Tuisblad:  Toer 8  
 

 Oudtshoorn, KKNK

 

OUDTSHOORN

Agtergrond: Die dorp het in 1847 ontstaan toe die plaas Hartebeesfontein in 500 erwe opgedeel is. Die NG Kerk is in 1853 gestig. Die dorp is in 1863 geproklameer en vernoem na baron Pieter van Reede van Oudtshoorn wat gesterf het op pad Kaap toe waar hy as Goewerneur aangestel is.

Die distrik is veral bekend vir die volstruisboerdery. Besienswaardighede is die wereldbekende Cango Grotte, die CP Nel museum, Arbeidsgenot, Langenhoven se huis waar Die Stem geskryf is, die Hangbrug oor die rivier by Kerkstraat, die N G Kerk en die jaarlike KKNK kunstefees.

Dag 402
05/04/2010

Toer dagboek:

Toe ons verlede week op dag-uitstappies na Oudtshoorn gekom het, was daar 'n hengse groot polisie padblokkade net soos jy die dorp inkom. Ons was gelukkig deel van die uitgaande verkeer, en is nie gestop nie. Om 'n herhaling te vermei, vertrek ons teen 06:30 van Calitzdorp Spa op pad na Oudtshoorn. Ons ry sonder probleme tot daar en gaan tot by die Laerskool Noord se rugbyvelde waar ons vir 4 dae gaan kamp. Die kampeerders op die plek wat aan ons toegeken is, is besig om te pak en beloof om voor 10:00 uit te wees. Die een kampeerder neem hul tyd (moedswillig?) en vertrek eers net voor 11:00. Sowat van stadig oppak het ons nog nie aanskou nie. Maar nouja, die opsigter s dat hul tyd het tot 14:00 om die staanplek te ontruim. Wat nog erger is, hulle kamp op een van die min staanplekke wat krag het, maar toe ons vroegoggend daar aankom, het hul nog geslaap, en daar was geen kragdrade by of naby die tent te sien nie. As ons die staanplek kon kry soos ons aanvanklik versoek het, kon ons al twee dae tevore hierheen gekom het. 

Ons gaan na die feesterrein, en besoek eers die RSG tent waar ons na Broers luister. Daarna is ons met 'n dagpas van R85-00 na die Huisgenoot tent waar ons na Corlea en Rudi luister, en daarna ook na Heinz Winckler. Dis bedrywig en daar is baie besoekers en mens kry moeilik 'n sitplek.

Die aand gaan ons na die aandvertonong in die Huisgenoot arena. Daar is 'n verdrukking van mense om na Leo en Jakkals (Louw), Jac de Priester en Laurika en Kurt te luister. Na drie ure is ons boude lam gesit op die hare plastiese stoeltjies, maar was almal tevrede met 'n uitstekende vertoning deur die kunstenaars.


              Rudi & Corlea                                          Steve & Broers                                        Laurika & Kurt                                       Romanz

Dag 403
06/04/2010

Ons spandeer maar die tyd by die RSG tent en Elsie gaan kyk 'n show. Die aand gaan kyk ons na Taraboemdery buite Oudtshoorn by 'n opelug teater op 'n plaas. Dit was 'n skreeusnaakse stuk en die atmosfeer in die opelug was iets besonders.

Dag 404
07/04/2010

Elsie sien weer 'n vertoning van Die Naaimasjien, en die middag gaan luister ons na twee mans wat "Duetto" in die Neelsie sing. Elsie se jongste dogter was saam met een van die mans in die skool  Aandete nuttig ons saam met ons vriende van Caledon, Kobus & Annekie, Johan en Tertia, en Jan en Hanneke. Dit is 'n baie gesellige aandjie saam totdat iemand in die straat afstorm met twee mans agterna. Hulle skreeu "keer daai man!". Die voorste ou hol straat af en het glo een van die mans wat hom jaag se rugsak gesteel. Dit le nog vir die arme sokker ondersteuners voor. Ons kon nie sien of hul hom uiteindelik ingehaal het nie.

Ons besoek Langenhoven se huis, Arbeidsgenot in Jan van Riebeeckstraat. Toegang is R10 per persoon donasie en die huis is gerestoureer soos in die tyd toe Langenhoven daar gewoon het. In die tuin is 'n sonhorlosie wat langenhoven gemaak het. Dit het wraggies tot op 'n minuut na die korrekle tyd aangedui. Oral si van sy spreeuke opge[plak en dit was nogal interessant.


           Arbeidsgenot                                Borsbeeld van Langenhoven                Graf van Langenhovens                                      Herrie se posbus

                         Herrie                                               Sonhorlosie

Dag 405
08/04/2010

Ons gaan luister die oggend na Dowwe Dolla en daarna sit ons in die Huisgenoot tent en luister na baie bekende Afrikaanse sangers. Die musiek is oorverdowend hard, maar die vertonings is puik. Die aand woon ons weer die Huisgenoot aandvertoning by en luister na Theuns Jordaan en Juanita du Plessis . Dit is baie laat aand toe ons weer by die motorwoonwa uitkom.


               Feesgangers                                               D J Ossewa

Dag 406
09/04/2010

Ons pak op en ry die 2 kilometer tot by die Kleinplasie karavaanpark in Oudtshoorn. Dis 'n baie mooi en klein karavaanpark met baie bome. Ons kry 'n lekker koelte staanplek, en toe ons stilhou, sien ons dat ons net oorkant Attie Nigrini, die vorige eienaar van ons motorwoonwa, staan. Ons slaan kamp op en gesels later lekker oor ons beide se wedervaringe sedert ons mekaar laas in Berg-en-Dal gesien het. Hulle het ook die KKNK kom besoek, en 'n groep van hul vriende staan al vir meer as 10 jaar elke jaar op dieselfde staanplek. Hulle bespreek sommer nou reeds dieselfde staanplek vir volgende jaar.

Die dorp is nou lekker stil en ons gaan na Pick-n-Pay om kosvoorrade aan te vul vir ons besoek aan Gamkaskloof (Die Hel) more. (Die volgende twee dae was ons in Die Hel en die toer het toe weer hier vervolg)

Dag 409
12/04/2010

Vandag is opsy gesit om die plaaslike besienswaardighede te besoek.

Ons gaan eers na die historiese hangbrug in Kerkstraat, Dit is in 1913 gebou en is in 1964 as historiese gedenkwaardigheid verklaar.

Daarna ry ons na die ou historiese N G Kerk. Dis 'n pragtige gebou en die mense vban die kerkkantoor sluit dit spesiaal vir ons oop. As die buitekant indrukwekkend is, was ons nie gereed vir die binnekant nie. Die preekstoel met die engele wat rondom geposisioneer is, die pyporrel met sy pragtige gekleurde orrelpype, die gekleurde vensters slaan mens se asem weg. Die kerk is in 1879 ingewy   


                                                   N G Kerkgebou                                            Engele by preekstoel

                                                                             Preekstoel en orrelpype

      Gekleure vensters             Polisie standbeeld                          C P Nel Museum

Dag 410
13/04/2010

Johann neem die Fordjie na die plaaslike lugreelaar ingenieurs. 'n Klip in die Hel het die lugreelaar se pyp morsaf gekap. Gelukkig kon hul dit herstel, en is ons weer lekker koel binne die motor.

Ons besluit om die Kuns, Kaas, Sjokolade en Likeur roete te doen. ons gaan eers na Grundheim waar hulle die lekkerste lokeurs maak. Toe ons in Die Hel was, het hulle op die eettafel 'n flessie met likeur gesit wat ons kon geniet. Dit blyk toe roosblaar likeur te wees wat hulle by Grundheim Kelders naby Oudtshoorn Koop. Ons ry daarheen proe van die groot verskeidenheid likeurs wat hulle daar maak. .Ons koop 'n bottel elk van die Roosblaar likeur, Aarbei likeur en Haselneut likeur.

Daarrna ry ons na die Landmark Kooperasie en koop heerlike Volstruis vleis, Wors en Volstruis Nek.

Na ete gaan ons na Tantinki waar bokmelk kaas en ander produkte gemaak word, asook na La Chocolaterie Rococo waar Belgiese sjokolades gemaak word. By Rococo is min sjokolade oor na die KKNK, maar die Belgiese sjokolades is maar aan die duur kant. Ons besluit om nie daar iets te koop nie. Ons ry toe na Tantiki wat vernoem is na een van die eerste ooie, wat intussen oorlede is. Ons koop van die bokmelk kaas. Hul vra bv vir Bokmelk Gouda kaas R150 / kg teenoor Checkers se R77 per Kg vir gewone Gouda. omdat dit deel is van 'n 4-punt toer, kry ons by die eindpunt 'n geskenk bestaande uit 'n 50 ml heuning likeur en 'n blokkie fudge as "geskenk". Na aandete geniet ons die botteltjie likeur en eet die blokkie fudge.


                                                             Oudtshoorn is volstruis wereld

                                                                            Grundheim wynkelder

                    Wyle Tantinki

VOLGENDE