Passe

Op ons toer na en deur die oos-Kaap het ons oor of deur die volgende passe gery:

Pas Ligging Beskrywing
Noupoortsnek Tussen Bethlehem en Clarens 'n Baie gemaklike pas. Jy ry daar deur sonder om juis agter te kom dit is 'n pas. Op die R711
Jouberts Pas Sirkelroete naby Lady Grey en weer terug Dit is 'n grondpad en baie steil. Glad nie geskik vir sedan voertuie nie. Vierde hoogste pas in S Afrika
Loodsberg Pas Tussen Middelburg (WK) en Graaf Reinet Die pas is geteer en gemaklik om te ry. Op die N9
Naudesberg Pas Tussen Middelburg (WK) en Graaf Reinet Die pas is geteer en gemaklik om te ry. Op die N9
Soutpansnek Pas Tussen Graaff Reinet en Jansenville Die pas is geteer en gemaklik om te ry. Op die R75
Combrink Pas In Baviaanskloof naby die ingang by Patensie se kant Dit is 'n grondpad en baie steil. Nie geskik vir sedan voertuie nie. Op die R332
Holgat Pas In Baviaanskloof naby die ingang by Patensie se kant Dit is 'n grondpad en baie steil. 'n Groot gedeelte is met twee sementspore gebou. Nie geskik vir sedan voertuie nie. Op die R332
Grasnek Pas In Baviaanskloof in die reservaat gedeelte Dit is 'n grondpad en baie steil. Nie geskik vir sedan voertuie nie. Op die R332
Nuwekloof Pas In Baviaanskloof naby die uitgang na Willowmore Dit is 'n grondpad en baie steil. Die pas is geskik vir sedan voertuie aangesien dit plase bedien. Op die R332
Buyspoort Tussen Willowmore en Uniondale Die pas is geteer en gemaklik om te ry. Op die N9
Gwarriepoort Tussen Willowmore en Uniondale Die pas is geteer en gemaklik om te ry. Op die N9
Meiringspoort Tussen De Rust en Klaarstroom Die pad is geteer en baie mooi. Die pad loop deur klowe en nie oor die berg nie. Op die N12
Swartberg Pas Tussen Prins Albert en Oudtshoorn Dit is 'n grondpad en baie steil. 'n Baie mooi pas met skerp draaie. Op die R328
Gamkaskloof Pas By die ingang na Die Hel Dit is 'n grondpad en baie steil. 'n Baie mooi pas met skerp draaie. Nie geskik vir sedan motors nie
Kleinberg Pas Aan die weste-end van Die Hel verby Bo-Plaas Dit is 'n grondpad en baie steil. 'n Baie mooi pas met skerp draaie. Nie geskik vir sedan motors nie
Montagu Pas Tussen Herold en George Dit is 'n grondpad en baie steil. 'n Baie mooi pas met skerp draaie.
Prince Alfred,s Pas Tussen Knysna en Avontuur Dit is 'n grondpad en baie steil. 'n Baie mooi pas met skerp draaie. Ongeveer 80 kilometer lank
Ecca Pas Tussen Grahamstad en Fort Beaufort Die pas is geteer en gemaklik om te ry. Op die R67
Mitchells Pas Tussen Hogsback en Seymore Byna onbegaanbare grondpad. Nie geskik vir voertuie waaraan jy waarde heg nie ! (ons moes omdraai)
Penhoek Pas Tussen Queenstown en Jamestown Die pas is geteer en gemaklik om te ry. Op die N6
     

Tuisblad