Tuisblad:  Toer 8  
 

 Warrenton, Christiana, Bloemhof, Wolmaranstad, Klerksdorp, Potchefstroom, Parys, Vredefort,

 

WARRENTON

Agtergrond: In 1880 het 'n sindikaat van 18 man 'n deel van die plaas Grasbult gekoop om groente te verbou om aan die delwers in Kimberley te verkoop. 'n Dorp is amptelik in 1884 gestig en vernoem na sir Charles Warren. In  1888 is diamante op die dorpsplein ontdek en 'n stormloop het gevolg. Diamante is ontgin tot in 1926. Vandag is Warrenton 'n belangrike spoorweg aansluiting.

Wes van die dorp is 'n ou sluis en bakkiespomp wat vir besproeiing gebruik is.

CHRISTIANA

Agtergrond: Die dorp is in 1870 gestig op die plaas Zoutpansdrift.Die dorp is vernoem na Christina, die dogter van pres M W Pretorius. In 1872 is diamante ontdek.

Besienswaardighede is die Rob Ferreira vakansie oord met sy minerale water wat teen  36.7 uit die aarde borrel.

BLOEMHOF

Agtergrond: is in 1864 op die plaas Klipfontein aangel. Die naam kom glo van ene John Barclay, wat dit na sy dogter se pragtige blomtuin vernoem het.

Besienswaardighede sluit in die ou diamantdelwerye, en drie natuurreservate, die Bloemhofdam, die Sandveld en die S A Lombard Wildreservaat.

WOLMARANSTAD

Agtergrond: Die dorp het in 1876 begin met 'n winkel van die broers William en Thomas Leask. 'n Klein nedersetting het rondom die winkel ontstaan. In 1884 is die aansoek vir proklamering van die dorp goedgekeur.  Die nuwe dorp is in 1891 geproklameer en vernoem na J M A Wolmarans, lid van die uitvoerende raad van die Transvaalse republiek.

Delwers bewerk nog steed die spoelgruis by Kareepan en Rietkuil

KLERKSDORP

Agtergrond: Die dorp is die tweede oudste dorp, na Potchefstroom, in die Transvaal. Die dorp het in 1830 ontstaan toe die eerste Voortrekkers hul aan die oewers van die Schoonspruit, wat deur die dorp vloei, gevestig het. Een van die eerste trekkers, C M du Plooy het vir hom 'n plaas van 16,000 toegeien en dit Elandsheuwel genoem. Ander trekkers het gehelp om kanale ens. te bou om die grond te besproei. Dele van die plaas is aan hul toegeken, en die versameling kleinhoewes is toe Klerksdorp genoem, ter ere van  die eerste landdros van die distrik, Jacob de Clerq. Goud is in 1886 op die dorp se meent ontdek, en 'n stormloop het gevolg. Meer as 4000 voornemende delwers het ingetrek en 'n  "blikkiesdorp" het ontstaan. Die dorp is Niewe Dorp genoem. Delwers het looitjies getrek om mynregte te verkry.

Drie jaar na die ontdekking van goud, het die dorp 200 sakegeboue, 70 kroe, en sy eie aandelebeurs gehad.

Besienswaardighede is die Klerksdorp Museum, die ou Aandelebeurs, die ou spoorwegstasie wat Pres Kruger ge-open het, die Faan Meintjies Natuurreservaat en die John Neser dam in Schoonspruit met sy ontspanningsgeriewe.

STILFONTEIN

Agtergrond: Die dorp is in 1949 gestig en is die sentrum van 'n aantal goudmyne in die distrik.

POTCHEFSTROOM

Agtergrond: Die dorp is die oudste dorp in die ou Transvaal-Provinsie en is in 1838 aan die oewer van die Mooirivier gestig. Die oorspronklike standplaas, nou Oudedorp, is sowat 11km stroomop. Die dorp is na die huidige plek verskuif nadat kwaai reens in 1840 die Ooudedorp in 'n moeras verander het. Die naam van die dorp is afgelei van die name van die Voortrekker leier Hendrik Potgieter, die naam van die stigter van die dorp,(die chef kom glo van "Chief") en die stroom van die Mooirivier. Aangesien dit die oudste Voortrekkerdorp was, spog Potchefstroom met 'n aantal historiese eerstes:
 * Dit was die eerste hoofstad van die Transvaalse Republiek
 
* Die eerste president het sy ampseed hier afgele
 
* Die Vierkleur is die eerste keer hier gehys
 
* Die Transvaal se grondwet is hier opgestel
 
* Die eerste Engelstalige Kerk is hier gestig (Congregational)
 
* Die eeste kommersieele drukpers is hier begin
 
* Die eerste koerant in die Transvaal, die Transvaal Argus, is op 8 Mei 1866 hier gedruk.
 
* Die eerste Transvaalse gemeentes van twee van die drie Afrikaanse susterskerke is hier gestig - DIe N G Kerk en Hervormde Kerk
 
* Die eerste onderwyser noord van die Vaalrivier het in 1852 hier aangekom
 
* Die eerste skoot van die Transvaal se eerste oorlog teen Brittanje is hier afgevuur

Besienswaardighede sluit o.a in die Kerkgebou van die Gereformeerde kerk en die gebou van die Hervormde kerk, van die oudste Kerkgeboue in die ou Transvaal. Tomstraat is byna 7 km lank en het meer as 700 eikebome aan weerskante. Dit is die langste eikeboomlaning in die Suidelike Halfrond. Die woning van M W Pretorius, Die begraafplaas van die konsentrasiekamp, Totius Huis Museum, Die Goetz/Fleischack Museum, 

Toer Dagboek:

Dag 498
10/07
/2010

Ons mikpunt vir die dag is Bloemhof waar ons net wou oornag. Ons ry verby Warrenton en Christiana aangesien ons met 'n vorige toer reeds daar aangedoen het. Toe ons by Bloemhof aankom, was die Saterdag voetganger-verkeer van so 'n aard, dat ons besluit dat ons liewers wil aanstoot. Dis nog voormiddag, en ons sou maklik Potchefstroom bereik. Wolmaranstad is die volgende dorpie en die "verkeer" lyk hier ook maar druk. Hier is nie oornagplek nie, en ons gaan voort. Klerksdorp se deurpad is een verkeerslig na die ander en baie kilometers lank. Almal is rooi!. Die linkerbaan waarop ons ry is flenters gery, en so 'n ongelyke oppervalkte dat ons later agterkom dat die een bout van ons trekstang morsaf gebreek het. Die ander een het gehou, anders het ons groot sdkade aan die Fordjie gehad. Dat so 'n besige deurpad in so 'n toestand is, gaan mens se verstand te bowe.

Ons hou verby die myndorpie Stilfontein en bereik Potchefstroom. Ons bel die nommers van karavaanparke in die karavaanboek, maar kry geen antwoord by die nommers nie. Ons verneem dat die kampplek by die dam ook bietjie agteruitgegaan het. Elsie bel een van haar ou skoolmaats, Bessie Raat, wat in Potch bly en ons gaan drink koffie en gesels so 'n rukkie. Hul nooi ons om die aand daar te oornag, maar die motorwoonwa kan nie op die erf inkom nie. Dus maar deurdruk Parys toe.

PARYS

Agtergrond: In 1873 het die Kroonstadse ring van die N G Kerk besluit om 'n gemeente in die omgewing te stig. Die dorp is in 1880 geproklameer en het in 1882 munisipale status gekry. Die naam is gegee deur die landmeter Schilbach wat in die Frans Pruisiese beleg van Parys (Frankryk) deelgeneem het.  Die ligging van die nuwe dorp aan die Vaalrivier het hom herrinner aan Parys wat aan weerskante van die Seine rivier gelee is. Daar is heelwat eilande in die rivier en die vernaamstes soos Golf, Long en Woody is tot oorde ontwikkel. Daar was heelwat twis tussen die ou Transvaalse Republiek en die Vrystaatse Republiek oor eienaarskap van die eilande. Na heelwat regsgedinge en kommissies van ondersoeke is daar in 1895 ongeveer 100 eilande met 'n oppervlakte van 280 ha. aan die ou Transvaal toegeken, en 94 eilande met oppervlakte van 200 ha is aan die Vrystaat toegeken.

Toer Dagboek:

Dag 498
10/07
/2010

Parys is so 50 km van Potchefstroom, en ons bereik die dorp net so teen 17:00. Ons besluit om sommer die aand in die Mimosa Park karavaanpark te staan en dan die volgende dag na een van Wegsleep se aanbevole karavaanparke te beweeg. Ons betaal nogal R125 vir die nag se staanplek, maar toe ons die ablusie geriewe sien, besluit ons dat ons nie van sulke haglike en vuil geriewe kan gebruik maak nie. Dit is die ergste wat ons nog op al 8 ons toere teengekom het. Dit was ERG!

Johann konfronteer die opsigter en eis onmiddelik ons geld terug. Ons kry ons geld terug en Johann skryf 'n verslag oor dit wat ons daar aangetref het. Ons bel Weltevrede Oord wat so 12 kilometer uit die dorp is, en bereik die oord so teen sononder. 450 kilometer van waar ons vanoggend weggetrek het, slaan ons in die donker kamp op. Weltevrede behoort aan Renier Geyer en sy vrou Rose. (Verwysings: Garmin: S26 49.192 E27 29,599-  Tel 056-818 1291 / 082 737 9196 - web: http://www.weltevrederesort.co.za) Die plek is baie goed in stand gehou en die geriewe is uit die boonste rakke en van die beste wat ons op ons omswerwinge teengekom het. Die oord is op die oewer van die Vaalrivier en al die staanplekke het skadunette of sink afdakke. Staanplekke is geplavei en het elk 'n geboude braaiplek.

Dag 499
11/07
/2010

Na die lang rit van die vorige dag, rus ons vandag. Die ander kampeerders vertrek en ons was later alleen. Later daag darem ander kampeerders op wat tot die naweek hier saam met ons sal kamp.

Dag 500
12/07
/2010

Vanoggend was die koudste nag op ons toer nog. Toe ons opstaan was die buite temperatuur 1C. Die gras buite is doodgeryp en is spierwit. Die weervoorspelling vertel ons dat die maksimum temperatuur vandag 10C sal wees.

Later besoek ons die dorp Parys sowat 12 kilometers van waar ons kamp. Ons doen aan by die "i". Die dame is goed ingelig en vertel vir ons wat hier te sien is. Ons besoek Golf Eiland waar 'n golfbaan en golflandgoed eiendomsontwikkeling aan die gang is. Ons kyk ook na die aftree-oord wat hier ontwikkel gaan word, en vind uit van pryse en planne. Later ry ons deur Parys se strate en kyk na die ou hangbrug oor die Vaalrivier en die Bus Restaurant. Die Bus Restaurant is egter net van Woensdag tot Sondag oop, en ons kon nie daar ingaan om rond te kyk nie. Die strate van Parys is seker van die swakste wat ons nog raakgeloop het in al die dorpe wat ons besoek het.

Net anderkant die brug aan die Noord-Wes se kant is 'n Indierwinkeltjie van M Jalalpor.  Ons wonder of dit nog dateer uit die ou apartheids dae !


                                  Die hangbrug oor Vaalrivier - 1919                                                                                      Die Bus Restaurant
 
                               Koppies van die "Vredefort Dome"                               Winkeltjie net anderkant die Vrystaat grens

Dag 501
13/07
/2010

POTCHEFSTROOM

Agtergrond: (Sien hierbo)

Soos gebruiklik wanneer ons 'n dorp / stad besoek, gaan ons na die "i"om uit te vind watter besienswaardighede in die dorp is. Ons vind dan ook die "i" wat met groot vet letters aangebring is op die gebou wat in Nelson Mandele rylaan (N12) gele is. (Sien foto hieronder). Wat 'n teleurstelling!

Ons loop buite die gebou die bestuurder van die Speaker se kantoor raak en bekla ons lot. Hy verwys ons dadelik na Annalize Grimbeeck wat 'n lid van die plaaslike toerismeraad is en self toerisme bedryf. Ons bel haar en sy help ons dadelik om die vernaamste besienswaardighede te identifiseer en op die kaarte te merk. Ons kon toe darem van die vernaamste besienswaardighed opspoor. Was dit nie vir hulle twee nie, het ons net so omgedraai huistoe.


            Toeriste Inligting??                          Hervormde Kerk  1866                            Voortrekker Monument 1938                           Old Shop 
 
 Die Charge office (monument)            Landdrost, Post & Telegraph - 1896           Regeringskantoor - 1910                               Stadsaal - 1909

           Rektor se woning                                        Old Homestead                                 Pres Pretorius museum

                   Steve Biko Laan met 7 kilometer Eikeboomlaning

Dag 502
14/07
/2010

Elsie en Marthie Edwards, een van die mede kampeerders, ry na Parys om shopcrauling te gaan doen. Johann bly agter by die Motorwoonwa.

VREDEFORT

Agtergrond: Die Kroonstadse ring van die N G Kerk het in 1876 die plaas Vischgat gekoop en erwe uitgemeet. Die dorp is in 1882 geproklameer en het munisipale status in 1890 gekry.

Die dorp is veral bekend vir die Vredefort Koepel. Dit is die grootste bekende impakkrater op aarde. Dit is veroorsaak deur 'n meteoriet van 10 kilometer in deursnee wat die aarde sowat 2,000 miljoen jaar gelede getref het. Die sekelvormige krater het 'n deursnee van 250 tot 300 kilometer en strek om Parys en Vredefort tot in die Noord Wes provinsie. Laat in 2002 is die koepel tot Nassionale erfenis gebied veklaar.  Op die Google foto hieronder kan die ringe van die krater gesien word, asook waar die Vaal Rivier deur die koppies sy weg gevind het (Blou lyntjie)


           Vredefort Koepel

VOLGENDE