Home:  Toer 6  
 

 Brits, Thabazimbi, Lephalale, Tom Burke, Groblers Brug grenspos, Palapye

Brits

Agtergrond:

(Onder Konstruksie)

Toer dagboek

31/08/2008:

Teen 06:00 is alles gepak en kan ons op ons toer no 6 vertrek. Ons het nie geweet hoe ver ons die eerste dag sou vorder nie, en net geweet dat ons op 6 September vir Sanmarie in Victoria Falls by die lughawe moes afhaal. Tussen Brits en Atlanta ontmoet ons vir Frans en Klein Smit wat op pad kerk toe was, langs die pad, en kuier bietjie saam voordat hul kerk toe ry

Ons gaan later verder en doen aan by Hennie en Jeanine Smit op die plaas vir 'n koppie koffie. Die pad is nog lank en na so 30 minute se kuier en gesels is ons weer vort. Die pad is lekker gelyk en ons vorder baie fluks. Die idee begin vorm aanneem dat ons dalk nog die eerste dag deur die grenspos tot by Palapye kan vorder. 

Thabazimbi

Agtergrond

Thabazimbi beteken "berg van yster". en is amptelik in 1953 geproklameer. Die dorp spog met een van die grootste mynskagte in SA

Besienswaardighede is die Ben Alberts Natuurreservaat en die Marakele Wildtuin

Toer dagboek:

01/09/2008

Op Thabazimbi gooi ons eers brandstof in en die eerste berekenings is dat die brandstof verbruik merkwaardig beter as voorheen was. Moos se stellery aan die engin het vrugte afgewerp.

Die afdraai na Lephalale is voordat mens die dorp ingaan, en omdat ons nog moes ver ry, mis ons toe die dorp. Die berg, net voor jy die dorp bereik, is in sulke trappe uitgewerk soos hul die ystererts ontgin en paaie gebou het vir die voertuie om die erts bergaf te vervoer.

Lephalale

Agtergrond

 is een van die jongste dorpe in SA. Die dorp is in 1960 uitgel en vernoem na Patrick Ellis en Piet Erasmus. Die naam is in 2002 verander na Lephalale. Bees en wildboerdery is die hoof boerdery bedrywighede in die area. Kumba het 'n groot oopgroef ystermyn by Grootgeluk.

Besienswaardighed is twee natuurreservate, Mokolo-dam en D'Nyala

Toer dagboek

31/08/2008

Ons is nie seker van die beskikbaarheid van brandstof verder noord nie, en maak maar liewers weer vol en rek ons bene. Ons ry deur die netjiese dorp, maar vind nie juis iets om af te neem nie. Alles lyk mooi in sy plek en versorg.

Nie ver noord van die dorp nie, ry ons oor die Steenboks Keerkring (Tropic of Capricorn). Ons neem 'n foto om die geleentheid te herdenk. Die pad is gelyk en reguit en die Motorwoonwa draf hom gou-gou af.

Tom Burke

Agtergrond

(Onder Konstruksie)

Toer dagboek

31/08/2008

Ook maar goed ons het brandstof ingegooi by Lephalale, want Tom Burke is baie klein. Ons sien 'n polisiestasie, en wat lyk na 'n ko-operasie. Dis omtrent al. Die grenspos is so 10 km wes van die plekkie.

Groblersbrug Grenspos

Agtergrond

(Onder Konstruksie)

Toer dagboek

31/08/2008

Ons bereik die Groblersbrug grenspos en is gou deur die S A Doeane.

Oorkant die Limpopo rivier is die Botswana Martin's Drift grenspos. Die fasiliteite is baie netjieser en beter as aan ons kant. (Ons het dieselfde gevind by die Swazi grens). Ons het niks om te verklaar nie, want ons het seker gemaak ons bly binne die grense van wat toelaatbaar is. Niemand het ooit gekyk of ons lieg, of ons daarna uitgevra nie. Dalk sien hul 'n skuldige gesig gou raak.

Mens betaal Pula 60 (Pula = Reen) padbelasting per voertuig. Dit werk uit R80. 'n Goeie wenk is om te sorg jy het P60 of R80 by jou, want jy hoor "ons het nie kleingeld nie". Die naaste OTM is anderkant die grens en jy moet so 500 meter stap om daar by die garage geld te trek, weer terug loop en dan betaal. Voor ons was mense wat besluit "keep the change". Ons wonder hoeveel "keep the change" is daar per dag. Goeie addisisonele inkomste.

Net anderkant die grens aan Botswana se kant, is 'n garage en winkel/kafee met 'n goeie verskeidenheid voorraad.  Ons koop Botswana Selfoon lugtyd (Orange) en laat weet die kinders by die huis wat die nommer is. So is dit goedkoper as mens mens dalk moet bel.

   Palapye  

Agtergrond

Palapye: in die omgewing is die grootste steenkoolreserwes in Botswana. Daar is 'n kragfabriek net buite dir dorp by Morepule. Oud President Festus Mogae kom hiervandaan en bly vandag nog hier  Die naam kom van  die woord "Phalatswe" wat beteken "baie impalas".

Toer dagboek

31/08/2008

Palapye is so 120 km verder en ons is redelik vroeg daar en soek die Itumela karavaanpark op. Die park is net anderkant die treinstasie en ons was baie verras met die plek. Die staanplekke is gerieflik met krag per staanplek. Die ablusie is van houtpaaltjies en riete, onder die blou hemel met net 'n houtspar vir privaatheid wat jy voor die ingang hang.. In die toilette is selfs blomme en bome en struike. (sien foto) Hier het jy nie airfreshner (anti poep) nodig nie. Dit is baie oulik. As jy ingaan hang jy net 'n dik tou voor die ingang en niemand pla jou nie.

In die kroeg is 'n lekker atmosfeer. Die ouens vra uit en hoor later dat ons 8 dogters het. Die een ou s toe: "fokkit  oom, maar die antie lyk nog bakgat!". Die aand kom daar van die groot toerbusse met backpacker toeriste daar aan, maar hul het die hele aand in die eetplek en kroeg gekuier en ons nie gepla nie.

Koste per staanplek: P100 + P20 vir krag

Ons soek Reuben se ou skool en hostel, maar die park-eienaar weet glad nie van so 'n skool en hostel nie. Ons wou graag vir Reuben 'n foto of twee neem sodat hy kan sien hoe dit nou lyk.

VOLGENDE