeur en word gebou en gewerskaf. Van die huise word met strooibale gebou wat 'n baie goeie isoleerder is vir die koue winters en warm somers.

Na die toer, ry ons weer die roete met ons eie motor, en stop by van die plekke om fotos te neem. Later doen ons aan by die "bank" of  OSK (Orania Spaar - en Kredietkooperatief) waar ons van ons Rande omruil vir hul ORA, die plaaslike "geldeenheid".


Google foto: Orania & Oranjerivier                  Geldeenheid = ORA

Helde uit die vorige era:
   
                        Hertzog                                             Malan                                                        Strydom                                                 Verwoerd

   Verwoerd uit Maroela hout                                Kruger                                               Moue oprol

              Koeksister monument                    Pekaneute "fabriek"                            Juweliersware werkswinkel                                Orania vlag  

Ons het opgelet dat die man / seun wat sy moue oprol en dien as embleem vir Orania, op die borde sy linker mou oprol, en die standbeeld rol hy sy regter mou op.

Dag 495
07/07
/2010

Terwyl Elsie wasgoed was, ry Johann deur die dorp en omgewing om fotos te neem. Hieronder is 'n aantal van die tonele uit Orania


                By alle ingange                                               Oppas                                        Pekaneute boorde

                                        Strooibaal huise in aanbou    ..................................               Amper voltooid ...................................                Voltooid

                                                                                 Mooi nuwe huise                                                                                         Van die ou Waterwese huise

|            Radio Orania 95.5                                                                       Orania Volksskool                                                                Verwoerd Museum  

VANDERKLOOF

Agtergrond: Die dorp en vakansie-oord het begin as 'n verblyfplek vir mense wat gemoeid was met die bou van die Vanderkloofdam (vroeer P K le Roux dam)  Die kamp het later gegroei in 'n dorp en munisipale status in 1980 gekry. Die plaas waarop die dam gebou is, het behoort aan dieselfde van der Walt na wie Petrusville vernoem is. Die naam is 'n kombinasie van die naam Van der Walt en 'n smal kloof daar naby.

Die dam is die tweede grootste dam in Suid Afrika, met die hoogste damwal in die land. Die dam is 130 km stroomaf van die Gariepdam in die Oranje Rivier. Die wal is 108 meter hoog en is 765 meter wyd. Die dam is in 1977 voltooi. Die bakmaat van die dam is  3171 miljoen kub meter. Binne die damwal is 'n "holte" van 91.2 meter lank, 24 meter wyd en 48.6 meter hoog. Hier huisves hulle een van twee hidro-elektriese kragopwekkers wat krag in die Eskom netwerk voer. Die "holte" kan net bereik word met 'n tonnel van 164 meter.

Toer Dagboek:


                                                                                                                 Vanderkloofdam

             Vanderkloofdam                        Dam in vloed (foto http://www.vanderkloofdam.co.za/vanderkloof)

PETRUSVILLE   

Agtergrond:  Die dorp is in 1877 deur twee seuns van Petrus van der Walt gestig op die plaas Rhenosterfontein.

Toer Dagboek:

Nadat ons die Vanderkloof besoek het, ry ons so 7 km verder suid tot by Petrusville. Dit lyk na 'n baie ou dorpie en al wat ons daar te sien kry is die statige N G Kerk. 


          Petrusville NG Kerk

 

VOLGENDE