pella

15 Augustus 2013

Dit is nog donker as ons by die huis wegtrek op ons toer van byna 3 maande deur Suid Afrika.

Ons het ons WJ Elite Motor Woonwa verkoop, die geld bele en besluit om nie weer 'n karavaan te koop nie, maar eerder in gastehuise en B&B's te oornag. Die besparing op brandstof vergoed al vir 'n groot gedeelte van die verblyfskoste. Daarby is karavaanparke ook nie meer so goedkoop nie. Ons het heelwat karavaanparke op ons twee jaar lange toer gevind wat reeds "deure" gesluit het en waar eiendoms-ontwikkeling aan die gang is of voltooi is.

Ons eerste stop is na 400 kilometers in Vryburg waar ons ontbyt eet. Nadat ons bene gerek het, en brandstof ingegooi het, pak ons die orige 400 kilometer aan waar ons die nag in Upington sou oorslaap. Ons is vir die aand ingeboek by Idemvelle Gastehuis in Upington.

16 Augustus 2013

Na ontbyt vertrek ons op pad na Pella. By Kanon Eiland draai ons van die N14 hoofpad af en gaan oor die Oranje Rivier se brug. Oorkant die rivier volg ons die R359 pad al langs die rivier in 'n westelike rigting. Die pad word later 'n goeie grondpad. Ons kry baie vols langs hierdie roete en spandeer baie tyd op die pad.

By Keimoes gaan ons weer terug oor die rivier. By die brug moes ons baie lank wag by 'n "stop/go" teken en bereik uiteindelik die dorp. Hiervandaan ry ons weer op die N14 in 'n westelike rigting tot by Kakamas Net voor Kakamas stop ons by die Pink Padstal waar die lekkerste gemmerbier en Kolwyntjies (cup cakes) ons soebat om van dit te koop. Die padstal het 'n groot verskeidenheid van die heerlikste tuisgemaakte lekkernye. Dit is 'n besliste MOET om hier aan te doen en iets te geniet en te koop.

  

         Pink Padstal, Kakamas                             Katedraal by Pella                   Suster Erica binne die Katedraal      Dadelplantasies by "Groot Pella"

Op pad na Pofadder stop ons langs die pad by 'n Piekniekplekkie, en geniet die kolwyntjies en gemmerbier wat ons by die Pink Padstal gekoop het.Sowat 24 kilometer wes van Pofadder bereik ons die afdraai na Pella en ry met 'n goeie geteerde pad tot by Pella. Dit is 'n ou Sendingstasie met 'n baie mooi katedraal. Suster Erica ontmoet ons by die kerk en vertel ons van die ryke geskiedenis van die sendingstasie en katedraal. Die planne vir die katedraal het hul destyds uit 'n ensiklopedie gekry.

Daarna terug na die N14, en sowat 25 kilometers met 'n grondpad na Klein Pella. Ons het gehoor van die toestand van die grondpad, en verminder vroegtydig die banddruk na 1.5 bar om "sagter" te ry. Ons het bespreek by die Karsten Farm Klein Pella Gastehuis op die plaas Klein Pella. Die plaas het die grootste dadelplantasies in die Suidelike Halfrond. Ons kon deur en langs die plantasies tot teenaan die Oranjerivier ry en na die netjiese dadelplantasies kyk. By die kantoor koop ons van die heerlike vars verpakte dadels. Party wou ons vir onsself hou, en ons koop ook vir vriende en familie. Vir die volgende paar dae eet ons die heerlike dadels as versnappering langs die pad.

          Oranjerivier by Pella                                Dadelplantasies                                    Kokerboom                                     Kokerboom blom

Die oggend voor ons ry vra ons die personeel om ons warmwater fles vol te maak, en vergeet dit net daar in die eetkamer. Langs die pad deur Boesmanland besef dat ons nie kookwater het nie.

Verblyf:

Vervolg             Tuisblad