otjiwarongo

 

02/10/2015

 
Klik op kaart en fotos Totale afstand:   484 kilometers

Vandag is 'n lang pad tot by Otjiwarongo. Net op die stukkie pad van 50 km van Opuwo tot by die C35 hoofpad, gaan ons deur 3 padblokkades waar hul (veronderstel was) soek vir rou vleis. By 1 stop, wuif die man ons net deur sonder dat ons stop. By die volgende soek hul net ons paspoorte en rybewys, en by die 3e spuit hul ons wiele en moet ons die mat-dans uitvoer. Dan op die hoofpad na Outjo word ons twee keer gestop, maar net die wiele word gespuit en moet ons die matdans doen. Die volgende is die hoof stopplek, maar almal gesels net onder mekaar, spuit die  wiele en wens ons 'n aangename reis toe. l die moeite om die vleis die vorige aand "op te eet",  toe pure verniet.

Ons stop by die Wimpy in Otjiwarongo, en Elsie gesels met die eienares Annetjie van der Merwe oor blyplek. Sy bied toe sommer haar woonstel by hul huis vir ons aan om te huur, en ons aanvaar die aanbod met graagte. Die aand slaap ons lekker rustig en rus behoorlik uit om later die res van die toer aan te pak. Ons sal twee aande hier oorbly voor ons Sondag verder ry.

Vordering na 2 maande op pad:

Aanvanklike roete Dit is wat oorbly vir Oktober

Ons ry deur die strate en soek al die bekende plekke uit Elsie se jongdae op.
Die skool koshuis :Orwa Die Hoerskool Otjiwarongo NG Kerk waar sy aangeneem is
   
Hier is Elsie Sophia Basson gebore in die Roomse Katolieke Hospitaal op 3 November ( lank gelede !)

 

Tuisblad              Botswana toerskedule        Volgende