Ottoshoop

   
Johann en Elsie Kritzinger toere - toer deur Botswana en Namibia

24/06/2019

Afstand 620 kilometers

Laasnag was dit bitterlik koud by Kambroo. Die kwik het gedaal tot onder vriespunt. Toe ons opstaan het die motor se termometer gewys dit is -1.

Ons het gelukkig 'n lugreelaar in die chalet gehad en ons kon lekker slaap teen 24 grade C

Ons roete van die dag sou ons neem via Kimberley, Bloemhof, Wolmaranstad, Ottosdal tot by Ottoshoop. (Wonder wie was die "Otto"?) Ons het tot amper by Kimberley gery voor die temperatuur weer positief geword het.

Dis 'n baie goed geboude pad, met baie min verkeer en ons ry lekker ongestoord tot by Ottoshoop. Ons oornag plek is by die Kaya Inkalamo (Plek waar die leeus rus). Dis maar 'n vervelige pad maar lekker plat wereld. Die dorpies waardeur ons ry lyk maar op die oog af effeverwaarloos. Langs die pad staan die gras welig en oral is die damme en "holtes" vol water. dit moes onlangs darem hier gereen het.

Net na 14:00 bereik ons Ottoshoop. Ons is nou 1230 kilometers vanaf Stilbaai. More bly ons net hier op die Wildsplaas oor om uit te rus na die twee dae se lang pad.

Die ontvangsdame  by die familieplaas is baie gaaf. sy kry ons so jammer om in die tent te slaap (!) dat sy vir ons gratis en verniet een van die chalets aanbied om die twee aande in te bly. Watter plattelandse gasvryheid.

Ons chalet is baie naby aan die leeukamp. Ons moet daar verby stap om by die kantoor te kom. Hier is heelwat wit en "gewone" leeus. Ons word vergas deur hulle luide gebrul.

Hier is ongelukkig glad nie wi-fi nie. 

Ons Chalet Chalet lekker in die koelte. Elsie en Nadine - die vriendelike ontvangsdame

25/06/2019

Vanoggend was dit maar "net" -3 grade. Ons was nog nooit so bly dat ons by so 'n vriendelike plek uitgekom het nie. Die verwarmer het die chalet heerlik snoesig warm gemaak.

Ingang na die Lodge Ingang na die Lodge Swembad by die Lapa
Dam op die plaas Wit Leeu Wit leeus
Gewone Leeus Bengaalse Tier Luiperd
 
Rooikat Doen sake onder die geen Smouse teken   

Naby aan ons kampplek is die Molemne Eye. Dis 'n borrelende fontein met helder vars water. Ons verneem dat die water net so gebottel kan word - so skoon is dit.

Ons besoek die Oog wat aan die Noord-Wes Provinsie behoort, maar ons kon ongelukkig nie die fonteine besoek nie. Die personeel stuur 'n jong dametjie saam met ons om vir ons die kampeerplek asook die Tente kamp te gaan wys. Die tente kamp is regtig baie netjies en goed ingerig.

Die dorpie Ottoshoop is baie klein en dit lyk of daar net 'n paar huise bewoon word. Benewens 'n paar netjiese huise is die dorpie maar baie verwaarloos met geen geriewe nie.

Molemane Eye ingang Molemane Tente kamp Een van die tente
Kerksaal of ou kerkie Murasie in die dorp Die poskantoor het ook afgebrand

Tuisblad             Volgende