Prins Alfred Pas

 

Pragtige natuur tonele langs die roete van die Prins Alfred Pas tussen Knysna en Avontuur in die Langkloof. Die pas in ongeveer 70 kilometer lank en jy ry oor verskeie kleinere "passe" wat jou uiteindelik in die Langkloof laat beland. Die roete is nie begaanbaar vir karavane nie. Die pad en die pas is baie mooi.

Langs die roete van die pas, is daar "miljoene" protea plante wat nou net begin blomme maak. Dit groei die berghange vol. Oor 'n maand of twee moet dit 'n absolute prentjie wees as die Proteas in volle blom is. Jammer ons sal dit nie kan sien nie. Ons hoop iemand lees die webblad en stuur vir ons fotos van die Proteas in volle blom. 

Hierdie is so 'n mooi foto van die Berge wat ry op ry tot in die verte verdwyn dat ek dit hier vergroot. Die foto is geneem bo van Buffelsnek af

Van Avontuur ry ons deur die Langkloof en besoek ons Familieplaas Tulpieskraal net buite Joubertina

 
Tulpieskraal - Familieplaas Tulpieskraal - Familieplaas Windplaas by Humansdorp  

Ou skoolklok van Laingsburg Hoerskool

Ons bly die naweek oor in Blouwaterbaai voordat ons Maandag huiswaarts keer. Ons eerste stop sal op Hogsback wees waar ons hoop dat ons die Cape Parrot te siene sal kry

 

Tuisblad    Volgende